Donderdag 18 Desember 2014

n Vakansie soos min.

n Voorreg om saam te wees.
Vir my is dit nie baie lank gegun om my opgegroeide kinders naby my te he nie, n leemte soos n vakuum het vir my ontstaan. Ek kon nie my ouerword met hul deel nie, ek kon nie oorstap vir tee nie, ek kon nie inval vir n Sondagmidagete nie...net mooi niks want my kinders het die een na die ander op n vliegtuig geklim en hulle self gaan vestig in n land ver van hier.
My hart was stukkend, ek het gevoel ek gaan hierdie ding nooit ooit onder die knie kry nie. Ek was nie eenkeer op die lughawe toe hulle drie weg is nie. Nie omdat ek nie kon nie, omdat ek nie wou nie...ek wou nie aanskou hoe lig my kinders hul voete van die Afrika kontinent af vir altyd en altyd nie.
Ek het nie veel ondersteuning van iemand af gekry nie en moes deur dit alles self worstel. "Ons sal kom kuier, mamma." het in my ore bly weerklink.
"ons kan gereeld skype en alles daar is soveel beter soveel meer ingerig en veilig en georganiseerd, net die beste...

My hart was seer, ek was kwaad vir weke, vir maande, dalk nou nog. Ek het gaan kuier en hulle was so eenkeer hier...totdat my jongste kind my kom haal het en deur die Karoo Kaap-toe gery het met my.
Ek kon die Gannaklip sien, die Kapokbos en Bitterbos ruik, ek kon weer in Beaufort West se strate rondstap en saam met haar oorslaap in n heerlike pragtige gastehuis. By Drie Susters het ons omgedraai om n foto te neem van die drie koppe wat so hoog uittroon en anders lyk as die res agter hulle.
In Beaufort west het ons winkeltjies deur gedraf en die aand geeet by n restaurant wat die heerlikste kos maak. n Wegsteekplekkie in die hart van die Karoo. Ons ontmoet die eienares en ek sien n mens wat die wereld deurreis het, n kunstenaar en mense kenner.
Ons ry deur DeDoorns en soek iets koels om te drink maar heelaas niks gekry nie. Die Paarlvallei sprei voor ons oop en ons bevind ons in n ander wereld.

Die Hexriviervallei met sy laslappieskombers wat op n dag deur n onbekende persoon, n goddelike, oopgesprei is, uitgeskud en oor die vallei neergele is. Wonderlik, asemrowend mooi. Aan weerskante omvou met die majestieuse berge wat waghou deur die eeue, hier het Adriaan Van der Stel kom rondloop en hoe ruig was dit toe nie. My gedagtes dwaal ver terug na tye saam met my ouers toe ons nog oor die Du Toitskloofpas gery het en nie deur die tonnel nie, hoe my pa stilgehou het en ons oor die vallei kon uitkyk. Dit slaan nou nog my asem weg.

Ons het die Kaap ingevaar. Ons in Kaappunt in die Royal Atlantic gaan tuismaak. Mordern en netjies, maar nie so nostalgies soos Beaufort West nie. Hier kon ons gaan stap veilig en rustig ver ente langs die see, ons het gaan roomys eet, Bogatti...uit die boek. Vroeg in die oggende wanneer ek nog vas slaap het my kind gaan draf teen die see, selfs Leeukop uitgedraf een oggend en ek weet van niks. Ons het Tafelberg aangedurf darem met die kabelspoor en die berg bo verken. die fynbos en die rotse wat vir duisende jare daar is.
Na die naweek was dit tyd om te pak ons het op Simondium in n gastehuis gaan bly Fleur en Lust...wat n ondervinding. So mooi, so anders, soveel in n ander klas. Dit was ongelooflik. Soveel herinneringe het na my teruggekom van jare gelede.

Stellenbosch het ons verras, soveel verander deur die jare, die bome lyk groter ouer die geboue staan nog en ek herken die koshuis en botaniese tuin waar ons n heerlike middagete geeet het. Ek stap weer met die paadjie op na die koshuis, Monica, en dit voel asof ek nooit weg was nie. Al is daar verbreek en verbou aan die soliede ou gebou bly daar nog iets nostalgies, fors en fier.
Vir oulaas het ons na die Paarlvallei gaan kyk, foto's geneem , maar niks kan dit vasvang soos net jou eie oe en hart. Dit is iets wat in jou kom nesmaak, geen foto, geen skildery kan die skoonheid weergee.
Ons het die Waterfront platgeloop, winkeltjies met afrika ornamente is oral en vollop...seker die dat ons besluit het om Robbeneiland te besoek.Ek wou nog altyd voel hoe dit voel op n boot op die oopsee en nou het ek, ons kon die beste uitsig op Tafelberg kry. Die "Long walk to freedom" is afgehandel...
Dankie Sussa vir die wonderlike tydjie saam met jou, nou sal ek berus dat Afrika eintlik nie vir julle bedoel was nie...



Donderdag 20 November 2014

OUTA JAN

Hy staan voor my met sy verkreukelde gesig... ek kyk lank na hom en n glimlag sprei oor my gesig. Ek onthou iets van iewers en vra wat hy wil he.
"Nee Mevrou sien ek soek n joppie."
"Ek ken jou mos, of hoe?"
"Ja Mevrou dis ou Gert ek wees al hier gewees."
"Goed, Gert dit is reg wanneer wil jy werk.?"
"Sommer nou, ek start sommer nou."
Ek maak die hekkie oop en hy stap in maar vir my voel dit asof hy uit my onthou stap.
"Die tuin het baie werk, sien jy nog kans?" vra ek toe ek sien hoe oud hy is, maer en verwese.
"Ja, nee Mevrou ek sien kans."
En so het Gert by my kom werk, net een dag n week want volgens wet moet ons hulle noual baie betaal, maar hy werk maar effentjies en neem lank om n akker klaar te maak.
"Hier werk nou eintlik nog n man..." Se ek asof ek in n droom praat.
"Ek sien hom Mevrou, maar moenie worry nie ek sal hom se ek werk nou hier."
"Sal hy tevrede wees? Ek soek nie moeilikheid nie."
"Nee, Mevrou moenie worry nie ek sal hom se."
So het dit begin, ek los hom heeltemal uit en vergeet partykeer skoon van hom, want hy is stil en eenkant, gaan self aan.
Ek het as kind op n karooplaas groot geword, net 26 km Noord van hier en daar het ons van kleinsaf met hulle gespeel, dit was ons beste maatjies. elke dag het hulle oor die bultjie aangekom en die hele dag tot donker by ons gespeel.
 Daar is nie n kind wat so lekker kan speel as die Boesmankindertjies (soos ons hulle destyds genoem het) nie. hulle leer ons gou klippies opskiet en vang en hulle doen dit verbystrend goed. Ons het so baie by hulle geleer oor die veld en die plante wat ons kan eet. Hulle het ons geleer uintjies grou en eet, Tulpe vleg, gom soek en eet,. Ons het by hulle geleer boomklim en met blikkies vasgemaak onder ons voete om te galop soos n perd.
In die aande was ons vuil, gesweet en pootuit maar ons weet more speel ons weer...die boesmankinders is tevrede, hulle stry nie en baklei nie met ons nie.
 Wanneer ons gaan sit het, op n stoel, kom sit hulle soos diertjies by ons voete op die vloer.
Een dag het een van die seuns vir ons geleer om duiwe te braai oor die vuur en ons het dit geeet. My pa was woedend en ons kon dit nooit weer doen nie. Ons het toe maar begin skaapkop braai in die donkie waarin die water warm gemaak is.

Vry, sonder vrees het ons deur die vlaktes gehardloop, gaan skaats op die kleigrond van die vlei na n goeie reenbui.

Maar toe...kom dit... alles het verander, ons het opgehou met hulle speel, ons lewens het verander, hulle mag nie hier ingaan of daar staan en ook nie hier sit of daar nie. Hulle is verskree en verwilder en ons het opgehou speel.
"Ma, waar gaan Outa Jan hulle heen?" vra ek nadat die geskree stil geword het.
"Hulle gaan weg ek weet nie waarheen nie, hulle trek."
" Ma, waar sal hy slaap vannag?"

Ek het uitgehardloop en gaan kyk hoe laai hulle hul skamele goedjies op die donkiekar en hoe ruk hy die teuls styf dat die donkies moet begin loop. Ek het gehuil want ek was lief vir hulle, vir Outa Jan, die kinders en vir Aia Ragel wat altyd die afval kom skraap het.
Nou na jare stap Gert hier in, ek sien die lag in sy oe, die plooie en die deernis en ek weet vir jou sal ek hou al kom sit jy net hier rond en ek kan vir jou n bord kos uitskep want dit is my versoening, my vrede, my boete doening met die verlede.

Woensdag 22 Oktober 2014

VIR MY PA.

Pa, gister het ek so na jou verlang met oe wat vol trane was het ek op die stoep van n VLV vriendin, gestaan en uitkyk oor n vallei wat ek nooit geweet bestaan het nie...
Ons het in die huis op n plaas in die distrik Petrusville VLV gehad en n asemrowende uitsig het ons begroet...
Ek skryf hierdie sommer so uit die vuis vir Pa en my hartsvriendinne op die groep.
Vir elkeen wat n Pa gehad het en hom moes groet langs n oop graf.

Pa by jou het ek so baie geleer, van die veld, die boerdery, die bossies, van Ganna tot Kapok en al die grassade wat jy my gehelp versamel het vir n skooltaak. Kort en Langbeenboesman wat pienksaadjies maak en teen die skuins stale van die son n kleursimfonie gesprei het oor veld en klip.
Die omgee sal ek nooit vergeet...hoe jy my ver moes aanry skooltoe al was die geld in die bank lankal op.
Vir die dag toe ons jou skape op die trein gelaai het en toe die rekening kom moes Pa inbetaal...eintlik het Pa niks gekry vir die skaap wat met soveel sorg gelaai en versorg is nie.

Ek sal nooit vergeet hoe swaar Pa saam met die diere gekry het nie, die Dikkop, Bloutong en al die peste wat in Levitikus genoem word nie. Hoe ons die lammerooie eie handig laat slaap het in die afdak, met jou eie hande gebou, die garage waar die voertuie moes staan. ek onthou hoe die lammertjies op die sementvloer gegly het. hoeveel gevrek het van die skielike koue na die reen.
Pa ek sal nooit vergeet hoe Pa my probeer beskerm het teen die gevare van die lewe nie, al het dit gelyk of ek nie omgee nie...EK HET OMGEGEE.
Gister se kyk oor die vallei van die eers dorre landskap, waar groen lande nou omgeploeg staan, vol wuifende koring. Dit was eers bossieveld, goeie weiding vir die skaap. Ek wens so ek kon dit vir Pa wys.

Ek sal nooit vergeet na die goeie reens hoe die sprinkaan swerms alles kom opvreet het nie.
Daarom se ek vandag dankie vir n Pa soos myne wat ons laat lag het, laat huil het wat selfs op vyftig op die grens gaan veg het vir n land wat aan sy kinders sou behoort.
Dankie Pa.

Dinsdag 21 Oktober 2014

HY KOM

" Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie." -Jes 44:6

"Here ons Almagtige, Skepper van die Heelal,
dit is hoekom ons bly glo,
bly vashou aan U soos drenkelinge
met net daardie spatsel hoop
in ons dat U wel nog daar is,
dat U nog sal kom om ons te bevry
van n hoop wat ander lankal gelaat los het,
ons bly kleef aan die hoop om U te sien kom op die wolke
U ons sal kom haal om vir ewig in die Lig van U bomenslike krag te lewe.
Dankie dat die Hoop ons nie sal beskaam
dat ons weet U kom haal U skat."

(geskryf uit my hart.)

Woensdag 08 Oktober 2014

BEGIN BY DIE BEGIN

Partykeer wens mens dat jy dalk n bietjie dommer was sodat jy nie alles kon verstaan nie.


Die pad Luckhoff toe ry ek versigtig want dan kyk ek na dinge uit my kinderdae. Die aalwyne teen die berg, die ape langs die pad. Ek is tog so bang om een dood te ry alhoewel ek weet dat dit vir die boere dalk lekker mag wees om hulle dood te ry omdat die stropers van goeie kos in hulle skuil.
Daardie iets wat in elkeen skuil is reeds daar om deur iemand anders wat slim genoeg is, op te spoor en lief te kry. Sommige van ons as mense het dit ook ...die stropery, die vernielsug, die vermorsing... Ek moes leer om my op te hou daaroor bekommer want dit, net daardie vuurhoutjiegrootte opvoedingvlak wat nie bereik is of nie wil bereik word nie sal veroorsaak dat ek ook myne verloor...

Dit laat my nou weer wonder is dit nie wat mense soms tot waansin dryf nie? Dat hulle moor en roof juis omdat daar iets is wat hulle nie kan verklaar nie...tog het ons binne onsself die vermoee om daaroor te dink en met onsself te redeneer totdat jyself of iemand hoer as jyself jou die oplossing wys. ek het altyd gese wanneer ek sukkel om iets te verstaan gaan terug na die begin, om terug te gaan van waar jy begin het voordat jy by die knoop in die tou uitgekom het help jou dikwels om die oplossing te vind wat die hele probleem ontknoop.
Dit is hoekom ek nou by die ape begin het, sommige ouens sal nou klaar weet waarop stuur ek af maar dalk net dalk is die einde anders as wat jy gedink het...

Die Aapma hou die kleintjie teen haar bors vas wanneer sy oor die pad skarrel om tussen die bosse in te verdwyn, net voor sy die Soetdoringbome ingaan, gaan sy sit en kyk na my, vir n sekonde ontmoet ons oe en ek dink net wanneer jyself n baba teen jou bors vasgedruk het en geweet het dit is jou eie, sal jy verstaan wat in daardie sekonde deur ons oe uitgeruil is... die wete dat daar n punt in die boltou is waar jy moet begin soek.
Ek sien vir n vlietende sekonde die kleintjie so groot soos n man se hand wat aan haar bors hang sy beskerm hom met haar een hand. Waarna die ape soek nadat die karre verby is, is omdat mense hulle oorskiet daar uitgooi, vir die ape maar ook om hulle te lok. Ek gril as ek dink hoeveel al hul lewens opgeoffer het vir die krummels van die rykman se tafel.
Die mens het sy hand in die natuur se sak gesteek. Dit wat die aapgetalle laag gehou het, is uitgeroei of dalk is dit omdat hierdie droe aarde nou geploeg en geplant word so kol-kol en daarom kom hulle hier bly en word hul meer.

n Ent verder loop ek hom raak, nee nie sommer hier tussen die Soetdorings nie eers daar waar die berg begin en die pad n draai maak Vanderkloof toe. Hy sit houtgerus en wag. Die wagter van die veld, dalk die wagter oor die lewe self, hy bekyk alles haarfyn en hou elke ding dop, ken elke klip dalk elke gogga ook. Hy het wel nie n naam nie het ook nie n ID dokument of paspoort nie, maar hy het die oe, die skakel in sy brein tussen die begin en die einde.

Ek het hom ook net in die verbygaan gesien, vinnig en geweet hier doen jy niks vreemds nie hy sal dan hoer op padgee. Sy sterk vierkantige kakebeen wys jou sommer hy is n moeilike man, hy is die "sentinel" die verspieder, die ou wat die alarm die berge instuur. hy is die skakel tussen die begin en die nou. Hy sien moeilikheid kom nog voor dit oor die laaste bult is want dan is dit te laat... sodra ek sou stilhou; het hy twee dinge gedoen of geskree-blaf om die res van die trop te waarsku om hoer op in die berg te vlug, wat ek dink sy eerste keuse wel sou wees, of hy het dalk as hy mak genoeg was, kom kyk of ek nie iets uitgooi vir hom om te eet nie.
Omdat ek so graag dinge wil behou soos dit was of is, sal ek dit nie doen nie want net daar le die punt tussen toe en nou, tussen die begin en die einde...gaan terug na die begin voordat jy die knoop sal loskry.

Saterdag 02 Augustus 2014

SLIMMER AS SLIM.

Oom Floors stap met sy lang bene, straat af. Vandag is die dag dat hy vir hom ook n nuwerwetse selfoon gaan koop. Hy hoor dit is maklik...die goed word al meer gerieflik en maklik. Hy was nog nooit dom nie, hy het goeie punte in die skool gekry vir somme, hy is seker dit gaan sommer kinderspeletjies wees om die slimfoon te bemeester.
"Slimfoon my voet." grinnik hy net voor hy die selfoonwinkel op die hoek binnestap.

"Goeie more, meneer, kan ek u help." Vra so n jong mannetjie wat lyk asof hy vars uitgebroei is, vir hom.

Oom Floors, wat n hele sesvoeter is met bree skouers en n gesig wat jou aan die plaaslike hoofregter laat dink, kyk die mannetjie op en af en hy dink. As hy dit kan doen hoekom nie ek wat voorry gespeel het vir Suidoos Transvaal, nie.
"More, ek sal bly wees as jy my kan help." Vriendelik word hy genooi om te sit en homself gemaklik te maak. Die mannetjie le agteroor op sy stoel en se vir iemand anders om koffie te bring.
"Dit is nog vroeg en meneer is seker lus vir n ou koffietjie."
"Ja dankie, dit sal lekker wees, ek het reeds vroeg weggetrek van die plaas af."
"Waarmee help ons vir Oom?"
Dis beter dink Oom Floors as om die heeltyd ge-meneer te word.

"Ja ou seun, jy sien ek wil vir my ook een van hierdie slimfone koop waarvan almal so praat deesdae. Ek wil sien hoe slim is die foon nou eintlik.."
Die mannetjie trek los en praat soos n jong predikant, dit is sus en dit is so, hy sal n kontrak moet uitneem...
" 'n Kontrak...nee maar dit is reg so, ek hou van kontrakte.
Destyds toe Piet Skoondraai my plaas wou huur het ek ook gese ek vereis n kontrak. Ek hou daarvan, man, n kontrak is die regte ding."
"Goed Oom, dit werk nou so, Oom moet net eers kyk na die foon en watter een Oom die beste mee sal regkom en dan teken ons die kontrak. Al wat die kontrak behels is maar net dat Oom nie voor agtienmaande weer n nuwe foon mag koop op hierdie kontrak nie."

Die mannetjie staan op en vat die koffie aan by die ander persoon wat so half sleepvoet loop. Hy sit Oom Floors se koffie voor hom neer op so n piepklein skinkbordjie met n nog kleiner bekertjie melk en suiker in papiertjies.
"Drink maar solank Oom se koffie, ek gaan net gou n selfoon haal wat ek dink perfek by Oom sal pas. "
Oom Floors roer tydsaam sy koffie en neem n klein slukkie, sit die beker netjies terug in die skinkbordjie.
"Oom" se die mannetjie ewe opgewonde voor hom...hy skrik half want hy het vir n oomblik aan sy ma gedink, hoe sy hom as klein kind geleer het om netjies en presies te wees.

Die mannetjie maak keelskoon, Oom Floors kyk op en sien die nuwe selfoon in die mannetjie se hand. Hy hou hom vas asof hy lankal geoefen het.

"Oom, ek dink hierdie is die regte foon vir Oom, hy is nie so ver gevorderd dat Oom hom nie sal kan verstaan nie, en hy het al die nodige funksies. Oom kan op die Internet met hom gaan, Facebook en Whatsapp..., is lig in n man se sak en maklik om vas te hou. n Gerieflike foontjie, ek het al baie van hulle verkoop."
Oom Floors het net die woorde 'nie so gevorderd' gehoor. Hoe durf die piepsnuiter dink hy is onnosel. Hy besef hy moet hom inhou, trek aan sy mouboordjie, versit sy lang bene versigtig.
"Oom, hanteer hom dan voel Oom hoe voel hy vir Oom." Die mannetjie gee die foon oor die lessenaar vir hom aan. Floors houvas die foon, wat wil die mannetjie nou he moet hy voel?
" Hoe voel hy Oom?" Intussen tik die mannetjie op die rekenaar voor hom dat die rook staan.
"Hy voel okay, sit hom bietjie aan dat ek sy gesig kan sien." Die foon is terug na mannetjie toe.
"Hiers hy Oom, hy lyk baie mooi. maklik en duidelik."
"... ek wil die tyd mooi kan sien op hom."
"Daar is die tyd regs bo."
"kan dit noe groter wys nie?"
"Oom wag ek kyk..." Mannetjie vat die foon en druk so bietjie aan hom, toe hy hom teruggee staan die tyd in dik vet syfers oor die hele gesig.
"Goed Oom, dit is nou Oom se Wall paper.'
'Wallpaper? O okay ek sien." Hy se maar niks want al "wallpaper" wat hy ken is wat sy vrou altyd teen die mure wou plak.

"Oom kan enige tyd hier kom inloer as Oom n probleempie het. Kom ek wys gou hoe bel mens met hom. "
"Kyk Oom, jy trek net jou vinger so oor die screen een keer saggies, moenie hard druk nie, en whalla daar gooi hy al Oom se contacts uit, kies een en touch net die screen so liggies dan sal hy bel. Oom kan selfs vir elke contact sy eie ringtone opsit..."
"Nee, wag, wag, wag, nou ou seun stadig nou ek sal weer later kom dan kan jy my help. Ek moet noueers gaan, kyk waar staan die tyd al ek moet op die plaas kom, ek is n besige man."

Oom Floors is daar weg vasgeteken met n twee jaar kontrak, n slimfoon wat hy gladnie weet hoe die ding werk nie. Die mannetjie se laaste woorde was nog, onthou Oom dis maklik, sy is soos n meisie touch haar net so liggies dan werk sy.
Oom Floors is huistoe met sy kompakte boksie vol van die slimfoon se "gadgets". Die helfte sal hy nooit by uitkom nie...gelukkig is daar n boekie ook geskryf in vele tale.
Daardie middag gaan le hy op sy bed wat so effens son kry in die middag...ag hoe salig sak sy seer lyf nie weg in die kussings nie. hy haal die foon uit wat nou klaar gelaai is.
"Nou gaan ek jou wys wie is baas. Gmf, vebeel jou maklik verstaanbaar."
Oom Floors vee so liggies oor die gesiggie van die foon, daar maak n klomp goed hul verskyning, hy kyk na dit en vlieg regop sodat hy op die kant van sy bed kan sit.

"Wag ek bel my ou buurman, die mannetjie het mos al my nommers op die foon in gesit, so het hy gese..." mompel Oom Floors.
Hy skuif sy voete rond, en voel hoe die ongeduld in hom opstoot. " Wag ek gaan maak koffie miskien verstaan ek hom dan." Hy stap kombuis toe.
Daar lui die foon...hy tel hom op en hou hom teen sy oor, nee niemand antwoord nie...na n paar minute lui die foon weer, hy tel weer die foon op en druk hom teen sy oor. Hy hoor niks, dan loop hy weg en gaan maak koffie.
In die kombuis le sy ou foontjie. Hy vat die en bel sy buurman.
Hy het n knap buurman, n geleerde man, netjiese boer, hy boer vanuit sy studeerkamer.

"Tommy, ek wil jou kom sien, dalk kan jy my help met die slimfoon wat ek nou gekoop het."
"Nee, maar dis reg Oom. Kom kyk sommer rugby vanmiddag dan kyk ons gou."
Dis rugby, die Bulle teen die Sharks.. hy weet sommer noual hier kom n ding, hy is n Bloubul en Tommy n Shark want Tommy se ma was Engels en dit is hoekom hy vir die Sharks skree en hoekom hy so kort- kort n engelse woord indruk. Dalk moet ek na Deon toe gaan, hy het ook so n tipe foon en hy is n Bloubul...ja nee ek sal Tommy bel en se Deon het my lankal genooi, ek het bietjie vergeet.

Oom Floors gaan sit by die kombuistafel in die huis wat hy self met sy eie hande gebou het, nou is dit n ander man s'n maar dit voel so of hy hier hoort. Hy sit n hele rukkie voor iemand hom gewaar.
"Haai Oom Floors, Oom sal laat ek skrik, amper gedink dit is n spook. "
"Dink jy dit spook hier?" vra Oom Floors rustig, hy peuter met die nuwe foon.
"Nee wat, ek speel net. Wil Oom koffie he?"
"Ja, asseblief...ken jy hierdie nuwe slimfone?"

Ek vat die foon by hom.
"Sjoe, maar dit is n mooi foon...is dit Oom s'n?" vra ek onskuldig.
"Ja, daai kaartmannetjie met sy los handjies by die selfoonwinkel het die ding aan my afgesmeer."
"Haai Oom...?"
"Ja hy verbeel hom hy weet alles maar van boer sal hy nooit iets weet nie."
Ek bekyk solank die foon van hoek tot kant.
"Waar's Deon, gaan hy rugby kyk.?"
"Ja Oom ek dink so hy sal nou-nou kom ...ek maak solank koffie en ons kyk of ons die foon kan verstaan." Kalm bly is al wat ek nou kan doen.

Oom Floors staan op, sy hele sesvoet lank en gaan staan op die stoep en stop sy pyp. Ek vee my vinger liggies oor die venstertjie van die slimfoon.
n Horlosie so groot soos die foon self verskyn.
"Oom dit is n minuut voor drie, hoe laat begin die rugby?"
"Sit aan, dis nou."
"Hier is die foon, ons kan later na dit kyk."
"Ek gaan hom stukkend bliksem..." se hy ewe skielik terwyl hy deurloop na die TV-kamer toe asof hy iets aftree.
"Oom die foon makeer niks, dit is splinternuut." kom ek op vir die slimfoon.
Hy verduidelik hoe hy probeer bel het maar niks kan hoor nie.
"Het Oom hom nie te styf teen Oom se oor gedruk nie, want dan raak mens aan die "screen" en dit verander..."
"Ek gaan hom stukkend bliksem, ek se jou."
Ek gaan sit die foon by hom neer en toe asof iemand dit vir my voorse se ek:"Nou bliksem hom stukkend." ek voel hoe die ongeduld wat een van my beste eienskappe is, vlak in my hart kom le.
Nou moet ek wegkom, dink ek, anders is hier moeilikheid.

Hulle kyk rugby en die voggies vloei, selfoon skoon vergete. Na die "game" verby is, val dit oom Floors by van die foon.
"Kan jy nie vir my kyk hoe werk die slimfoon nie, daai Mannetjie by die winkel het hom aan my afgesmeer...werk glo baie maklik."
Deon tel die foon op en bekyk hom, hy het so bietjie ondervinding van 'touch screen" en sit die foon aan.
"O, dis maklik Oom, Oom moet baie versigtig werk anders druk Oom op die verkeerde "icon" en dan doen hy n ander funksie as wat Oom soek."
"Icon se moer man, waar moet ek druk."
"Oom moet liggies vee..."
"Wag ek bel vir Pieter, Oom se Pieter, dat ons net sien of werk hy."
Deon bel vir Pieter en hulle gesels te lekker dan gee hy die foon vir Oom Floors.
Oom Floors vat die foontjie in sy groot hand en druk hom op sy oor... weg is Pieter.
"Oom moenie hom so hard teen Oom se oor druk nie, hy moenie Oom se oor"touch" nie. Kyk Oom sien Oom hierdie wat hier staan op die "screen"? druk liggies ...ag nee nou het hy aan Oom se neus ge-touch en verander!"
So sukkel hulle voort vir meer as n uur, die een bier na die ander want ons gaan nou braai. Later weet Deon ook nie meer hoe die foon werk nie en hulle vergeet skoon van dit...die vleisbraai is te lekker so onder die oop hemel waar daar darem n paar sterre sigbaar is.

Die volgende oggend loop ek Oom Floors raak in die dorp. Hy se sommer dadelik hy het daai foon onder die mannetjie se neus gaan indruk, die ding is buite orde. My mond val stilletjies oop: "Maar...dit is dan n kontrakfoon, hulle sal hom nie terugvat nie..."
"Hy sal of ek maak van hom n kontrak..." Oom Floors stap weg en ek kyk hom stil verbaas agterna.








Maandag 21 Julie 2014

Spieelbeeld

Wanneer ek in die spieel kyk dan verwonder ek my aan die ou tannie wat na my toe terug staar. Ek wil vir haar vra hoe gaan dit Tannie?
Ek wil vra, hoe het Tannie so oud geword sonder dat ek dit agter gekom het.
Dan, wanneer ek wegdraai van die spieel en sy kom saam gaan maak ek maar vir ons tee want God het haar mos geskape en is lief vir haar net soos sy is,,
Ek skink vir haar tee in my beste koppies, dek die skinkbord netjies en gaan sit saam met haar in die son. Ek gesels rustig en stil omdat ek weet sy hou daarvan.
Ek vra nie uit oor haar kinders nie want hulle is ver, en die verlange is te groot.
Ek sien hoe het haar oe agteruit gegaan, hoe moeilik staan sy op en bewe sy as sy die koppie vashou.
Ek wil vra Tannie vertel my van jou lewe, wat het dan vir Tannie so gou oud gemaak maar ek bly stil en hou vir haar die karringmelkbeskuitjies waarvoor sy so lief is.
Tydsaam roer sy haar tee, kyk na my en se: "Moenie vir jou so bekommer nie alles sal regkom..."
"Maar Tannie ...hoekom het dit so gou gebeur?"
"Wat my kind? Wat het gebeur?"
"Die ouderdom...die plooie ...pyne...die sukkel...?"
" God het dit so besluit, Hy het my so gemaak, sodat ek alles kan weet voordat dit te laat is..."
Sy staan op, sit haar koppie versigtig terug op die skinkbord neem haar kierie en stap weg. Ek gaan saam...in die gang kyk ek in die kapstok se spieel... sy kyk terug na my en glimlag sag.

Donderdag 26 Junie 2014

EERSTE KLIP

Sy hou Hom al n geruime tyd dop.
Sy staan altyd eenkant, kruip weg agter n muur of soos nou die dag agter n ou vyeboom se kronkelstam. Sy dra sandale en haar rok sleep oor die grond, die stof warrel op soos die mense saamdrom maar sy hou haar beskeie eenkant en staan verskuil in die skemer van die gebou.
Die groot massiewe hoek stene bied skuiling aan haar uitgeteerde lyfie.
Dan breek daar chaos los...mense hardloop en stamp teen mekaar n geraas kom van verder aan en almal maak die pad oop ...n hele regiment soldate kom verby en die geluid wat hul voete op die keistene maak is weergalm oorverdowend teen die muur waarteen sy skuil.
Sy sien die manne wat saam met Hom loop saamdrom, die manne van die tempel, die fariseers drom ook saam en praat dringend met mekaar.
dan hoor sy die woorde en skarrel verder weg.
"Stenig haar...!"
Sy maak geen geluid nie maar beur haar lyf verder in die klipmuur in asof sy daarin wil verdwyn.
Die soldate beweeg verby maar kyk na haar...een skree n onaangename woord in Aramees en sy versteen verder.
Dan asof uit niks sien sy Hom sit , Hy sit rustig asof niks besig om te gebeur nie.
Sy herken Hom, sy loop al dae agter Hom aan...teen skemer gaan sy huistoe en het dan niks om te eet nie...
Sy ken die kleed sonder nate, die voete in sandale, sy ken sy gesig maar is te bang om in sy oe te kyk... Is Hy regtig die een wat hulle se hy is?
Die dissipels drom saam en praat met Hom... hy staan op en praat kort met hulle...dan gaan sit hy weer.
Sy kyk hulpeloos rond daar is niks waar sy kan skuil nie... hulle kom gryp haar en sleep haar voor hom...
" Raboeni...se een, hierdie vrou is n prostituut...wat moet ons met haar doen? Sy besoedel die dorp met haar gewoontes, sy is n slegte voorbeeld vir baie en die jong seuns praat van haar..."
" Stenig haar." skree een, van agter uit die mense. Dit is n vroue stem en sy versteen...selfs die vrouens is teen haar!
" Ja.... se die een kom ons stenig haar...sy is nie goed genoeg om hier rond te loop nie."
Jesus roep die vrou nader en Hy sien die maer lyf, die verslete klere, die stof van dae aan haar voete. Hy laat haar nader staan en dan skryf Hy in die sand...Sy kyk na die woord en dan vraend in die sielvolle oe van die man wat hul Jesus van Nasaret noem.
Dan vra Hy: " Het jy dit gedoen?"
Swaar kom die woorde oor haar droe lippe..."Ja meester ek het.."
Jesus staan op draai na haar en se "Gaan in vrede, laat die eerste een wat sonder sonde is, die eerste klip gooi."
HAAR OE GAAN OOP EN SY SIEN WIE HY WERKLIK IS.

Dinsdag 24 Junie 2014

DIE TAAL WAT EK KEN


Die eerste Afrikaanse Bybel word in 1933 gedruk en uitgegee.
Natuurlik besit die dominee op die dorp die eerste een. Baie mense is verbaas en nuuskierig.
Die Sondag na kerk staan Oom Piet Kromdraai op, almal wag, want hulle weet hier kom n ding! Die vrouens skuif hul hoede reg, kinders staan op en gaan sit dan weer.
Oom Piet se stem bulder deur die stil kerk met sy houtbanke, kanselkleed en hoe dak.
" Dominee,.. hier le n swaar ding vanmore op my hart... Dominee het nou vanmore uit die nuwe Afrikaanse Bybel voorgelees, maar ek wil beswaar maak, ek wil beswaar aanteken in die anale van die kerk."
"Broer, se Dominee, wat is op jou hart, ons luister."
"Dominee...ek se ons hou by die Hoog Hollandse Bybel want wat goed genoeg was vir Petrus en Paulus...is goed genoeg vir my."
Die gemeente is doodstil.
Agter in die kerk vlieg n jonger boer op en met sy hoed in sy hand, se hy: "Oom Piet gee tog net vir Dominee n kans om te verduidelik, dalk moet ons net eers luister die Woord bly mos maar die Woord."
Dominee staan verslae op die kansel: " Broers, broers ons kan in die konsistorie verder redeneer... die Woord bly die Woord... dit is waar."
Dominee lag stil agter sy hand...verbeel jou Hoog Hollands...

Maandag 09 Junie 2014

ONMEETBARE LIEFDE

Nog n dag het U ons gegee
nog een dag meer om te leef
sodat ons u kan loof en prys,
nog n enkele uur by ons lewens gevoeg
Vandag wil ons net se dankie Heer
dankie vir die onmeetlike skatte
wat ons ontvang
vir die gawes en talente
die perels op ons pad gestrooi,
tel dit op...sien dit raak,
Dankie Heer dat u oneindig baie
van ons hou.
Dankie dat U ons wil toeeien
aan U troon.
Vandag, more en tot in ewigheid
wat tydloos ons begroet.                        nauda

Vrydag 06 Junie 2014

kinders, burgers en braaivleis.

Ek mis die dae toe julle naby was
die speletjies in die tuin
die saam lag en speel
ek mis die oggende se geskarrel
die aande se storie-tyd en drukkies
nou is julle grootmense
julle het gevlieg en baie baie ver weg
ek mis die tyd in die stad
die tye van stoei en baklei
ons het saam koekies gebak
kos gemaak
wimpy toe gegaan
melkskommels
burgers
braaivleis
mis julle lag en skree
julle hang aan my bene
mis die swaarkry alleen
mis net mooi alles.
trek warm aan dis koud buite ...
liefde mamma.

Vrydag 02 Mei 2014

KAKIEBOS EN KLITSGRAS.

Nog n dag, nog n Vrydag, nog n week verby waarin ek alleen was,
alleen met my eie gedagtes.

"Hier het nuwe mense langs my ingetrek." Wil ek vir iemand se.
"Hulle gaan braai vanaand." Wil ek byvoeg.
"Niemand kan so goed braai soos n afrikaner man nie". Se ek omdat ek weet dit is waar.
Die honde, drie van hulle, kyk my aan met vraende gesiggies.

Vanoggend stap ek so deur die sitkamertjie in my huis, ook maar klein en beknop...dink ek. Ek sien iets onder die teetafeltjie le en ek kyk en kyk.
Omdat my oe nie meer so goed is nie stap ek nog nader, buk af en verkyk my aan wat ek sien.
Dit is hoendervleis bo-op my mat!
Nouwaar sou hulle (die honde) dit kry. Ek het gisteraand die laaste lamsbredie warm gemaak en geeet.

Wat my soontoe geneem het weet ek nou nie meer nie, ek bevind my by die muur agter die huis tussen my en die nuwe bure. Ek kom min daar, wat moet ek daar doen, dit is die plek waar ons n komposhoop begin het.
Ek wou n gat in die grond he, sodat dit netjies lyk maar my niggie gee toe die goeie raad van: "Nee, mens maak n hoop dan kan dit van tyd tot tyd omgedaai word. Ek half teensinnig stem in.

En... dit is net daar waar die moeilikheid begin het, die bure stort nou al hul oorskiet kos oor die muur.
 Ek het gevra: "Wou julle dit vir die hondjies  gee?'.
"Ja." was knikkend die antwoord.
Ek verduidelik dat die twee hondjies al onderskeidelik 15 en 14 jaar oud is, hulle mag gladnie hoenderbene eet nie.
 Die ou klein hondjie vreet natuurlik voor die ander uit en slaap toe die hele oggend te lekker.

Ek is kwaad en ondersoek die hele spul. In my gedagtes weet ek, hulle het gedink... a lekker stortingsterrein by ons agterdeur.
Die gemors moet skoon en ek gaan haal n skoppie en tel op, gooi weg en ontdek pynappelskille in die verste hoek van my erf, brood, wortels, skille en stukke aartappel. Hondekos?
Dit is wat ek teen so n komposhoop het, elke lewende wese dink dan dit maak nie saak nie.
My brein is nou aan die werk hoe ek dit kan verander want so wil ek nie my agterplaas he nie,  maar ek het kompos nodig want die grond in die tuin is morsdood, niks wil groei nie, nie eers vetplante nie.
Kakiebos en klitsgras, ja die groei enige plek.




Sondag 27 April 2014

HIERDIE WEEK IN DIE NUUS



Hierdie week se nuus gaan alles insluk, alles oordonder en alles toesmeer... ons gaan oor en oor hoor hoe goed hierdie een was die afgelope aantal jare en hoe sleg daardie een was dieselfde aantal jare.
Geen ander nuus gaan belangrik wees nie...
Van Oscar en Reeva gaan ons vergeet...
Steve se nuwe boek en al sy sondes gaan doodstil le en wag...
Dozi en Adam Tas sal moet wag..... iewers...
want hierdie is die belangrikste "event" van die jaar
DAAR IS NIEMAND EN NIKS MEER BELANGRIK AS DIE OU OP DIE VERHOOG WAT SO SKREE NIE.
Die ambulanse ry nog
die taxi's jaag nog voor mekaar in
die hospitale is vol...die tronke se deure slaan nog toe.
MAAR DIE MAN WAT SO SKREE OP DIE VERHOOG GAAN NET AAN
Daar le dooies in stegies, kinders krap in vullisblikke toilette staan verstop
mense dra water aan en loop ure en ure...waar gaan hulle heen?
Net een ding is hierdie week belangrik, net een ding word gedoen, net oor een ding word gepraat.
HY BELOWE AAN DIE ARMES, MEER SPOELTOILETTE, MEER SKOLE MEER HANDBOEKE EN REGVERDIGE EKSAMENS.
"Waar loop jy heen?"
"Ik gaat stem"
"Ag sal dit help...om te stem?'
"Ik wetie maar ek gan maar vir daai ou stem want hy praat darm sense"
"wat belowe hy?"
"Hy se as ons vir hom stem sal dit baie beter gaan met ons paaie, ons brue ons hospitale en kinders..."
"Wat se hy, kry ons wasmasjiene..."
"Wragtie ek wetie maar dit gan so goed gaan ek koop sommer self een."
"Hey Sussie vir wie gaat jy stem?'
"Ek weet noggie, ek dink ek stem maar vir die HERE, want HY belowe en dan hou Hy daarby."
So stap hul stembus toe...
VIR WIE GAAN JY STEM HIERDIE WEEK?
Ek gaan beslis ook vir die Here stem want in OPEN 7:9 staan daar dat ons op die ou end almal tog maar vir HOM gaan stem...


Saterdag 05 April 2014

WIE IS HY REGTIG?

Hy staan daar met die kind in sy arms wat agteroor buig en skreeu.
Die mense drom saam, se niks hulle kyk net.
Dan stap n jong meisie nader en se vir die man om agter haar aan te loop, sy ken iemand wat die kind sal gesond maak.
Die seun kry die een aanval na die ander, hy gooi homself op die grond neer en skree en skop.

Mense stap vinnig verby...hy volg die meisie.
Haar rok is lank tot by haar enkels, sy het sandale aan en lyk goed versorg. haar hare hang in n swaar vlegsel wat kap teen haar middel.
Die meisie stap tot by n klomp mense wat saamdrom en wys na n man wat lyk asof h preek.

Sy fluister: " Dis hy meneer."
Hy beur tussen die mense deur tot naby die prediker en uiteindelik kry hy kans om met hom te praat.
Die seun val op die grond neer en skuim staan om sy mond.
Die prediker stap nader...die kind gaan erg te kere...dit lyk asof hy mal is hoor hy die mense fluister. "vat hom weg ons was eerste.!" skree iemand.
Die prediker luister na die man en praat met hom.

Die Pa van die seun staan nederig met sy hande voor hom gevou en se vir die prediker: "Ek glo, help my waar ek nog ongelowig is!"
Dan roep die prediker hard en duidelik: "Ek gebied jou, gaan uit hom uit en moet nooit weer in hom invaar nie!"
Die kind le stil asof hy dood is...die prediker neem die kind se hand en rig hom op.

Eers toe sien die man wie die prediker werklik is. Hy skree en hardloop agter Jesus aan om dankie te se, hy val voor Sy voete neer.
Jesus sit sy hand op die man se skouer en van daardie oomblik af het hy geglo want HY HET GOD SE LIG HERKEN.

(my eie weergawe van Markus 9:17 - 27)
Like · · Share

Nauda van Rensburg
Write a comment...

Donderdag 27 Maart 2014

ABSOLUUT

Vanoggend vroeg, toe ek die woonkamer se gordyn ooptrek, sit daar n babaduifie (miskien is dit n tiener) op die vensterbank in die sonnetjie. Hy/sy koester die sonnetjie wat begin skuins val want die seisoen het gedraai.

Omdat ek die tortelduifies van kindsbeen af ken, weet ek dat hy/sy wag dat die ma-duif hom moet kom voer (ons se maar dit is n hy). So n duifie, sal ure sit en wag en as die ma-duif nie weer kom nie, gaan hy dood of word gevang.
Die oomblik wat ek die duifie gesien het, het ek God gevra of dit my storie is vir vandag...
Ek het onmiddelik geweet dit is ...my storietjie aan julle vandag.

Met die blouste blou lug, die son wat skuins kom le oor die vallei, die helder pienk bougainvilla, die spieelblink water van die dam in die agtergrond, die berg wat vas bly staan, maak dit goed genoeg vir n ontsagwekkende oomblik met God as die ontwerper.

Die vertroue wat die duifie in sy ouers stel om terug te kom en hom te voer is my LES VAN GOD vanoggend...ONS MOET SO OP GOD VERTROU, soos die duifie sy ma vertrou., SO ABSOLUUT.


Maandag 24 Maart 2014

ALLES OF NIKS

Ek het al baie gewonder hoe dit was om te leef toe my ouers jonk was?
Die stories wat hulle altyd vertel het, het so sorgloos geklink. Hulle was vir niemand bang nie, hulle het elkeen wat op die dorpie gebly het persoonlik geken. Daar was stofstrate en bloekoms, kareebome en jakopregopblomme in die voortuin. Daar waar die stoep op gehou het, het die straat begin.

Nou nog as ek in die dorpie kom waar my ouers hul hoerskool voltooi het, wil dit my nostalgies maak. Ek sien die peperbome se takke wat laag hang en wanneer die wind waai die grond skoon vee.
Ek sien nog die tekens van leivore wat was, die stoepe wat op die straat sit, die pragtige statige Victoriaanse boustyle...as ek stilbly en eenkant staan, hoor ek hulle roep.
Die wit kerk slaan nogsteeds my asem weg, maar die orrel is stil, niemand sit meer met hoede op in die houtbanke nie. Die kanselkleed is nog daar ...vreemd hoe seker dinge nie verander nie.

My oupa het n garage gehad waar hy motors reggemaak het en petrol verkoop het, olie ook. Die gebou is nog daar, verbou, verbreek en word nou vir n ander doel gebruik. Hulle huis is afgebreek...net langs die garage.
Ek stap om die hoek waar die Standardbank nou trots staan en verbeel my ek sien die kinders kaskarresies hou in die hoofstraat. Ek stap vinnig daarheen maar helaas die mense skree en vloek ...
Wat gaan aan?
Wonder ek en staan stil om agter te kom wat het gebeur.
Ek vra iemand en met n lee mond se hy in afrikaans: " n Broodjie asb...?"

Ek stap weg en weet daar het niks gebeur nie, daar word nie n kaskarresies gehou nie, dit is nie mense wat bly is nie, hier word baklei oor kos... vullis word rondgestrooi en dit le op hope op plekke waar dit nie hoort nie. Niemand maak meer skoon nie.

My pa is nie meer hier nie, alles het verander, daar word nie meer teesuiker in die winkel verkoop nie, ook nie meer tuisgemaakte Lemonade in klein glasbotteltjies nie...die Jood is dood.
Die stoep van die huis waar my pa en sy suster gebly het as kinders
wemel van ander kinders.
Ek draai weg en gaan terug ...die lee huise wat verniel staan, die gemors wat gestrooi le ... wat het verkeerd gegaan?
n Verslete dorp het oorgebly... seer, arm sonder n skoenmaker, skoolmeester, Jood se winkel of my oupa se garage.

Ek is n afstammeling van die mense wat hierdie dorpie help bou het, die huise en strate in stand gehou het, so ek bly hoop en glo dat hier weer skoongemaak sal word, weer blomme sal groei, weer gelag van kinders sal weergalm.

Like · · Share

Sondag 09 Maart 2014

GRAVERING

Dankie Here vir u volmaakte dag, dankie dat ek kan uitstap die lug aanskou U alomteenwoordigheid ook hier by my, hier waar ek woon en werk U stap die pad saam met my al is dit rof en vol rotse bly U my hand vashou. Nooit hoef U dit te doen nie, nooit hoef U nader te staan, of my naam te ken nie, nooit is daar gese, gevra, geroep omhoog na U toe ek gebore is nie. nogtans ken U my, ken U my naam, ken U my denke, my gaan le en opstaan. U wat spreek en daar's LIG, U wat praat en die sterre borrel oor U lippe U wat die berg gaan haal en die see oopkloof U is my God en het my naam geskrywe in U hand.

Vrydag 28 Februarie 2014

Planneman 2


Die deurklokkie lui vir die soveelste keer die oggend, ek stap vorentoe, voordeur toe en maak oop, Daar staan hy en ek weet wat kom...
Hy staan half op een been en hou sy een arm vas, eers dink ek ...hy is deur n motor omgery. Hier word vreeslik gejaag in die straat voor my huis verby, dit klink soms soos Kayalami, sug ek nou die dag toe ek die gefluit en geskuur van bande hoor.
Ek bekyk die man op en af en sien die verskeurde broek en skoene wat gaap soos n padda op droe grond. dan val my oog op die arm wat hy vashou.Die verslete baadjie hang wyd om sy maer lyf.
"Is jou arm seer? vra ek, klaar agterdogtig.
Hy staan dan op die voet, dan op daardie een. weens my voorouers se gene wat ek geerf het voel ek hier kom n ongeduld, dit stoot so in my keel op.
"Het Oumi nie vir my n broodjie nie?"
" n Broodjie?" Herhaal ek onnodig.
"Wat hou jy so vas aan jou arm.?"
"Nee Oumi sien hierie arm het seergekry toe ek nog n kind was en soos die weer so opkom maak hy weer so."
Ek bly stil en weet hier kom n ding...hy jok vir my.
"Jy lieg, jy steek iets weg."
" Hoe kan oumi nou so se, ek is mos n eerbare man, ek gat elke sondag kerk."
"Ag, help dit...?" sug ek en staan half terug want n walm styg op vanuit sy mond.
"Dit lyk my jy het klaar jou broodjie geeet, se ek ewe manhaftig.'
" Nee Nooi samblief, ek soek n stukkie brood, die werk was skaars vandag, ek het niks..."
My christelikheid oorweldig my en ek draai kombuis toe. Ek haal vier snye bruinbrood uit smeer dit en sit nog n appel ook by.
'Dankie, Mies...die Here seen Mies."
" ja, vir jou ook...ek kan nie altyd net gee en gee nie, julle moet werk vir julle geld."
Hy loop versigtig oor die paadjie, hekkie toe...ek staan hom en agterna kyk. By die hekkie versit hy iets en ek sien die bottel in die agtermiddag son flits...
"Andries! ... Skree ek " wat steek jy weg, ek het die bottel gesien. "
"Nee, Oumi sien, dit is die meresyne wat ek byrie apteek gekry het..."
" Jy lieg Andries..."
"Nog nouttie Mies!..."
Met die is Andries weg en ek staan vies alleen en dink aan die bybelvers wat se:
Dit wat jy aan jou naaste doen sal aan jou gedoen word.
Ek stap terug kombuis toe, en vou die laaste snytjie van die brood wat oor is versigtig toe en bere dit want dit is my aandete.
Mag God dit raaksien hoeveel brode ons gesmeer het,
hoeveel koffie ons gemaak het,
hoeveel kindertjies ons in donker strooise gevang het,
hoeveel keer het ons dorp toe gery om te gaan haal en weg te bring.

Hoeveel daar vir ons gelieg is, hoeveel daar op die graaf gele is in plaas van om te werk... hierdie land is gebou deur mense wat die son getrotseer het om toesig te hou dat daar iets gedoen kom.

Ek skakel die ketel aan en se hardop vir myself: "En met wie se belastingeld is die land gebou?"