Vrydag 23 Desember 2011

UNIEK GESKAPE

Ek maak lappoppe en wanneer ek een voltooi het, is dit nooit presies soos die vorige nie, al het ek dieselfde patroon gebruik. Elke pop het haar eie, sal ek se... persoonlikheid, haar lyfie en bene is anders, miskien meer gestop of langer of dunner, die handjies lyk ook nooit dieselfde nie. Die gesiggies teken ek self en natuurlik sal dit dan nooit dieselfde lyk nie. Met ander woorde elkeen is uniek.

So is ons ook deur God geskape, UNIEK. Ek maak soms foute met my poppe en dan moet ek gou iets bedink om die fout reg te stel of verdoesel.Wanneer ek 'n pop voltooi het, skryf ek 'n kaartjie met haar naam, geboorte datum en 'n kort boodskappie oor haar persoonlikheid, heg dit aan haar vas.

Met God se skepping is dit anders... ons kan net ons oorsprong vind in God, ons identiteit, ons doel, ons onderskeiding van ander en ons toekoms. Ons identiteit hang nie aan 'n kaartjie om ons nekke nie, daarom moet ons mooi luister as iemand met ons praat, selfs in sy oe kyk om sy/haar regte persoonlikheid agter te kom. Ek weet dat jy kan agterkom of iemand vir jou jok deur na die beweging van die oe te kyk. Wanneer iemand nie die volle waarheid vertel nie beweeg sy/haar oe van links na regs.

Sommer net 'n interessante feit, want ons oe is mos die vensters van ons siel. ONS IS VIR GOD GEMAAK, NIE HY VIR ONS NIE daarom sal ons nerens op aarde ons doel vir ons lewens uitvind behalwe by Hom nie.

Obsession with self in these matters is a dead end; attention to God leads us out into the open, into a spacious, free life. Rom. 8:6