Vrydag 13 Julie 2012

Lente in God se Lig

LENTE IN GOD SE LIG

Lente In God se Lig

Praat van Affodille! Iemand het eenkeer gese dat op Hendrina is die ryp nog nie verby nie want hy(ek dink ryp is manlik) moet nog eers die Affodille kom doodryp. 'n Affodil is vir my 'n natuurwonder, so mooi en vrolik! Ek is so spyt dat ek nie vir my hierdie jaar Affodille geplant het nie. Die dag toe my skoonmna vir my die versie in Jesaja gee om my eie te maak waar daar staan daar is Affodille langs die pad was ek so verbaas en nou na al die jare kan ek nie meer onthou waar dit staan nie! (Nie verbaas omdat my skoonma die vers vir my gegee het nie, ek het twee skoonma"s en hulle is altwee wonderlik, maar verbaas dat daar in die Bybel na Affodille verwys word)

Op Stellenbosch het daar na die winter plate Affodille oopgegaan in die 
botaniese tuin want 'n Affodil blom in September net na die ergste koue...dit is hoekom hul altyd onkant gevang is op Hendrina. En...dan wanneer die winter sy sluier lig oor die Boland en ek kon na die Bloureen en die Affodille kyk in die Botaniese tuin het die hartseer en verlange Karoo toe ook gelig en kon ek aangaan.

Daar ryp dit gelukkig nie en die Affodille kon lustig blom, kan jy glo so 'n perfekte koppie en piering blom, dit is net 'n god wat dit kan maak.Ons koshuis, Monica,op Stellenbosch was reg langs die botaniese tuin en as ons wou kortpad loop het ons daar deur geloop, die mooiste waterlelies wat op die leliedam gepryk het! Op 'n dag na klas het ek weer kortpad gekies en daar in die flou sonnetjie reg in die paadjie le 'n mammakat met 'n bondeltjie kleintjies ek sal daardie prentjie nooit vergeet nie.

Die Bloureen was gevleg en gerank oor 'n houtraam en het in malse heerlikheid trosse pers blomme laat hang, ek het baie keer onder dit gaan staan en gedroom oor my troudag!

Net soos 'n Affodil vir ons die lente aankondig net so moet ons Jesus verkondig aan die wereld, die geel malse kleureprag waarmee die Affodille die winter grouheid verjaag is hoe God wil he ons moet Hom aan die grou wereld wys...met malse Jesus liefde moet ons die koue nat winter verdryf en Hom verkondig deur vriendelik, liefdevol en sommer Hy te wees vir mense wat nog in die donker winter staan. Lekker dag verder en as ek nou geweet het waar in Jesaja van die Affodille gepraat word was dit my skrifverwysing. Toemaar hier kom net so 'n mooie. Ps 4 maar probeer dit in Engelse vertaling lees. Veral vers 1 You have freed me when I was hemmed in...