Ek het al baie gewonder hoe dit was om te leef toe my ouers jonk was?
Die stories wat hulle altyd vertel het, het so sorgloos geklink. Hulle was vir niemand bang nie, hulle het elkeen wat op die dorpie gebly het persoonlik geken. Daar was stofstrate en bloekoms, kareebome en jakopregopblomme in die voortuin. Daar waar die stoep op gehou het, het die straat begin.
Nou nog as ek in die dorpie kom waar my ouers hul hoerskool voltooi het, wil dit my nostalgies maak. Ek sien die peperbome se takke wat laag hang en wanneer die wind waai die grond skoon vee.
Ek sien nog die tekens van leivore wat was, die stoepe wat op die straat sit, die pragtige statige Victoriaanse boustyle...as ek stilbly en eenkant staan, hoor ek hulle roep.
Die wit kerk slaan nogsteeds my asem weg, maar die orrel is stil, niemand sit meer met hoede op in die houtbanke nie. Die kanselkleed is nog daar ...vreemd hoe seker dinge nie verander nie.
My oupa het n garage gehad waar hy motors reggemaak het en petrol verkoop het, olie ook. Die gebou is nog daar, verbou, verbreek en word nou vir n ander doel gebruik. Hulle huis is afgebreek...net langs die garage.
Ek stap om die hoek waar die Standardbank nou trots staan en verbeel my ek sien die kinders kaskarresies hou in die hoofstraat. Ek stap vinnig daarheen maar helaas die mense skree en vloek ...
Wat gaan aan?
Wonder ek en staan stil om agter te kom wat het gebeur.
Ek vra iemand en met n lee mond se hy in afrikaans: " n Broodjie asb...?"
Ek stap weg en weet daar het niks gebeur nie, daar word nie n kaskarresies gehou nie, dit is nie mense wat bly is nie, hier word baklei oor kos... vullis word rondgestrooi en dit le op hope op plekke waar dit nie hoort nie. Niemand maak meer skoon nie.
My pa is nie meer hier nie, alles het verander, daar word nie meer teesuiker in die winkel verkoop nie, ook nie meer tuisgemaakte Lemonade in klein glasbotteltjies nie...die Jood is dood.
Die stoep van die huis waar my pa en sy suster gebly het as kinders
wemel van ander kinders.
Ek draai weg en gaan terug ...die lee huise wat verniel staan, die gemors wat gestrooi le ... wat het verkeerd gegaan?
n Verslete dorp het oorgebly... seer, arm sonder n skoenmaker, skoolmeester, Jood se winkel of my oupa se garage.
Ek is n afstammeling van die mense wat hierdie dorpie help bou het, die huise en strate in stand gehou het, so ek bly hoop en glo dat hier weer skoongemaak sal word, weer blomme sal groei, weer gelag van kinders sal weergalm.
Like · · Share
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking