Donderdag 26 Junie 2014

EERSTE KLIP

Sy hou Hom al n geruime tyd dop.
Sy staan altyd eenkant, kruip weg agter n muur of soos nou die dag agter n ou vyeboom se kronkelstam. Sy dra sandale en haar rok sleep oor die grond, die stof warrel op soos die mense saamdrom maar sy hou haar beskeie eenkant en staan verskuil in die skemer van die gebou.
Die groot massiewe hoek stene bied skuiling aan haar uitgeteerde lyfie.
Dan breek daar chaos los...mense hardloop en stamp teen mekaar n geraas kom van verder aan en almal maak die pad oop ...n hele regiment soldate kom verby en die geluid wat hul voete op die keistene maak is weergalm oorverdowend teen die muur waarteen sy skuil.
Sy sien die manne wat saam met Hom loop saamdrom, die manne van die tempel, die fariseers drom ook saam en praat dringend met mekaar.
dan hoor sy die woorde en skarrel verder weg.
"Stenig haar...!"
Sy maak geen geluid nie maar beur haar lyf verder in die klipmuur in asof sy daarin wil verdwyn.
Die soldate beweeg verby maar kyk na haar...een skree n onaangename woord in Aramees en sy versteen verder.
Dan asof uit niks sien sy Hom sit , Hy sit rustig asof niks besig om te gebeur nie.
Sy herken Hom, sy loop al dae agter Hom aan...teen skemer gaan sy huistoe en het dan niks om te eet nie...
Sy ken die kleed sonder nate, die voete in sandale, sy ken sy gesig maar is te bang om in sy oe te kyk... Is Hy regtig die een wat hulle se hy is?
Die dissipels drom saam en praat met Hom... hy staan op en praat kort met hulle...dan gaan sit hy weer.
Sy kyk hulpeloos rond daar is niks waar sy kan skuil nie... hulle kom gryp haar en sleep haar voor hom...
" Raboeni...se een, hierdie vrou is n prostituut...wat moet ons met haar doen? Sy besoedel die dorp met haar gewoontes, sy is n slegte voorbeeld vir baie en die jong seuns praat van haar..."
" Stenig haar." skree een, van agter uit die mense. Dit is n vroue stem en sy versteen...selfs die vrouens is teen haar!
" Ja.... se die een kom ons stenig haar...sy is nie goed genoeg om hier rond te loop nie."
Jesus roep die vrou nader en Hy sien die maer lyf, die verslete klere, die stof van dae aan haar voete. Hy laat haar nader staan en dan skryf Hy in die sand...Sy kyk na die woord en dan vraend in die sielvolle oe van die man wat hul Jesus van Nasaret noem.
Dan vra Hy: " Het jy dit gedoen?"
Swaar kom die woorde oor haar droe lippe..."Ja meester ek het.."
Jesus staan op draai na haar en se "Gaan in vrede, laat die eerste een wat sonder sonde is, die eerste klip gooi."
HAAR OE GAAN OOP EN SY SIEN WIE HY WERKLIK IS.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking