Donderdag 20 November 2014

OUTA JAN

Hy staan voor my met sy verkreukelde gesig... ek kyk lank na hom en n glimlag sprei oor my gesig. Ek onthou iets van iewers en vra wat hy wil he.
"Nee Mevrou sien ek soek n joppie."
"Ek ken jou mos, of hoe?"
"Ja Mevrou dis ou Gert ek wees al hier gewees."
"Goed, Gert dit is reg wanneer wil jy werk.?"
"Sommer nou, ek start sommer nou."
Ek maak die hekkie oop en hy stap in maar vir my voel dit asof hy uit my onthou stap.
"Die tuin het baie werk, sien jy nog kans?" vra ek toe ek sien hoe oud hy is, maer en verwese.
"Ja, nee Mevrou ek sien kans."
En so het Gert by my kom werk, net een dag n week want volgens wet moet ons hulle noual baie betaal, maar hy werk maar effentjies en neem lank om n akker klaar te maak.
"Hier werk nou eintlik nog n man..." Se ek asof ek in n droom praat.
"Ek sien hom Mevrou, maar moenie worry nie ek sal hom se ek werk nou hier."
"Sal hy tevrede wees? Ek soek nie moeilikheid nie."
"Nee, Mevrou moenie worry nie ek sal hom se."
So het dit begin, ek los hom heeltemal uit en vergeet partykeer skoon van hom, want hy is stil en eenkant, gaan self aan.
Ek het as kind op n karooplaas groot geword, net 26 km Noord van hier en daar het ons van kleinsaf met hulle gespeel, dit was ons beste maatjies. elke dag het hulle oor die bultjie aangekom en die hele dag tot donker by ons gespeel.
 Daar is nie n kind wat so lekker kan speel as die Boesmankindertjies (soos ons hulle destyds genoem het) nie. hulle leer ons gou klippies opskiet en vang en hulle doen dit verbystrend goed. Ons het so baie by hulle geleer oor die veld en die plante wat ons kan eet. Hulle het ons geleer uintjies grou en eet, Tulpe vleg, gom soek en eet,. Ons het by hulle geleer boomklim en met blikkies vasgemaak onder ons voete om te galop soos n perd.
In die aande was ons vuil, gesweet en pootuit maar ons weet more speel ons weer...die boesmankinders is tevrede, hulle stry nie en baklei nie met ons nie.
 Wanneer ons gaan sit het, op n stoel, kom sit hulle soos diertjies by ons voete op die vloer.
Een dag het een van die seuns vir ons geleer om duiwe te braai oor die vuur en ons het dit geeet. My pa was woedend en ons kon dit nooit weer doen nie. Ons het toe maar begin skaapkop braai in die donkie waarin die water warm gemaak is.

Vry, sonder vrees het ons deur die vlaktes gehardloop, gaan skaats op die kleigrond van die vlei na n goeie reenbui.

Maar toe...kom dit... alles het verander, ons het opgehou met hulle speel, ons lewens het verander, hulle mag nie hier ingaan of daar staan en ook nie hier sit of daar nie. Hulle is verskree en verwilder en ons het opgehou speel.
"Ma, waar gaan Outa Jan hulle heen?" vra ek nadat die geskree stil geword het.
"Hulle gaan weg ek weet nie waarheen nie, hulle trek."
" Ma, waar sal hy slaap vannag?"

Ek het uitgehardloop en gaan kyk hoe laai hulle hul skamele goedjies op die donkiekar en hoe ruk hy die teuls styf dat die donkies moet begin loop. Ek het gehuil want ek was lief vir hulle, vir Outa Jan, die kinders en vir Aia Ragel wat altyd die afval kom skraap het.
Nou na jare stap Gert hier in, ek sien die lag in sy oe, die plooie en die deernis en ek weet vir jou sal ek hou al kom sit jy net hier rond en ek kan vir jou n bord kos uitskep want dit is my versoening, my vrede, my boete doening met die verlede.