tag:blogger.com,1999:blog-91610176867953616302024-03-13T10:23:05.168-07:00'n Druppel dounaudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.comBlogger75125tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-13685273448991662272020-01-20T07:17:00.000-08:002020-01-20T07:17:26.602-08:00Waaroor skryf ek?Soos ek hier sit weet ek
wraggies nie waaroor
ek
gaan
skryf nie dalk kom n
oomblik van waarheud
by my op
dalk n roos
dalk n potskerf
of perdehoef
gee asseblief weer my
idees terug
dit voel of my verstand
verdoof is
en niks maar niks
daaruit wil spring
waaroor ek kan skryf nie.
miskien iets soos diplomasie
gyselaars of dalk
doudruppels uit die dag
se tuin
want eintlik beweeg ons almal in n tuin
sommiges in n woestyn
ander tussen lang gras en plaasgoed
maar ek beweeg in n tuin vroegogend
met die dou op die rose.naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-44108831206114026042018-05-10T02:53:00.000-07:002018-05-10T03:22:06.257-07:00Ligvoets deur die leweom bo te kom is n stywe klim
ons beweeg ligvoets op die smal pad
doudruppels glinster
in eerste lig
'n nuwe dag
nuut gebore
ligter trap
vryer stap
die steiltes oor
uit 'n skeur beur'n blom-gelag
ons neem die korter pad
slinger teen berghang uit
niks kan mooier wees as
die sagte lig van gods genade
wat speel oor land en see
baie vêr lê die stad
'n grommende dier
leweloos glinster dak en paal
ons is vry om te lag en te speel
niemand kan ons hoor
want bo is dit oop en asemrowend mooi
wanneer God jou insluit
in Sy alomteenwoordige oneindigheid
stap ons hand aan hand
uit genade gered
deur krag omring
om te staan in God se lig
met ligter tred stap ons
ligvoets die lewe in!
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-90535323835733041592018-01-19T01:26:00.000-08:002018-01-24T22:36:38.056-08:00Vorentoe
Japie staan met sy hoed op sy bors , ek weet sommer dadelik hier kom nou weer n ding. Van vroeg af het hy op hierdie been gestaan, dan op daardie een. Hy bly le op die graaf en dit maak altyd Pa se geduld klaar.
"Japie, wat is fout vanmore...jy staan dan so en dan so?" Pa beduide hoe ou Japie rondstaan
Eintlik weet Pa maar hy wil dit uit Japie se eie mond hoor.
"Nee as die Seur tyd het om te luister, sal ek se..."
Pa gluur hom aan oor sy bril en ek ken vir Pa as hy so kyk is hy besig om die laaste vers in die Bybel te lees waar staan , jy moet geduld he.
"Praat, Japie ons het baie werk, ek het nie tyd om hier rond te hang en so en so te staan nie."
"My groot Meneer, sien die ding staan so..." Japie maak keel skoon en versit sy voet waarop hy leun.
Pa, sug en stop sy pyp met meer dringendheid as vroeer.
"Japie, ek en jy kom n lang pad, van voor daar nog lande hier geploeg was, wat is jou storie, die son word warm".
Pa trek aan sy pyp en ek verbeel my daar gloei iets.
" Meneer, die ding staan so." Japie versit weer.
"Kom tot die punt Japie of ek ry vanmore sonder jou lande toe."
" Meneer, kan maar ry want sien ek wil vorentoe gaan."
"Vorentoe?" Pa gluur nou nog meer.
" Ja, Meneer, sien mos vorentoe soos vorentoe."
"Japie, staan opsy dat ek kan ry, waar is vorentoe. Ons almal in hierdie land wil vorentoe maar kom nooit nerens . Wys my daai plek van vorentoe en ek gaan laai jou persoonlik daar af. Moet net nie dink jy kom weer agtertoe nie. Dan bly jy daar."
Pa sit al agter die stuur en Japie weet nou moet hy gou praat of Pa ry hom toe onder die stof.
"Ek wil loop Meneer, ek wil bietjie vorentoe loop".
Pa kyk verbaas geirreteerd na Japie.
"Maar my magtig, loop dan en jy kom nie more weer hier aangesleep met n nuwe vrou en string kleintjies nie. Ek sluit daai hek, het jy gehoor." Pa beduie na die hek teen die dorpspad.
Pa ry weg en gooi ou Japie met stof waaruit hy proesend ontsnap.
Verbeel ek my of trap ou Japie hoer as ander dae...?
Ek vra ewe bedees, wat gaan van Mieta word?
"Nee sy't al gister geloop..." Hy beduie maar ek kyk nie regtig nie want wat gaan ma nou doen sonder Mieta?.
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-17832677748142218102017-01-29T03:49:00.000-08:002017-03-24T07:19:56.617-07:00brief aan my niggie
Posbus 7
Woestfontein
8771
27 Januarie 2017
My liewe nig Hester
Ons sou so lekker hier op die plaas gekuier het gedurende die lang
skoolvakansie. Nou is jy siek, ek hoop dit gaan al beter. Ek kan jou verseker
as jy hoor wat gister met my gebeur het, is jy sommer gou perdfris.
Omdat ek natuurlik so alleen is, het ek eers n uur lank gaan swem in die
plaasdam, nie die gronddam nie, die sementdam naby die vrugteboord.
Met die terugstap huistoe, val my oog op die solderdeur wat effens oopstaan.
Net daar besluit ek om bietjie daar te gaan rondsnuffel, dan trek ek sommer
daar my klere aan. Met die oopstoot van die deurtjie bo die trap, het ek besef
hoe vreeslik ek jou mis. Spinnerakke hang alweer toue en die muise piep ook
in hul broeiplekke. Ek het vasberade gebeur na die hoek waar ons die mandjie
gesien het. n Vlermuis het laag oor my gevlieg, muise het geskarrel,
spinnerakke het in die flou lig gebewe. Dit is stof sover ek gekyk het, natuurlik
omdat die deur oop was.
Net toe ek die mandjie sien, slaan die deur met n harde knal agter my toe.
Verskrik het ek rondgetas, my hart het in my keel geklop. Ek gooi sommer my
somersrok bo-oor my nat swembroek ... alles het stil geword om my.
Ek het die mandjie gegryp en teen die deur geskop. Daar val darem
ligstrepies deur die plankvloer se gleuwe en spasies waar kwaste uitgeval het.
Die venster was gegrendel so ek het maar daarvan vergeet.
Die enigste manier uit is met die trap af. Voor ons bang word, moet ek
besig word, het Ouma ons mos geleer. Ja, ek weet ons het besluit om dit
saam te doen... ek was immers in n noodsituasie of hoe? Versigtig het ek stuk
vir stuk uitgehaal en langs my neergesit, ek bedoel nou die mandjie se inhoud.
Bo in die mandjie was Ouma se sjaal wat sy die laaste jaar om haar skouers
gedra het, ek het dit versigtig om my skouers gehang en my verbeel ek sien
haar voor my sit met haar breiwerkie.
Alles wat in daardie mandjie was lyk nog silwerskoon, nie veel stof op nie, as jy
in ag neem hoe lank sy reeds oorlede is. Juwele in n leersakkie, kraletjies
toegebind in n stukkie borduurlap, borsspelde en ander klein juwele in n
gehekelde sakkie.
Daar is wel ook n paar briewe in wat ons saam sal lees. Wat ek onder
die briewe ontdek het, het my na my asem laat snak. Eers het ek rondgekyk in
die solder en doodseker gemaak niemand kruip daar weg nie, want hierdie
gaan net ek en jy, my dierbare niggie, deel.
Gelukkig het n werker my daarbo gehoor kap en skop aan die deur en het
hy my kom red. Dit was eers baie later, in my kamer, dat ek die geleentheid
gekry het om weer daarna te kyk.
Daardie nag kon ek nie slaap nie. Later het ek n kers opgesteek.
In die lig van die kers was alles nog mooier, nog meer interessant en meer
nostalgies. Alles, letterlik alles, in daardie mandjie is ongelooflik belangrik vir
ons twee, naamgenote. Kan jy glo die liefdesbriewe aan Oupa toe hy in die
Vryheidsoorlog geveg het, is veilig bewaar in mooi lap met n lintjie vasgestrik.
Ons moet groot besluite neem oor die skat. Dit moet iets asemrowend
mooi of duur wees, want dit is veilig bewaar in n verseelde houtkissie.
Ek wens so jy was gesond om te kom kuier! Laat weet hoe dit gaan.
Sterkte, tot ons mekaar weer sien.
Met liefde- groete.
Jou niggie, Nauda.
Ns. Terloops daar was mos n halfgebreide breiwerkie bo in die mandjie, dit is
nou weg.
Geskryf deur: Nauda van Rensburg naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-77777383727458360162016-12-10T00:03:00.000-08:002017-01-29T00:46:11.632-08:00OM TE KOESTER...n Skat word bewaar...
In my ma se hangkas was n hout kassie waarin sy goedjies gebere het.
Ek was baie nuuskierig en het altyd skelmpies daarna gaan kyk, natuurlik wanneer sy buite die huis besig was.
Daarin was niks regtig van groot waarde nie maar vir my was dit soos skatte.
My ouers was maar soos die meeste mense daardie tyd nie baie welaf nie. Hulle moes leer om uit niks, iets te maak.
Deesdae is dit anders, mense dink anders, hulle dink alles moet deur
iemand anders aan hulle gegee word. Die lewe of mense skuld hulle dit!
In elk geval die kissie was vir my so kosbaar want daarin was n
piepklein bedjie van versiersuiker en n poppie. Die kombersie bo oor die
bedjie was ook van versiersuiker maar het soos kant gelyk. Wanneer ek
dan vir my ma sou vra: "wie s'n is dit?" Het sy sonder skroom gese: "
Attie s,n. Dit was op sy doopkoek." (Attie is my broer, ouer as ek)
Ek kon nie ophou daarna kyk nie. Waar's myne hoekom het ek nie ook so n poppie gehad nie?
Nou wonder ons as christene en dalk die wat nie glo nie.
Waar's my deel dan, waar is die wonder waarvan in die Bybel gepraat word?
Waarom is God so geheimsinnig? Waarom mag ons nie Hom sommer sien en
deel in die lekker en die mooi wat ons glo ons deel sal wees eendag.
In Johannes 1:18
" Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, die het Hom bekend gemaak."
Niemand het God ooit gesien nie, maar ons houvas in hoop en verwagting, ons bly glo.
Wanneer jy Christus in jou hart ingelaat het, weet jy dit is waar. Die Heilige Gees openbaar God aan ons.
Daar staan uitdruklik dat Christus, God die Vader se enigste Seun het Hom aan ons bekend gemaak.
Jesus Christus het ons kom wys waarna om na uit te sien, Hy het ons kom
wys hoe dit sal wees by Hom. Net n deeltjie van die heerlikheid wat op
ons wag en die verskil is elkeen wat Hom aanneem as verlosser gaan deel
daarin.
Niks wat spesiaal en kosbaar is le sommer rond nie, as
God soos n ou man was waarmee ons kon gaan gesels en ons kon Hom
sien sou die skat dan nog so kosbaar wees?
Iets spesiaals word gebere...
Die tortelduifies wat skaam eenkant sit.
Ek wil dit alles graag met U deel
Jesus Christus, dankie dat U met my die pad stap van ouer word.
Dankie dat ek weet U hou my hand vas,
U beskerm my teen mense se ongeduld wanneer ek nie wil simkaarte omruil, data rondstuur nie maar net by U wil stil sit vir n ou klein rukkie nog.
Dankie, dat U nie soos mense sal wegloop en my daar op die houtbankie onder die boom alleen sal los nie.
Dankie Here vir U belofte dat U tot die einde van die tyd by my sal wees.
U is groot bo almal.
Het U gesien hoe die son deur die Strilitzia skyn? Die dou op die enkele roos?
Ja, U het die aarde so lief gehad...
ek weet U het gesien hoe n blaar op my hand val want U is hier.
met haar sakdoek. Sy het n appelkoos pakkie aan en bypassende handsakkie.
Ek kyk versigtig die mense deur. Ouer mense, ek sien nie een van my ouderdom of jonger nie. Dit is my heel eerste oggenddiens wat ek op die nuwe dorp bywoon. Ek het gister middag hier aangekom.
Ongelukkig is dit Januarie en om hierdie tyd van die jaar jou sit te kry op n klein plattelandse dorpie in die karoo, is maar moeilik. Almal kry warm en met die kwik naby die vyftigs voel ons pap en uitgemergel. Mevrou Appelkoos bly omkyk, dan hou sy haar hand bak en fluister iets van ...vra. Dalk wil sy my iets vra, besluit ek. Dominee maak gou klaar en ons stap uit in die skreeu warm son.
Almal verdwyn binne minute en ek staan alleen daar voor die kerkgebou.
Ek skrik toe iemand agter my praat.
Netjies in haar appelkoos pakkie met handsakkie staan sy voor my, effens breed om die heupe, dink ek, maar groet vriendelik terug. Min het ek geweet hoeveel keer sy nog so voor my sal staan.
Baie gedagtes gaan deur my kop, die kanselkleed in groot goue letters, die dominee op die kansel en die mense voor my in die kerk. Waaroor wil sy met my praat, sy het gese sy wil my iets vra.
Ek stel myself voor en las sommer by dat ek die nuwe skooljuffrou is. Sy is aangenaam verras en val sommer met die deur in die huis of moet ek se met n bordjie eetgoed binne in my kombuis. Sal ek dan tog so gaaf wees om vir volgende Sondagoggend n bordjie soet en n bordjie sout kerk toe te bring, want ons drink tee na die diens.
Dit is gou, dink ek, terwyl ek aanstap na my warm gebakte motortjie n entjie verder.
Die skoolweek is rof en ek vergeet heeltemal van die eetgoed.
Moeg sak ek Saterdagaand op my bed neer na n vol dag in die son, ons het atletiekbyeenkoms gehad. Ek dink aan more- oggend se kerk en asof iemand my n hou gee onthou ek van die eetgoed. Hoe laat is dit... die kafee is seker al toe!
Ek stap na my gasvrou toe, want ek huur nog n kamer by die gastehuis.
Nadat ek toestemming gevra het om die kombuis te gebruik, stap ek half sleepvoet daarheen en dink wat bak ek sonder bestandele, ek sal moet van die gastehuis se bestandele gebruik. Gelukkig stap my gasvrou saam met my en ek vertel haar wat die probleem is. Sy stel my gerus dat ek niks hoef te bak nie, sy het oorgenoeg gebak en sal van dit op n aparte bordjie pak wat ek kan saamneem.
Ek slaak n sug van verligting en na n lekker stort, kruip ek vroeg in.
So het ek deel geword van n gemeenskap waar eetgoed by elke tee geniet is. Die wat die eetgoed maak, eet dit gewoonlik self ook. Ons drink tee, hou bazaar, straatverkopings, bidure, troues, begrafnisse en selfs kinders doop ook, alles met n bordjie sout en soet. Om nie eers te praat van die okkasie met ou dominee se afskeid en dan weer die nuwe jong dominee se verwelkoming nie. Ek moet se, ek het self die nuwe dominee se verwelkoming geniet... hy is voorwaar iets vir die oog en boonop vars uit die Kweekskool.
Tannie Gastehuis het nie elke keer vir my ingestaan nie, later moes ek self in spring en my deel bydra. Ek wonder stil of dit kan afgaan as deel van my tiende...die eetgoed elke kort-kort.
Dan kom die eksamen, die kinders kry ekstraklasse, waarmee ek ook moet help, ek raak al hoe besiger en vat amper nie grond nie. Een middag stap ek sesuur eers by die gastehuis in, moedeloos gedra aan die skrifte wat gemerk moet word. Ek laat gly dit af op my bed en dink die hele tyd aan die bordjie eetgoed wat ek more -oggend vroeg by die skool moet he. Wat gaan ek tog maak?
Nadat ek geeet het weet ek nogsteeds nie wat om te maak nie, alles is al toe op die dorp, so ek kan niks koop nie. Sal ek nou maar weer die tannie vra... ? Op daardie oomblik kom Tannie Gastehuis die vertrek binne.
Net soos ek die skrifte laat afgly het op my bed, so laat gly ek die woorde soos n refrein uit my mond uit. Sy kyk my n oomblik verstom aan en besef toe eers wat ek vir haar se... ek moet more-oggend vroeg n bordjie eetgoed by die skool he en dit moenie skons, muffins, broodjies of enige gewone eetding wees nie, dit moet iets besonders wees want daar is baie belangrike gaste. Ook nie koesisters nie, want die het hulle al gekry, ook nie poffertjies nie en asseblief tog net nie soutbeskuitjies opgesmeer nie. Ek was lus om te vra, bly daar nog iets oor, dalk moet ek sommer n bordjie beskuit daar neersit.
Sy haal n rol blaardeeg uit die vrieskas en sit dit op die tafel neer. Ek kyk vraend na haar. In haar vriendelike moederlike stem se sy ek moet n lekker stort gaan neem en dan sal ons die eetgoed aanmekaar slaan. n Halfuur later is ek terug, skoongewas en reg vir die uitdaging.
By die skoongeskropte kombuistafel drink ons koffie, eet n beskuitjie ( natuurlik haar eie ) en rol later die deeg op dieselfde tafel uit.
Ons maak soutwieletjies met Marmite en kaas. Heerlik!
Ek verstom my hoe vinnig dit is en dit lyk so mooi, dit lyk asof ons baie moeite gedoen het. Hierdie een moet ek onthou, dink ek toe ek later die duvet tot teen my ken optrek.
Die volgende oggend brand die son al voor sewe. Ek pak die eetgoed agter in die motor sodat dit veilig kan wees deur die slagate en slegte grondpad skool toe. Daarna wil ek gou weer in hardloop om my skooltas en boeke te kry. Ek is laat suis dit deur my kop. By die motor soek ek na my sleutels...veilig hang hulle binne in die aansitter en die motor is gesluit, dit is n ou motor soos julle kan aflei.
Die son brand ... ek hardloop op en af...wat nou!
Dit is ver skooltoe, my handsak met selfoon le rustig op die sitplek. Tannie Gastehuis is vroeg weg stad toe. Ek voel hoe stoot die ongeduld in my op en onthou toe van n vriendin wat my dalk kan help, maar om haar te bel moet ek by my handsak uitkom. Ek voel asof ek kan skree! n Draad...dink ek...waar kry ek n stewige stuk draad! Ek hardloop heen-en-weer stoep toe, in die gastehuis in, kombuis toe, slaapkamer en toe weer terug motor toe. Met die laaste uitkom by die voordeur trek ek die swaar houtdeur agter my toe soos dit n goed opgevoede dame betaam. Nadat ek met n draadhanger vir hoe lank gesukkel het, wil ek weer inhardloop om dalk iets anders te probeer...die deur is gesluit, natuurlik sluit hy as jy hom toetrek. Daar staan ek, die kosbare minute tik verby.
Na n groot gesukkel, chaos, fiasko, ongelukstoneel of wat sal ek dit noem? Wil ek moed opgee en gaan sit op die randsteen van die sypaadjie. n Meisie sit nie so nie, hoor ek my ma se stem in my kop.
Die volgende paar minute voel soos n ewigheid maar dan kom iets of iemand tot my redding... die polisie ry roekeloos om die hoek en mis my motor met milimeters. Hulle stop en klim uit en beduie dat ek nie daar mag parkeer nie. Ek verduidelik en binne minute is die motor oop.
So in die ry bel ek my vriendin net om van my fiasko te vertel en om haar te vra of sy asseblief net sal toesien dat die leerlinge in my klas hulle gedra, sy hou saam met my skool ... ek verloor beheer oor die motor en kom teen n grondwal tot stilstand. Al vier bande pap. Nou het ek net een opsie, bel die skoolhoof.
Die sekretaresse gee antwoord, toe sy hoor dit is ek skree sy my ore doof, ek kry nie n woord in nie.
Meneer wil ontplof, die inspekteurs is al daar en hulle soek die eetgoed wat ek veronderstel was om al sewe dertig daar te he!? My klas is chaos, die kinders hang by die vensters uit en ... en ...en.
Ek druk die foon in haar oor dood, net daar neem ek n besluit...dit is voorwaar die laaste bordjie eetgoed wat ek sal maak!
Dit stop nou net hier!
Geskryf deur: Nauda van Rensburg
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-28362849833066157862016-01-13T04:50:00.001-08:002016-01-13T04:56:01.054-08:00die lewe is n liedek sing vandag n nuwe lied
tot eer van my Skepper
Hy het my geskape
presies soos Hy dit wou
die lewe se lied weergalm
ek
sing dit met n suiwer stem
elke noot ken sy plek
hoog en laag
elke nuwe dag
n nuwe versie nuut geskryf
ek speel dit met n panfluit
die mooiste
skoonste
suiwerste note
soos God dit self geskryf het
ek stap aan deur die skemer-
aand tot in die helder lig
geskryfnaudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-78896368930002520282015-12-03T01:57:00.003-08:002015-12-04T05:35:21.705-08:00UIT DIE KERKKANTOOR 3
Die stof staan soos hy skoffel aan die duwweltjies wat so geil staan in die kerk se agter tuin. Ek stap nader en ek sien dadelik hy is omgekrap...ek weet sommer waaroor dit gaan. Ek staan onder die Wit Stinkhout totdat hy my raaksien, hy hou op skoffel en kom hoor wat ek wil se.
"En as jy so erg skoffel vandag, Pikhele?"
"Nee, as mense se agter yard vuil is dink die mense jou voorhuis lyk ok so."
"Ja, dit is waar, dit werk met mense se hart ook so."
" Die mense maak my moeg..."
"Hoe so?" vra ek en wag want ek weet wat op sy hart is.
"Oor die storie..."
"Die watermuis?"
"Ja, jy moenie so baie praat oor darie deng nie hy sal weer kinders vang."
" So jy glo daardie storie?"
Hy vat sy graaf en steek steek so plat onder die duwweltjies in sodat die wortel wat net uit die kroon in die grond vas is breek.
"Ja, ek glo hom. Hier op hierdie dorp het al kinders gesterf van daai deng."
"Vertel my." Ek hou die blikkie coke na hom toe uit wat ek vir hom gekoop het.
" Dit is n lelike deng darie, ons moet sag praat." hy gaan sit onder die Wit stinkhout.
Ek maak my langs hom tuis en weet hier kom nou weer twee stories vandag, die een van die watermuis en die een omdat ek saam met Pikhele onder n boom sit. Ek skuif op sodat ek naby hom sit om mooi te hoor, maar ook om die skindertonge iets te gee om oor te praat.
Hy vertel met groot ontsag van die dag toe die watermuis geloop het.
" Die dam was vol vol water want dit het goed gereen. Die kinders van die lokasie het gaan swem by die dam. Hulle trek algar die klere uit en swem kaalgat. Toe daar kom van die wit kinders van die dorp en swem ook saam.
Die middag was al laag en die son het begin water trek. ons mense het met die paadjie begin loop vannie dorp af lokasie toe. Ons hoor die skree van die kinders, groot skree, nie die speel nie. Ons begin hardloop dat ons voete klap by die pad. Ons kom daar en kry die kinders by die diep water. Die wit kinder skree en roep ons moet kom help. Ek trek my klere uit en spring in die water net so kaalgat. Ek swem want ek kan tot by die kinders. die wit kinders is bang en skree hard
Toe ek daar kom is darie swart kinders weg." Hy kyk weg en skud sy kop." Hulle was helemal weg ons het hul nooit weer gekry nie, nie die lyk nie, niks nie."
" Nou, Pikhele, jy se die watermuis vang net swart kinders, hoekom het hy jou nie ook gevang nie.?"
"Ek ek het mos by die witmense groot geword van seuntjie af." Hy beduie met sy hand omgedraai en die vingers bymekaar, tipies soos hulle dit doen.'
" Maar, jy is dan swart Pikhele..."
"Nee maar hy weet watter kind is swart en watter een wit, oor ek n wit ma gehad het is ek nou n witkind. By die lokasie almal weet ek ek is n wit mens."
" Haai Pikhele nou praat jy n ding wat ek nie geweet het nie. So jy was nog jonk toe darie ding gebeur het?"
"Ja, ek was nog ook n kind maar het al gewerk by die yarde van die witmense."
"Baie dankie Pikhele dat jy vir my die storie nou heeltemal klaar vertel het. jy moenie vir die ander mans of ander mense wat kom vra die storie vertel nie, hoor." Ek stop hom n pakkie Boxer tabak in die hand en stap met n groot glimlag terug.
Ek sien die twee ou tannies weer by die draad en hul gesels te lekker. Ek weet sommer waaroor en stap die kerkkantoor binne om te sluit en huistoe te gaan.
Met die by-die-huis-kom kry ek Tant Ralie op die stoep besig om haar plantjies nat te gooi. Ek gaan sit op die houtbank en vertel haar die storie.
"Ja, se sy sy onthou nog van die petalje van die kinders wat verdrink het in die dam maar die lyke is nooit gevind nie."
"Is dit waar dat Pikhele by blankes groot geword het?"
"Ja. dit is waar, ek het hulle goed geken maar hulle is n paar jaar gelede sommer skielik naby mekaar oorlede. Siestog, Pikhele was ook op die begrafnis maar het eenkant gestaan sy hoed in sy hande voor hom opgefrommel en die trane het stadig oor sy wange geloop, die dag toe die Tannie begrawe is. Hy het nog gehelp die graf toegooi."
Ons het nog n rukkie daar in die aandskemer gesit en toe vra ek: "Tannie, wie was die wit kinders.?"
"Hulle was, wag laat ek dink...Benjan Swart en Koos Du Plessis, ja dit was hulle. Hulle het groot geskrik."
"Lewe hulle nog?'
Ja, albei boer hier in die distrik... groot sterk mans geword."
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-36531158333975249312015-11-28T09:58:00.000-08:002015-12-02T09:00:30.459-08:00UIT DIE KERKKANTOOR 2"Kind, jy maak n fout!"
"Hoekom Oom, ek is een wat n ding wil uitpraat, ek los niks sommer net soos n wolkie in die lug nie."
"ai tog Kind, los dit nou, hierdie kan n lelike storie afgee..."
"Oom hou asb op om vir my kind te se, ek is kwaad en niks gaan my stop nie! Vanaand is dit kerkraadsvergadering en ek is daar. Ek wil die ding uitpraat."
"Ek se weer, jy maak n fout..."
Daardie aand sit ek eerste by die tafel waar die kerkraadsvergadering gehou word. Ek wag tot almal sit en die dominee geopen het met gebed. Dan se dominee, hy sien ek is ook hier en kan ek asseblief verduidelik waarom ek die vergadering bywoon.
Ek staan op en kyk die mans om die tafel die een na die ander deur en dan kyk ek dominee reguit in die oe.
"Dominee ek is hier omdat daar iets is wat ek wil uitpraat. Iets wat my diep grief."
"Gaan voort suster, sodat ons kan aangaan met ons vergadering."
Ek begin en soos ek aangaan met my storie word ek al hoe meer warm onder die kraag.
"Dominee ek het hier kom bly omdat ek uit ie stad wou kom en omdat ek gedink het dit sal vir my lekker wees om hier op die plattelandse dorp te werk. Ek weet nou egter nie meer nie want wat my onderkry is die geskinder van die mense op die dorp."
"Soos almal weet gaan dit maar so op hierdie klein dorpies. Mens moet maar nie die mense n rede gee om te skinder nie." Skerm dominee vir sy lidmate.
"Ek het niemand rede gegee om sulke stories oor my te versprei nie."
"Lig ons bietjie meer in asseblief."
"Net omdat ek met die tuinman gesels word daar nou stories versprei dat ek n verhouding met hom het."
"Hoekom gesels jy dan met hom?"
'Ek gesels met hom omdat hy vriendelik is en hy vertel my baie oulike stories. ons is maar net vriende."
Dit laat party kerkraadslede erg rondskuif en keel skoonmaak.
"Soos wat se stories..."
"Soos oor die watermuis en nog baie ander stories."
"Die watermuis?"
"Ja, dominee."
"Vertel ons ook van die sogenaamde watermuis."
"Nee, ek gaan nie. Julle kan self by hom daaroor gaan uitvind. Hy praat goed genoeg Afrikaans sodat julle hom kan verstaan."
"Wat is jou doel hiermee, dat ons self by hom moet gaan uitvind?" vra een van die mans ongeduldig.
"Want dit het tyd geword dat ons in hierdie land met mekaar begin praat en mekaar se stories deel." Ek staan op en met groot geraas stoot ek my stoel agteruit en stap uit.
Ek hoor die stilte wat oor hul neerdaal en dan begin dit gons.
Die volgende oggend vroeg is een van die ouderlinge by my. hy lyk baie vriendelik en gaan sit ook sommer op die stoel oorkant die lessenaar.
"Ek wil graag die storie van die watermuis hoor." Se hy kort en kragtig.
"Ek het mos gese gaan vra hom self."
"Jy is baie parmantig vir iemand wat verlee is oor n werk."
"Ek is moeg vir die geskinder. Wat sou jy gedoen het as die storie so geklink het... weet julle Piet Kramer het n verhouding met sy huisbediende...?
Hy vat sy hoed en sit hom op sy kop met die uitstap by die deur.
Daardie middag toe ek terugstap huis toe, sien ek hulle weer oor die draad staan en praat.
Ek groet hulle vriendelik terwyl ek vir Pikhele waai waar hy in die kerktuin werk. ek hoor hoe hulle stilbly tot ek verby is en toe praat hulle weer.
Die speletjie begin vir my lekker word, dink ek.
By die huis skud ek die stof van my skoene af en met die instap in die koeligheid van die huis roep die tannie my.
Ons sit aan weerskante van die kombuistafel en drink tee uit haar blommetjie koppies. Sy lag so toe ek haar vertel van die hele petalje, dat sy amper verstik.
"Vertel my dan die storie van die watermuis."
Ek vertel haar en ons le soos ons lag. Ek weet dat sy vir Pikhele ook gaan vra want hy werk Woensdae in haar tuin ook.
"Ja, hierdie dorp se mense het nog baie om te leer..."
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-18381160042047124382015-11-20T01:05:00.000-08:002016-01-15T01:01:29.838-08:00UIT DIE KERKANTOOR 1Dit reen in die oggend so erg dat ek nie die pad voor my kan sien nie. Versigtig ry ek die laaste honderd kilometer tot op die klein plattelandse dorpie suid van Bloemfontein. Net voor ek oor die laaste bult ry hou die reen skielik op en anderkant die redelik hoe bult is dit kurkdroog. Dit lyk asof dit voor 1933 laas daar gereen het. Ek trek my asem skerp in toe ek skape langs die pad sien saam bondel, daar is niks om te eet nie, waarvan lewe hulle.
In die nuwe dorp waar ek myself nou gaan vestig, soek ek n rukkie na die huis waar ek sal tuisgaan. Julle sien die ding werk so, ek het die advertensie in die naweekkoerant gesien dat die plaaslike kerk n dame soek om kantoorwerk te doen. Omdat ek jare lank al kantoorwerk doen vir n verpakkingsfirma in die Boland en baie moeg is vir die reen in die koue winter het ek besluit hierdie is die werk vir my.
Sonder veel navorsing, tipies soos ek is, neem ek die werk aan, pak my tasse en daar gaan ek. Hier staan ek nou voor die toe deur op die rooi stoep en klop aan die groen geverfde deur al vir die derde keer. Niemand maak oop nie. Ek wag n rukkie en klop weer. Dan stadig en versigtig word die kantgordyn langs die voordeur gelig en n baie ou tannetjie loer uit. Ek groet en waai vir haar, sy maak die voordeur oop en stadig trek sy die deur op n skrefie.
"Hallo, Tannie ek het n kamer hier bespreek want ek het die pos by die kerkkantoor aanvaar." Rustig wag ek.
"O ja, Dominee het my gese, nou kom dan maar in." Ek skuif verby haar die donker voorhuis binne. Die koeligheid herinner my aan my ouma se huis. Dik swaar gordyne en bal- en- klou meubels.
Ek gaan sit op die punt van n stoel en bekyk die ou portrette en kaggel in die een hoek.
"Wag ek gaan wys jou waar is jou kamer, jy is seker moeg."
Ek is dankbaar om weg te kom uit die sitkamer want die mense in die portrette lyk kwaai en wreed.
Ons stap die bree gang af, houtvloere wat kraak en nog portrette in ovaal rame gluur my aan.
Die kamer verras my, n buitedeur wat uitloop in die tuin, eie badkamer en groot dubbelbed maak op vir die res van die huis. Nadat die tannie uit is, gaan sit ek op die bed en voel hoe ek wegsak. Hier gaan ek lekker slaap dink ek.
Die Maandagoggend vroeg is ek op my pos, daar is baie werk want daar was lanklaas iemand om die werk te doen.
Sommer met die intrapslag ontmoet ek van die kerkraadslede en almal lyk stug en nors.n Vrou staan eenkant met n bordjie eetgoed in haar hand. Die dominee se kop blink in die oggendlig en op tipies hoogdrawende wyse skud hy hand en wens my welkom.
Dadelik word ek gewys hoe werk die afrolmasjien en hy vertel my dat ek asseblief nog hierdie week die kerkalmanak moet druk want dit is tyd dat die almanak uitgedeel moet word aan die lidmate.
Ek het mos al baie afrolwerk gedoen. Begin sommer dadelik my goed regkry en sit die voorbeeld van die almanak reg neer.
Omdat dit maar nie n groot gemeente is nie, kry ek darem voor toemaaktyd klaar en sit die hopies netjies neer. Maand by maand... net toe ek omdraai en selfvoldaan na my handewerk kyk vang iets my oog. Waars die lyne!
Ek kyk en ek kyk maar die lyne is weg, alles is klaar gedruk maar die lyne op elke bladsy wat die datums in blokkies
omlyn, is weg, ek snak na my asem! Wat gaan ek nou doen. Die dominee het uitdruklik gese dat ek doodseker moet maak want niks kan oorgedruk word nie, daar is nie geld om te mors nie. Ek oorweeg alles, sal ek nuwe papier gaan koop en dit skelmpies oordruk, sal ek die hele nag deurwerk en die lyne met die hand intrek, of sal ek dit net los en maak of ek dit nie agtergekom het nie.
Daardie nag slaap ek bitter min, vroeg die volgende oggend stap ek kantoor toe en loop die hoof ouderling raak. Op die ingewing van die oomblik besluit ek om dit vir hom te wys, hy lyk darem nie te kwaai nie. Ek nooi hom kantoor toe en wys
hom summier die ramp. Hy het daarna gekyk en gekyk en toe half uit die veld geslaan omgedraai en na my gekyk: " Wat is fout?" vra hy verbaas.
"Daar is nie lyne nie..." se ek ook verbaas dat hy dit nie opmerk nie.
"O gaats, nou wat gaan ons nou doen...?"
Ek gee hom al my opsies en maak asof dit nie so erg is nie.
Hy het die hele spulletjie so gekyk en toe se hy: " Kinta, moenie vir jou verder bekommer nie, ek sal eerskomende Sondag met die gemeente praat."
"Maar...Oom, ek sal nuwe papier gaan koop."
"Nee jy doen niks van die aard nie...los dit vir my." Hy is daar weg met n skelm laggie.
Voor ek nog vir my kan koffie maak, staan daar n vrou voor my. Sy lyk net soos al die ander mense, streng.
Ek groet vriendelik. Sy val met die deur in die huis.
"Ons wil graag vir jou n verwelkomingspartytjie reel maar sal jy asseblief n bordjie sout en n bordjie soet maak. Dit sal nou eerskomende Sondag na kerk gehou word."
Ek kyk haar agterna, eetgoed vir my eie verwelkoming!
Die Sondagoggend trippel ek rond van senuagtigheid. Ek trek glads sykouse aan en my beste rok. My hare doen ek self en grimering word swaarder aangesit want ek bewe so ek kry nie die lyntjies netjies getrek nie.
Voor die diens staan die hoofouderling op en se dat hy iets op die hart het, dit pla hom nou al n geruime tyd en hierdie voel hy is die regte oomblik om daaroor te praat.
Hy maak keelskoon en begin, wat hy daarna se het my amper van my stoel laat val.
"Broers en susters, soos julle almal weet is dit n besonderse droe jaar wat ons het, die kleinvee kry swaar, die water is min en so die geld ook. Net so kry die kerk ook swaar, ons kry nie alles meer gedoen soos altyd nie, die geld is skaars.
Dominee kry maar n karige salaris..."
Met die loer dominee so oor die kant van die preekstoel waar hy in die stoel sit.
"Ons doen ons bes, ons maak somme en somme maar niks klop meer nie. Ons het vroeer die jaar n beroep gedoen dat die gemeente tog meer gereeld hul bydraes moet gee maar dit het skynbaar op dowe ore geval. Nou het ons besluit om dinge wat ons vroeer gegee het aan die gemeente uit te laat om sodoende die begroting te laat klop. Die Kerkalmanakke is reeds gedruk maar soos julle sal sien is die lyne tussen die datums uitgelaat aangesien daar nie genoeg geld is vir nuwe ink nie. Die printersink is baie duur en om al die bladsye te kon druk moes ons maar die lyne uitlaat.Indien ons in die nuwe jaar meer geld sal inkry sal daar weer lyne op die almanakke verskyn."
Hiermee gaan sit hy en ek val byna van my stoel af, ek weet nie waar om my kop in te druk nie, ek meet die afstand na die deur om uit te glip.
Dominee maak keelskoon en kyk na die hoofouderling maar besluit om niks te se nie.
Ons drink tee en eet heerlik van die eetgoed. Ek help om op te ruim en daar steek die eetgoedvrou weer voor my vas en se:
"Ons het volgende Sondag ons kerssangdiens sal jy asseblief weer eetgoed kan bring?"
Ek stap huistoe en tel die dae wat ek noual op hierdie dorpie is en hoeveel bordjies eetgoed ek al moes maak.
Eintlik moet ek vir die hoofoudeling n koek bak en net daar besluit ek om dit te doen, hy verdien n koek om so n briljante storie op te maak.
Die almanakke is uitgegee met geen kommentaar wat terugontvang is nie. Daardie Sondag word daar baie meer kollekte ingegooi as voorheen.
Ek bak die koek en versier dit na die beste van my vermoe. Nadat ek dit gaan aflewer het weet ek dat ek nuwe vriende gemaak het, vriende waarop ek kan staatmaak.
Die volgende oggend met oopsluittyd staan sy weer daar en sowaar alweer n bordjie eetgoed word gevra om dominee te bedank vir sy harde werk die jaar. Ek beluit toe net daar dat ek haar gaan noem"eetgoedvrou" ek ken nie haar naam nie, sy is nooit aan my voorgestel nie, maar die een bordjie eetgoed na die ander moet ek maak! Dalk was ek te oorbluf dat ek nooit haar naam gehoor het nie.
Ek kry die briljante idee om rolle blaardeeg aan te koop by die plaaslike winkel en as die "eetgoedvrou" vra is ek so te se gereed vir haar.
Skrywer: Nauda van Rensburgnaudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com3tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-88020101097629997102015-08-03T03:25:00.000-07:002015-08-08T06:00:50.602-07:00DIE WAARHEID ...Ek skaam my vir die mensdom en ook vir myself, hier lees ek in Johannes 8 en 9 weer die verhaal van die blinde man wat Jesus Christus gesond gemaak het. n Bietjie klei waarop Hy gespoeg het en n bad in Siloam. Dit is al. Hy het geen voorskrif gekry en pille gedrink nie, hy moes hom net gaan was.
Ons betwyfel God se alvermoe. Ons dink dat al hierdie stories in die Bybel opgemaak is en dan glo ons nou kastig nie.
Die eintlike ding is dat ons iets van onsself dink, ons dink ons weet beter as God. Baie haak vas by Noag en kom nooit by Jesus uit nie.
Daar staan in die Woord dat die Fariseers ook die blindeman en sy familie ondervra het, sou ons dit nie ook maar gedoen het nie?
Ek glo in wat ek in die Woord lees. Die wat dit nie glo nie lees in elk geval nie regtig wat daar staan nie, nee hulle glo die Internet of enigiets anders maar tog net nie die Bybel nie.
As ons nie in sekere gedeeltes wil glo nie,waar trek ons die streep, so ons dink meer van onsself as die Woord van God.
God is n soewereine God so groot ons menslike verstand kan dit nie bedink nie, hoe kan die mens so stiksienig wees om dit nie raak te sien nie. Alles in die skepping was volmaak, die mens het alles kom opfoeter en is nogsteeds besig.
Jesus Christus is deel van God, daar se Hy dit weer in Johannes 8 vers 58. Hy was voor Abraham alreeds daar.
Ek het my kinders die kinderbybel voorgelees maar ek het baie later in my lewe werklik vir Christus geleer ken. As hulle hierdie lees na my dood moet hulle weet ek het ook maar nie geweet nie.
Nou weet ek wie die christus was, ek weet wie God is en hoekom ons Hom maar net moet loof en prys. Selfs dit het ek nie verstaan nie.
Terwyl Jesus wegstap sien Hy die man raak wat van geboorte af blind was. So half terloops, as jy fyn oplet sal jy agterkom Hy het van die man geweet. Gaan lees Joh 9:3.
Christus weet waar ons is, wie ons is en wat ons doen. Hy is in die Hemel en ons op die sonde besmette aarde. Alles moet eers volbring word voordat ons hier uit die gemors sal kan vertrek na Hom toe.
Die Fariseers het gedink Christus is n profeet en dat Hy maar net profeteer. Jesus geweet hulle gaan so optree. Hy weet alles.
Maak jou hart oop vir Jesus en glo maar eerder die regte ding, want ons het geen rede om iets van onsself te dink en nie in Hom te glo nie.
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-6872179035445665562014-12-18T23:21:00.001-08:002014-12-19T00:08:44.018-08:00n Vakansie soos min.n Voorreg om saam te wees.
Vir my is dit nie baie lank gegun om my opgegroeide kinders naby my te he nie, n leemte soos n vakuum het vir my ontstaan. Ek kon nie my ouerword met hul deel nie, ek kon nie oorstap vir tee nie, ek kon nie inval vir n Sondagmidagete nie...net mooi niks want my kinders het die een na die ander op n vliegtuig geklim en hulle self gaan vestig in n land ver van hier.
My hart was stukkend, ek het gevoel ek gaan hierdie ding nooit ooit onder die knie kry nie. Ek was nie eenkeer op die lughawe toe hulle drie weg is nie. Nie omdat ek nie kon nie, omdat ek nie wou nie...ek wou nie aanskou hoe lig my kinders hul voete van die Afrika kontinent af vir altyd en altyd nie.
Ek het nie veel ondersteuning van iemand af gekry nie en moes deur dit alles self worstel. "Ons sal kom kuier, mamma." het in my ore bly weerklink.
"ons kan gereeld skype en alles daar is soveel beter soveel meer ingerig en veilig en georganiseerd, net die beste...
My hart was seer, ek was kwaad vir weke, vir maande, dalk nou nog. Ek het gaan kuier en hulle was so eenkeer hier...totdat my jongste kind my kom haal het en deur die Karoo Kaap-toe gery het met my.
Ek kon die Gannaklip sien, die Kapokbos en Bitterbos ruik, ek kon weer in Beaufort West se strate rondstap en saam met haar oorslaap in n heerlike pragtige gastehuis. By Drie Susters het ons omgedraai om n foto te neem van die drie koppe wat so hoog uittroon en anders lyk as die res agter hulle.
In Beaufort west het ons winkeltjies deur gedraf en die aand geeet by n restaurant wat die heerlikste kos maak. n Wegsteekplekkie in die hart van die Karoo. Ons ontmoet die eienares en ek sien n mens wat die wereld deurreis het, n kunstenaar en mense kenner.
Ons ry deur DeDoorns en soek iets koels om te drink maar heelaas niks gekry nie. Die Paarlvallei sprei voor ons oop en ons bevind ons in n ander wereld.
Die Hexriviervallei met sy laslappieskombers wat op n dag deur n onbekende persoon, n goddelike, oopgesprei is, uitgeskud en oor die vallei neergele is. Wonderlik, asemrowend mooi. Aan weerskante omvou met die majestieuse berge wat waghou deur die eeue, hier het Adriaan Van der Stel kom rondloop en hoe ruig was dit toe nie. My gedagtes dwaal ver terug na tye saam met my ouers toe ons nog oor die Du Toitskloofpas gery het en nie deur die tonnel nie, hoe my pa stilgehou het en ons oor die vallei kon uitkyk. Dit slaan nou nog my asem weg.
Ons het die Kaap ingevaar. Ons in Kaappunt in die Royal Atlantic gaan tuismaak. Mordern en netjies, maar nie so nostalgies soos Beaufort West nie. Hier kon ons gaan stap veilig en rustig ver ente langs die see, ons het gaan roomys eet, Bogatti...uit die boek. Vroeg in die oggende wanneer ek nog vas slaap het my kind gaan draf teen die see, selfs Leeukop uitgedraf een oggend en ek weet van niks. Ons het Tafelberg aangedurf darem met die kabelspoor en die berg bo verken. die fynbos en die rotse wat vir duisende jare daar is.
Na die naweek was dit tyd om te pak ons het op Simondium in n gastehuis gaan bly Fleur en Lust...wat n ondervinding. So mooi, so anders, soveel in n ander klas. Dit was ongelooflik. Soveel herinneringe het na my teruggekom van jare gelede.
Stellenbosch het ons verras, soveel verander deur die jare, die bome lyk groter ouer die geboue staan nog en ek herken die koshuis en botaniese tuin waar ons n heerlike middagete geeet het. Ek stap weer met die paadjie op na die koshuis, Monica, en dit voel asof ek nooit weg was nie. Al is daar verbreek en verbou aan die soliede ou gebou bly daar nog iets nostalgies, fors en fier.
Vir oulaas het ons na die Paarlvallei gaan kyk, foto's geneem , maar niks kan dit vasvang soos net jou eie oe en hart. Dit is iets wat in jou kom nesmaak, geen foto, geen skildery kan die skoonheid weergee.
Ons het die Waterfront platgeloop, winkeltjies met afrika ornamente is oral en vollop...seker die dat ons besluit het om Robbeneiland te besoek.Ek wou nog altyd voel hoe dit voel op n boot op die oopsee en nou het ek, ons kon die beste uitsig op Tafelberg kry. Die "Long walk to freedom" is afgehandel...
Dankie Sussa vir die wonderlike tydjie saam met jou, nou sal ek berus dat Afrika eintlik nie vir julle bedoel was nie...
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com2tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-23345633536519558412014-11-20T00:35:00.000-08:002016-11-25T06:15:59.831-08:00OUTA JANHy staan voor my met sy verkreukelde gesig... ek kyk lank na hom en n glimlag sprei oor my gesig. Ek onthou iets van iewers en vra wat hy wil he.
"Nee Mevrou sien ek soek n joppie."
"Ek ken jou mos, of hoe?"
"Ja Mevrou dis ou Gert ek wees al hier gewees."
"Goed, Gert dit is reg wanneer wil jy werk.?"
"Sommer nou, ek start sommer nou."
Ek maak die hekkie oop en hy stap in maar vir my voel dit asof hy uit my onthou stap.
"Die tuin het baie werk, sien jy nog kans?" vra ek toe ek sien hoe oud hy is, maer en verwese.
"Ja, nee Mevrou ek sien kans."
En so het Gert by my kom werk, net een dag n week want volgens wet moet ons hulle noual baie betaal, maar hy werk maar effentjies en neem lank om n akker klaar te maak.
"Hier werk nou eintlik nog n man..." Se ek asof ek in n droom praat.
"Ek sien hom Mevrou, maar moenie worry nie ek sal hom se ek werk nou hier."
"Sal hy tevrede wees? Ek soek nie moeilikheid nie."
"Nee, Mevrou moenie worry nie ek sal hom se."
So het dit begin, ek los hom heeltemal uit en vergeet partykeer skoon van hom, want hy is stil en eenkant, gaan self aan.
Ek het as kind op n karooplaas groot geword, net 26 km Noord van hier en daar het ons van kleinsaf met hulle gespeel, dit was ons beste maatjies. elke dag het hulle oor die bultjie aangekom en die hele dag tot donker by ons gespeel.
Daar is nie n kind wat so lekker kan speel as die Boesmankindertjies (soos ons hulle destyds genoem het) nie. hulle leer ons gou klippies opskiet en vang en hulle doen dit verbystrend goed. Ons het so baie by hulle geleer oor die veld en die plante wat ons kan eet. Hulle het ons geleer uintjies grou en eet, Tulpe vleg, gom soek en eet,. Ons het by hulle geleer boomklim en met blikkies vasgemaak onder ons voete om te galop soos n perd.
In die aande was ons vuil, gesweet en pootuit maar ons weet more speel ons weer...die boesmankinders is tevrede, hulle stry nie en baklei nie met ons nie.
Wanneer ons gaan sit het, op n stoel, kom sit hulle soos diertjies by ons voete op die vloer.
Een dag het een van die seuns vir ons geleer om duiwe te braai oor die vuur en ons het dit geeet. My pa was woedend en ons kon dit nooit weer doen nie. Ons het toe maar begin skaapkop braai in die donkie waarin die water warm gemaak is.
Vry, sonder vrees het ons deur die vlaktes gehardloop, gaan skaats op die kleigrond van die vlei na n goeie reenbui.
Maar toe...kom dit... alles het verander, ons het opgehou met hulle speel, ons lewens het verander, hulle mag nie hier ingaan of daar staan en ook nie hier sit of daar nie. Hulle is verskree en verwilder en ons het opgehou speel.
"Ma, waar gaan Outa Jan hulle heen?" vra ek nadat die geskree stil geword het.
"Hulle gaan weg ek weet nie waarheen nie, hulle trek."
" Ma, waar sal hy slaap vannag?"
Ek het uitgehardloop en gaan kyk hoe laai hulle hul skamele goedjies op die donkiekar en hoe ruk hy die teuls styf dat die donkies moet begin loop. Ek het gehuil want ek was lief vir hulle, vir Outa Jan, die kinders en vir Aia Ragel wat altyd die afval kom skraap het.
Nou na jare stap Gert hier in, ek sien die lag in sy oe, die plooie en die deernis en ek weet vir jou sal ek hou al kom sit jy net hier rond en ek kan vir jou n bord kos uitskep want dit is my versoening, my vrede, my boete doening met die verlede.naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-19609536044851977442014-10-22T01:28:00.001-07:002014-10-22T01:35:30.355-07:00VIR MY PA.Pa, gister het ek so na jou verlang met oe wat vol trane was het ek op die stoep van n VLV vriendin, gestaan en uitkyk oor n vallei wat ek nooit geweet bestaan het nie...
Ons het in die huis op n plaas in die distrik Petrusville VLV gehad en n asemrowende uitsig het ons begroet...
Ek skryf hierdie sommer so uit die vuis vir Pa en my hartsvriendinne op die groep.
Vir elkeen wat n Pa gehad het en hom moes groet langs n oop graf.
Pa by jou het ek so baie geleer, van die veld, die boerdery, die bossies, van Ganna tot Kapok en al die grassade wat jy my gehelp versamel het vir n skooltaak. Kort en Langbeenboesman wat pienksaadjies maak en teen die skuins stale van die son n kleursimfonie gesprei het oor veld en klip.
Die omgee sal ek nooit vergeet...hoe jy my ver moes aanry skooltoe al was die geld in die bank lankal op.
Vir die dag toe ons jou skape op die trein gelaai het en toe die rekening kom moes Pa inbetaal...eintlik het Pa niks gekry vir die skaap wat met soveel sorg gelaai en versorg is nie.
Ek sal nooit vergeet hoe swaar Pa saam met die diere gekry het nie, die Dikkop, Bloutong en al die peste wat in Levitikus genoem word nie. Hoe ons die lammerooie eie handig laat slaap het in die afdak, met jou eie hande gebou, die garage waar die voertuie moes staan. ek onthou hoe die lammertjies op die sementvloer gegly het. hoeveel gevrek het van die skielike koue na die reen.
Pa ek sal nooit vergeet hoe Pa my probeer beskerm het teen die gevare van die lewe nie, al het dit gelyk of ek nie omgee nie...EK HET OMGEGEE.
Gister se kyk oor die vallei van die eers dorre landskap, waar groen lande nou omgeploeg staan, vol wuifende koring. Dit was eers bossieveld, goeie weiding vir die skaap. Ek wens so ek kon dit vir Pa wys.
Ek sal nooit vergeet na die goeie reens hoe die sprinkaan swerms alles kom opvreet het nie.
Daarom se ek vandag dankie vir n Pa soos myne wat ons laat lag het, laat huil het wat selfs op vyftig op die grens gaan veg het vir n land wat aan sy kinders sou behoort.
Dankie Pa. naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-52579954704668068472014-10-21T23:33:00.001-07:002014-10-21T23:34:51.031-07:00HY KOM " Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie." -Jes 44:6
"Here ons Almagtige, Skepper van die Heelal,
dit is hoekom ons bly glo,
bly vashou aan U soos drenkelinge
met net daardie spatsel hoop
in ons dat U wel nog daar is,
dat U nog sal kom om ons te bevry
van n hoop wat ander lankal gelaat los het,
ons bly kleef aan die hoop om U te sien kom op die wolke
U ons sal kom haal om vir ewig in die Lig van U bomenslike krag te lewe.
Dankie dat die Hoop ons nie sal beskaam
dat ons weet U kom haal U skat."
(geskryf uit my hart.)naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-77637850190758602802014-10-08T02:31:00.001-07:002014-10-24T02:12:18.160-07:00BEGIN BY DIE BEGINPartykeer wens mens dat jy dalk n bietjie dommer was sodat jy nie alles kon verstaan nie.
Die pad Luckhoff toe ry ek versigtig want dan kyk ek na dinge uit my kinderdae. Die aalwyne teen die berg, die ape langs die pad. Ek is tog so bang om een dood te ry alhoewel ek weet dat dit vir die boere dalk lekker mag wees om hulle dood te ry omdat die stropers van goeie kos in hulle skuil.
Daardie iets wat in elkeen skuil is reeds daar om deur iemand anders wat slim genoeg is, op te spoor en lief te kry. Sommige van ons as mense het dit ook ...die stropery, die vernielsug, die vermorsing... Ek moes leer om my op te hou daaroor bekommer want dit, net daardie vuurhoutjiegrootte opvoedingvlak wat nie bereik is of nie wil bereik word nie sal veroorsaak dat ek ook myne verloor...
Dit laat my nou weer wonder is dit nie wat mense soms tot waansin dryf nie? Dat hulle moor en roof juis omdat daar iets is wat hulle nie kan verklaar nie...tog het ons binne onsself die vermoee om daaroor te dink en met onsself te redeneer totdat jyself of iemand hoer as jyself jou die oplossing wys. ek het altyd gese wanneer ek sukkel om iets te verstaan gaan terug na die begin, om terug te gaan van waar jy begin het voordat jy by die knoop in die tou uitgekom het help jou dikwels om die oplossing te vind wat die hele probleem ontknoop.
Dit is hoekom ek nou by die ape begin het, sommige ouens sal nou klaar weet waarop stuur ek af maar dalk net dalk is die einde anders as wat jy gedink het...
Die Aapma hou die kleintjie teen haar bors vas wanneer sy oor die pad skarrel om tussen die bosse in te verdwyn, net voor sy die Soetdoringbome ingaan, gaan sy sit en kyk na my, vir n sekonde ontmoet ons oe en ek dink net wanneer jyself n baba teen jou bors vasgedruk het en geweet het dit is jou eie, sal jy verstaan wat in daardie sekonde deur ons oe uitgeruil is... die wete dat daar n punt in die boltou is waar jy moet begin soek.
Ek sien vir n vlietende sekonde die kleintjie so groot soos n man se hand wat aan haar bors hang sy beskerm hom met haar een hand. Waarna die ape soek nadat die karre verby is, is omdat mense hulle oorskiet daar uitgooi, vir die ape maar ook om hulle te lok. Ek gril as ek dink hoeveel al hul lewens opgeoffer het vir die krummels van die rykman se tafel.
Die mens het sy hand in die natuur se sak gesteek. Dit wat die aapgetalle laag gehou het, is uitgeroei of dalk is dit omdat hierdie droe aarde nou geploeg en geplant word so kol-kol en daarom kom hulle hier bly en word hul meer.
n Ent verder loop ek hom raak, nee nie sommer hier tussen die Soetdorings nie eers daar waar die berg begin en die pad n draai maak Vanderkloof toe. Hy sit houtgerus en wag. Die wagter van die veld, dalk die wagter oor die lewe self, hy bekyk alles haarfyn en hou elke ding dop, ken elke klip dalk elke gogga ook. Hy het wel nie n naam nie het ook nie n ID dokument of paspoort nie, maar hy het die oe, die skakel in sy brein tussen die begin en die einde.
Ek het hom ook net in die verbygaan gesien, vinnig en geweet hier doen jy niks vreemds nie hy sal dan hoer op padgee. Sy sterk vierkantige kakebeen wys jou sommer hy is n moeilike man, hy is die "sentinel" die verspieder, die ou wat die alarm die berge instuur. hy is die skakel tussen die begin en die nou. Hy sien moeilikheid kom nog voor dit oor die laaste bult is want dan is dit te laat... sodra ek sou stilhou; het hy twee dinge gedoen of geskree-blaf om die res van die trop te waarsku om hoer op in die berg te vlug, wat ek dink sy eerste keuse wel sou wees, of hy het dalk as hy mak genoeg was, kom kyk of ek nie iets uitgooi vir hom om te eet nie.
Omdat ek so graag dinge wil behou soos dit was of is, sal ek dit nie doen nie want net daar le die punt tussen toe en nou, tussen die begin en die einde...gaan terug na die begin voordat jy die knoop sal loskry.naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-51448290778662982882014-08-02T07:44:00.001-07:002014-10-24T02:02:15.850-07:00SLIMMER AS SLIM.Oom Floors stap met sy lang bene, straat af. Vandag is die dag dat hy vir hom ook n nuwerwetse selfoon gaan koop. Hy hoor dit is maklik...die goed word al meer gerieflik en maklik. Hy was nog nooit dom nie, hy het goeie punte in die skool gekry vir somme, hy is seker dit gaan sommer kinderspeletjies wees om die slimfoon te bemeester.
"Slimfoon my voet." grinnik hy net voor hy die selfoonwinkel op die hoek binnestap.
"Goeie more, meneer, kan ek u help." Vra so n jong mannetjie wat lyk asof hy vars uitgebroei is, vir hom.
Oom Floors, wat n hele sesvoeter is met bree skouers en n gesig wat jou aan die plaaslike hoofregter laat dink, kyk die mannetjie op en af en hy dink. As hy dit kan doen hoekom nie ek wat voorry gespeel het vir Suidoos Transvaal, nie.
"More, ek sal bly wees as jy my kan help." Vriendelik word hy genooi om te sit en homself gemaklik te maak. Die mannetjie le agteroor op sy stoel en se vir iemand anders om koffie te bring.
"Dit is nog vroeg en meneer is seker lus vir n ou koffietjie."
"Ja dankie, dit sal lekker wees, ek het reeds vroeg weggetrek van die plaas af."
"Waarmee help ons vir Oom?"
Dis beter dink Oom Floors as om die heeltyd ge-meneer te word.
"Ja ou seun, jy sien ek wil vir my ook een van hierdie slimfone koop waarvan almal so praat deesdae. Ek wil sien hoe slim is die foon nou eintlik.."
Die mannetjie trek los en praat soos n jong predikant, dit is sus en dit is so, hy sal n kontrak moet uitneem...
" 'n Kontrak...nee maar dit is reg so, ek hou van kontrakte.
Destyds toe Piet Skoondraai my plaas wou huur het ek ook gese ek vereis n kontrak. Ek hou daarvan, man, n kontrak is die regte ding."
"Goed Oom, dit werk nou so, Oom moet net eers kyk na die foon en watter een Oom die beste mee sal regkom en dan teken ons die kontrak. Al wat die kontrak behels is maar net dat Oom nie voor agtienmaande weer n nuwe foon mag koop op hierdie kontrak nie."
Die mannetjie staan op en vat die koffie aan by die ander persoon wat so half sleepvoet loop. Hy sit Oom Floors se koffie voor hom neer op so n piepklein skinkbordjie met n nog kleiner bekertjie melk en suiker in papiertjies.
"Drink maar solank Oom se koffie, ek gaan net gou n selfoon haal wat ek dink perfek by Oom sal pas. "
Oom Floors roer tydsaam sy koffie en neem n klein slukkie, sit die beker netjies terug in die skinkbordjie.
"Oom" se die mannetjie ewe opgewonde voor hom...hy skrik half want hy het vir n oomblik aan sy ma gedink, hoe sy hom as klein kind geleer het om netjies en presies te wees.
Die mannetjie maak keelskoon, Oom Floors kyk op en sien die nuwe selfoon in die mannetjie se hand. Hy hou hom vas asof hy lankal geoefen het.
"Oom, ek dink hierdie is die regte foon vir Oom, hy is nie so ver gevorderd dat Oom hom nie sal kan verstaan nie, en hy het al die nodige funksies. Oom kan op die Internet met hom gaan, Facebook en Whatsapp..., is lig in n man se sak en maklik om vas te hou. n Gerieflike foontjie, ek het al baie van hulle verkoop."
Oom Floors het net die woorde 'nie so gevorderd' gehoor. Hoe durf die piepsnuiter dink hy is onnosel. Hy besef hy moet hom inhou, trek aan sy mouboordjie, versit sy lang bene versigtig.
"Oom, hanteer hom dan voel Oom hoe voel hy vir Oom." Die mannetjie gee die foon oor die lessenaar vir hom aan. Floors houvas die foon, wat wil die mannetjie nou he moet hy voel?
" Hoe voel hy Oom?" Intussen tik die mannetjie op die rekenaar voor hom dat die rook staan.
"Hy voel okay, sit hom bietjie aan dat ek sy gesig kan sien." Die foon is terug na mannetjie toe.
"Hiers hy Oom, hy lyk baie mooi. maklik en duidelik."
"... ek wil die tyd mooi kan sien op hom."
"Daar is die tyd regs bo."
"kan dit noe groter wys nie?"
"Oom wag ek kyk..." Mannetjie vat die foon en druk so bietjie aan hom, toe hy hom teruggee staan die tyd in dik vet syfers oor die hele gesig.
"Goed Oom, dit is nou Oom se Wall paper.'
'Wallpaper? O okay ek sien." Hy se maar niks want al "wallpaper" wat hy ken is wat sy vrou altyd teen die mure wou plak.
"Oom kan enige tyd hier kom inloer as Oom n probleempie het. Kom ek wys gou hoe bel mens met hom. "
"Kyk Oom, jy trek net jou vinger so oor die screen een keer saggies, moenie hard druk nie, en whalla daar gooi hy al Oom se contacts uit, kies een en touch net die screen so liggies dan sal hy bel. Oom kan selfs vir elke contact sy eie ringtone opsit..."
"Nee, wag, wag, wag, nou ou seun stadig nou ek sal weer later kom dan kan jy my help. Ek moet noueers gaan, kyk waar staan die tyd al ek moet op die plaas kom, ek is n besige man."
Oom Floors is daar weg vasgeteken met n twee jaar kontrak, n slimfoon wat hy gladnie weet hoe die ding werk nie. Die mannetjie se laaste woorde was nog, onthou Oom dis maklik, sy is soos n meisie touch haar net so liggies dan werk sy.
Oom Floors is huistoe met sy kompakte boksie vol van die slimfoon se "gadgets". Die helfte sal hy nooit by uitkom nie...gelukkig is daar n boekie ook geskryf in vele tale.
Daardie middag gaan le hy op sy bed wat so effens son kry in die middag...ag hoe salig sak sy seer lyf nie weg in die kussings nie. hy haal die foon uit wat nou klaar gelaai is.
"Nou gaan ek jou wys wie is baas. Gmf, vebeel jou maklik verstaanbaar."
Oom Floors vee so liggies oor die gesiggie van die foon, daar maak n klomp goed hul verskyning, hy kyk na dit en vlieg regop sodat hy op die kant van sy bed kan sit.
"Wag ek bel my ou buurman, die mannetjie het mos al my nommers op die foon in gesit, so het hy gese..." mompel Oom Floors.
Hy skuif sy voete rond, en voel hoe die ongeduld in hom opstoot. " Wag ek gaan maak koffie miskien verstaan ek hom dan." Hy stap kombuis toe.
Daar lui die foon...hy tel hom op en hou hom teen sy oor, nee niemand antwoord nie...na n paar minute lui die foon weer, hy tel weer die foon op en druk hom teen sy oor. Hy hoor niks, dan loop hy weg en gaan maak koffie.
In die kombuis le sy ou foontjie. Hy vat die en bel sy buurman.
Hy het n knap buurman, n geleerde man, netjiese boer, hy boer vanuit sy studeerkamer.
"Tommy, ek wil jou kom sien, dalk kan jy my help met die slimfoon wat ek nou gekoop het."
"Nee, maar dis reg Oom. Kom kyk sommer rugby vanmiddag dan kyk ons gou."
Dis rugby, die Bulle teen die Sharks.. hy weet sommer noual hier kom n ding, hy is n Bloubul en Tommy n Shark want Tommy se ma was Engels en dit is hoekom hy vir die Sharks skree en hoekom hy so kort- kort n engelse woord indruk. Dalk moet ek na Deon toe gaan, hy het ook so n tipe foon en hy is n Bloubul...ja nee ek sal Tommy bel en se Deon het my lankal genooi, ek het bietjie vergeet.
Oom Floors gaan sit by die kombuistafel in die huis wat hy self met sy eie hande gebou het, nou is dit n ander man s'n maar dit voel so of hy hier hoort. Hy sit n hele rukkie voor iemand hom gewaar.
"Haai Oom Floors, Oom sal laat ek skrik, amper gedink dit is n spook. "
"Dink jy dit spook hier?" vra Oom Floors rustig, hy peuter met die nuwe foon.
"Nee wat, ek speel net. Wil Oom koffie he?"
"Ja, asseblief...ken jy hierdie nuwe slimfone?"
Ek vat die foon by hom.
"Sjoe, maar dit is n mooi foon...is dit Oom s'n?" vra ek onskuldig.
"Ja, daai kaartmannetjie met sy los handjies by die selfoonwinkel het die ding aan my afgesmeer."
"Haai Oom...?"
"Ja hy verbeel hom hy weet alles maar van boer sal hy nooit iets weet nie."
Ek bekyk solank die foon van hoek tot kant.
"Waar's Deon, gaan hy rugby kyk.?"
"Ja Oom ek dink so hy sal nou-nou kom ...ek maak solank koffie en ons kyk of ons die foon kan verstaan." Kalm bly is al wat ek nou kan doen.
Oom Floors staan op, sy hele sesvoet lank en gaan staan op die stoep en stop sy pyp. Ek vee my vinger liggies oor die venstertjie van die slimfoon.
n Horlosie so groot soos die foon self verskyn.
"Oom dit is n minuut voor drie, hoe laat begin die rugby?"
"Sit aan, dis nou."
"Hier is die foon, ons kan later na dit kyk."
"Ek gaan hom stukkend bliksem..." se hy ewe skielik terwyl hy deurloop na die TV-kamer toe asof hy iets aftree.
"Oom die foon makeer niks, dit is splinternuut." kom ek op vir die slimfoon.
Hy verduidelik hoe hy probeer bel het maar niks kan hoor nie.
"Het Oom hom nie te styf teen Oom se oor gedruk nie, want dan raak mens aan die "screen" en dit verander..."
"Ek gaan hom stukkend bliksem, ek se jou."
Ek gaan sit die foon by hom neer en toe asof iemand dit vir my voorse se ek:"Nou bliksem hom stukkend." ek voel hoe die ongeduld wat een van my beste eienskappe is, vlak in my hart kom le.
Nou moet ek wegkom, dink ek, anders is hier moeilikheid.
Hulle kyk rugby en die voggies vloei, selfoon skoon vergete. Na die "game" verby is, val dit oom Floors by van die foon.
"Kan jy nie vir my kyk hoe werk die slimfoon nie, daai Mannetjie by die winkel het hom aan my afgesmeer...werk glo baie maklik."
Deon tel die foon op en bekyk hom, hy het so bietjie ondervinding van 'touch screen" en sit die foon aan.
"O, dis maklik Oom, Oom moet baie versigtig werk anders druk Oom op die verkeerde "icon" en dan doen hy n ander funksie as wat Oom soek."
"Icon se moer man, waar moet ek druk."
"Oom moet liggies vee..."
"Wag ek bel vir Pieter, Oom se Pieter, dat ons net sien of werk hy."
Deon bel vir Pieter en hulle gesels te lekker dan gee hy die foon vir Oom Floors.
Oom Floors vat die foontjie in sy groot hand en druk hom op sy oor... weg is Pieter.
"Oom moenie hom so hard teen Oom se oor druk nie, hy moenie Oom se oor"touch" nie. Kyk Oom sien Oom hierdie wat hier staan op die "screen"? druk liggies ...ag nee nou het hy aan Oom se neus ge-touch en verander!"
So sukkel hulle voort vir meer as n uur, die een bier na die ander want ons gaan nou braai. Later weet Deon ook nie meer hoe die foon werk nie en hulle vergeet skoon van dit...die vleisbraai is te lekker so onder die oop hemel waar daar darem n paar sterre sigbaar is.
Die volgende oggend loop ek Oom Floors raak in die dorp. Hy se sommer dadelik hy het daai foon onder die mannetjie se neus gaan indruk, die ding is buite orde. My mond val stilletjies oop: "Maar...dit is dan n kontrakfoon, hulle sal hom nie terugvat nie..."
"Hy sal of ek maak van hom n kontrak..." Oom Floors stap weg en ek kyk hom stil verbaas agterna.
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-3900305209406991972014-07-21T04:32:00.004-07:002014-07-21T04:33:57.535-07:00Spieelbeeld
Wanneer ek in die spieel kyk dan verwonder ek my aan die ou tannie wat na my toe terug staar. Ek wil vir haar vra hoe gaan dit Tannie?
Ek wil vra, hoe het Tannie so oud geword sonder dat ek dit agter gekom het.
Dan, wanneer ek wegdraai van die spieel en sy kom saam gaan maak ek
maar vir ons tee want God het haar mos geskape en is lief vir haar net
soos sy is,,
Ek skink vir haar tee in my beste koppies, dek die
skinkbord netjies en gaan sit saam met haar in die son. Ek gesels rustig
en stil omdat ek weet sy hou daarvan.
Ek vra nie uit oor haar kinders nie want hulle is ver, en die verlange is te groot.
Ek sien hoe het haar oe agteruit gegaan, hoe moeilik staan sy op en bewe sy as sy die koppie vashou.
Ek wil vra Tannie vertel my van jou lewe, wat het dan vir Tannie so gou
oud gemaak maar ek bly stil en hou vir haar die karringmelkbeskuitjies
waarvoor sy so lief is.
Tydsaam roer sy haar tee, kyk na my en se: "Moenie vir jou so bekommer nie alles sal regkom..."
"Maar Tannie ...hoekom het dit so gou gebeur?"
"Wat my kind? Wat het gebeur?"
"Die ouderdom...die plooie ...pyne...die sukkel...?"
" God het dit so besluit, Hy het my so gemaak, sodat ek alles kan weet voordat dit te laat is..."
Sy staan op, sit haar koppie versigtig terug op die skinkbord neem haar
kierie en stap weg. Ek gaan saam...in die gang kyk ek in die kapstok se
Sy hou Hom al n geruime tyd dop.
Sy staan altyd eenkant, kruip weg agter n muur of soos nou die dag
agter n ou vyeboom se kronkelstam. Sy dra sandale en haar rok sleep oor
die grond, die stof warrel op soos die mense saamdrom maar sy hou haar
beskeie eenkant en staan verskuil in die skemer van die gebou.
Die groot massiewe hoek stene bied skuiling aan haar uitgeteerde lyfie.
Dan breek daar chaos los...mense hardloop en stamp teen mekaar n geraas kom van verder aan en almal maak
die pad oop ...n hele regiment soldate kom verby en die geluid wat hul
voete op die keistene maak is weergalm oorverdowend teen die muur
waarteen sy skuil.
Sy sien
die manne wat saam met Hom loop saamdrom, die manne van die tempel, die
fariseers drom ook saam en praat dringend met mekaar.
dan hoor sy die woorde en skarrel verder weg.
"Stenig haar...!"
Sy maak geen geluid nie maar beur haar lyf verder in die klipmuur in asof sy daarin wil verdwyn.
Die soldate beweeg verby maar kyk na haar...een skree n onaangename woord in Aramees en sy versteen verder.
Dan asof uit niks sien sy Hom sit , Hy sit rustig asof niks besig om te gebeur nie.
Sy herken Hom, sy loop al dae agter Hom aan...teen skemer gaan sy huistoe en het dan niks om te eet nie...
Sy ken die kleed sonder nate, die voete in sandale, sy ken sy gesig
maar is te bang om in sy oe te kyk... Is Hy regtig die een wat hulle se
hy is?
Die dissipels drom saam en praat met Hom... hy staan op en praat kort met hulle...dan gaan sit hy weer.
Sy kyk hulpeloos rond daar is niks waar sy kan skuil nie... hulle kom gryp haar en sleep haar voor hom...
" Raboeni...se een, hierdie vrou is n prostituut...wat moet ons met
haar doen? Sy besoedel die dorp met haar gewoontes, sy is n slegte
voorbeeld vir baie en die jong seuns praat van haar..."
" Stenig haar." skree een, van agter uit die mense. Dit is n vroue stem en sy versteen...selfs die vrouens is teen haar!
" Ja.... se die een kom ons stenig haar...sy is nie goed genoeg om hier rond te loop nie."
Jesus roep die vrou nader en Hy sien die maer lyf, die verslete klere,
die stof van dae aan haar voete. Hy laat haar nader staan en dan skryf
Hy in die sand...Sy kyk na die woord en dan vraend in die sielvolle oe
van die man wat hul Jesus van Nasaret noem.
Dan vra Hy: " Het jy dit gedoen?"
Swaar kom die woorde oor haar droe lippe..."Ja meester ek het.."
Jesus staan op draai na haar en se "Gaan in vrede, laat die eerste een wat sonder sonde is, die eerste klip gooi."
HAAR OE GAAN OOP EN SY SIEN WIE HY WERKLIK IS.
<textarea class="textInput mentionsTextarea uiTextareaAutogrow uiTextareaNoResize UFIAddCommentInput DOMControl_placeholder" data-reactid=".39.1:4.0.$right.0.0.0.0.1.0.1.0" name="add_comment_text" placeholder="Write a comment..." style="height: 49px; width: 156px;" title="Write a comment..." value="Write a comment...">Write a commen</textarea>
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-36559217667282965362014-06-24T03:53:00.000-07:002014-06-24T03:53:57.121-07:00DIE TAAL WAT EK KEN
Die eerste Afrikaanse Bybel word in 1933 gedruk en uitgegee.
Natuurlik besit die dominee op die dorp die eerste een. Baie mense is verbaas en nuuskierig.
Die Sondag na kerk staan Oom Piet Kromdraai op, almal wag, want hulle
weet hier kom n ding! Die vrouens skuif hul hoede reg, kinders staan op
en gaan sit dan weer.
Oom Piet se stem bulder deur die stil kerk met sy houtbanke, kanselkleed en hoe dak.
" Dominee,.. hier le n swaar ding vanmore op my hart... Dominee het nou vanmore uit die nuwe Afrikaanse Bybel voorgelees, maar ek wil beswaar maak, ek wil beswaar aanteken in die anale van die kerk."
"Broer, se Dominee, wat is op jou hart, ons luister."
"Dominee...ek se ons hou by die Hoog Hollandse Bybel want wat goed genoeg was vir Petrus en Paulus...is goed genoeg vir my."
Die gemeente is doodstil.
Agter in die kerk vlieg n jonger boer op en met sy hoed in sy hand, se
hy: "Oom Piet gee tog net vir Dominee n kans om te verduidelik, dalk
moet ons net eers luister die Woord bly mos maar die Woord."
Dominee
staan verslae op die kansel: " Broers, broers ons kan in die
konsistorie verder redeneer... die Woord bly die Woord... dit is waar."
Dominee lag stil agter sy hand...verbeel jou Hoog Hollands...
Nog n dag het U ons gegee
nog een dag meer om te leef
sodat ons u kan loof en prys,
nog n enkele uur by ons lewens gevoeg
Vandag wil ons net se dankie Heer
dankie vir die onmeetlike skatte
wat ons ontvang
vir die gawes en talente
die perels op ons pad gestrooi,
tel dit op...sien dit raak,
Dankie Heer dat u oneindig baie
van ons hou.
Dankie dat U ons wil toeeien
aan U troon.
Vandag, more en tot in ewigheid
wat tydloos ons begroet. nauda
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-43535108923196857142014-06-06T04:24:00.003-07:002014-06-06T04:29:23.699-07:00kinders, burgers en braaivleis.
die saam lag en speel
ek mis die oggende se geskarrel
die aande se storie-tyd en drukkies
nou is julle grootmense
julle het gevlieg en baie baie ver weg
ek mis die tyd in die stad
die tye van stoei en baklei
ons het saam koekies gebak
kos gemaak
wimpy toe gegaan
melkskommels
burgers
braaivleis
mis julle lag en skree
julle hang aan my bene
mis die swaarkry alleen
mis net mooi alles.
trek warm aan dis koud buite ...
liefde mamma.naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-25731538171005394162014-05-02T05:58:00.001-07:002014-05-02T06:05:07.153-07:00KAKIEBOS EN KLITSGRAS.Nog n dag, nog n Vrydag, nog n week verby waarin ek alleen was,
alleen met my eie gedagtes.
"Hier het nuwe mense langs my ingetrek." Wil ek vir iemand se.
"Hulle gaan braai vanaand." Wil ek byvoeg.
"Niemand kan so goed braai soos n afrikaner man nie". Se ek omdat ek weet dit is waar.
Die honde, drie van hulle, kyk my aan met vraende gesiggies.
Vanoggend stap ek so deur die sitkamertjie in my huis, ook maar klein en beknop...dink ek. Ek sien iets onder die teetafeltjie le en ek kyk en kyk.
Omdat my oe nie meer so goed is nie stap ek nog nader, buk af en verkyk my aan wat ek sien.
Dit is hoendervleis bo-op my mat!
Nouwaar sou hulle (die honde) dit kry. Ek het gisteraand die laaste lamsbredie warm gemaak en geeet.
Wat my soontoe geneem het weet ek nou nie meer nie, ek bevind my by die muur agter die huis tussen my en die nuwe bure. Ek kom min daar, wat moet ek daar doen, dit is die plek waar ons n komposhoop begin het.
Ek wou n gat in die grond he, sodat dit netjies lyk maar my niggie gee toe die goeie raad van: "Nee, mens maak n hoop dan kan dit van tyd tot tyd omgedaai word. Ek half teensinnig stem in.
En... dit is net daar waar die moeilikheid begin het, die bure stort nou al hul oorskiet kos oor die muur.
Ek het gevra: "Wou julle dit vir die hondjies gee?'.
"Ja." was knikkend die antwoord.
Ek verduidelik dat die twee hondjies al onderskeidelik 15 en 14 jaar oud is, hulle mag gladnie hoenderbene eet nie.
Die ou klein hondjie vreet natuurlik voor die ander uit en slaap toe die hele oggend te lekker.
Ek is kwaad en ondersoek die hele spul. In my gedagtes weet ek, hulle het gedink... a lekker stortingsterrein by ons agterdeur.
Die gemors moet skoon en ek gaan haal n skoppie en tel op, gooi weg en ontdek pynappelskille in die verste hoek van my erf, brood, wortels, skille en stukke aartappel. Hondekos?
Dit is wat ek teen so n komposhoop het, elke lewende wese dink dan dit maak nie saak nie.
My brein is nou aan die werk hoe ek dit kan verander want so wil ek nie my agterplaas he nie, maar ek het kompos nodig want die grond in die tuin is morsdood, niks wil groei nie, nie eers vetplante nie.
Kakiebos en klitsgras, ja die groei enige plek.
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-9161017686795361630.post-69205400941518029432014-04-27T23:49:00.000-07:002014-05-25T11:25:20.448-07:00HIERDIE WEEK IN DIE NUUS
Hierdie week se nuus gaan alles insluk, alles oordonder en alles toesmeer... ons gaan oor en oor hoor hoe goed hierdie een was die afgelope aantal jare en hoe sleg daardie een was dieselfde aantal jare.
Geen ander nuus gaan belangrik wees nie...
Van Oscar en Reeva gaan ons vergeet...
Steve se nuwe boek en al sy sondes gaan doodstil le en wag...
Dozi en Adam Tas sal moet wag..... iewers...
want hierdie is die belangrikste "event" van die jaar
DAAR IS NIEMAND EN NIKS MEER BELANGRIK AS DIE OU OP DIE VERHOOG WAT SO SKREE NIE.
Die ambulanse ry nog
die taxi's jaag nog voor mekaar in
die hospitale is vol...die tronke se deure slaan nog toe.
MAAR DIE MAN WAT SO SKREE OP DIE VERHOOG GAAN NET AAN
Daar le dooies in stegies, kinders krap in vullisblikke toilette staan verstop
mense dra water aan en loop ure en ure...waar gaan hulle heen?
Net een ding is hierdie week belangrik, net een ding word gedoen, net oor een ding word gepraat.
HY BELOWE AAN DIE ARMES, MEER SPOELTOILETTE, MEER SKOLE MEER HANDBOEKE EN REGVERDIGE EKSAMENS.
"Waar loop jy heen?"
"Ik gaat stem"
"Ag sal dit help...om te stem?'
"Ik wetie maar ek gan maar vir daai ou stem want hy praat darm sense"
"wat belowe hy?"
"Hy se as ons vir hom stem sal dit baie beter gaan met ons paaie, ons brue ons hospitale en kinders..."
"Wat se hy, kry ons wasmasjiene..."
"Wragtie ek wetie maar dit gan so goed gaan ek koop sommer self een."
"Hey Sussie vir wie gaat jy stem?'
"Ek weet noggie, ek dink ek stem maar vir die HERE, want HY belowe en dan hou Hy daarby."
So stap hul stembus toe...
VIR WIE GAAN JY STEM HIERDIE WEEK?
Ek gaan beslis ook vir die Here stem want in OPEN 7:9 staan daar dat ons op die ou end almal tog maar vir HOM gaan stem...
naudahttp://www.blogger.com/profile/06031120293795769547noreply@blogger.com0