My Oogappel
Ek
het gisteraand my Bybel net oopgeslaan en begin lees, en ek moet erken
ek het hierdie al vantevore gelees, daar is eintlik onderstreep ook maar
nadat my Bybel vanoggend weer op dieselfde plek
oopval sonder dat ek 'n boekmerk daarin het, het ek besluit dit is die
boodskap wat die Here wil he ek moet met julle deel. Want, ek het in my
tuin gaan loop en bid en ek kan vir julle met eerlikheid se, hierdie is
wat die Here wil he ek moet skryf nadat ek gister so gal afgegaan het.
"Ek sal 'n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige
teenwoordigheid sal binne-in hom wees.' En dan verder aan 'Wie aan julle
vat, vat aan my oogappel."
En nog: " Juig Sion, wees bly! Ek kom, Ek gaan binne-in jou woon, se die Here."
Hierdie staan in Sagaria 2 en ek moet erkern dat ek nie dikwels is Sagaria lees nie., maar glo dat dit direk van God kom!
Ons wat kinders van God genoem word ...is Sy oogappel. om 'n kind van
God te word moet jy voor Jesus se kruis gaan kniel, of le sodat Hy jou
kan aanneem, jou sondelas kan verwyder en sodat jy kontak met Hom kan
maak. met 'n sondelas in jou kan jy nie God bereik nie! Bid aanhoudend
en met volle oorgawe om die Heilige Gees te ontvang. Sodra jy die
Heilige Gees ontvang sal Jesus in jou woon en die vuur binne jou sal so
sterk brand dat jy nie kan stilbly nie. Jy sal jou van die wereld se
dinge wil losmaak en saam met Jesus wandel. Sag 2 :11-13 se vir jou wat
sal gebeur en hoe om dit te ontvang. Glo dan dat jy dit ontvang het!
Wat so kosbaar is aan die stuk in Sagaria is dat dit baie jare geskryf
is voor die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2. Gaan lees
dit nadat jy Sagaria 2 gelees het en terwyl God dan met jou praat roep
na Hom. Wees oop om die Heilige Gees te ontvang.
Hoe wonderlik sal dit nie wees om te weet Jesus het 'n muur van vuur rondom ons gebou nie, 'n muur waardeur niks sal kan kom ons weg te raap uit Sy hand nie. So sou ek ook graag 'n muur rondom my kinders wou he, sodat hulle veilig moet wees en ook rondom my familie en vriende...besef julle dat as elkeen van ons die Heilige Gees ontvang brand daardie vuur binne ons.
Ja, ek weet dat Hy bedoel het dit is die Nuwe Jerusalem en die uiteindelike woonplek van Sy kudde maar Hy sorg dat daar so 'n beskerming rondom ons is, wanneer ons aan Hom behoort. Niks kan ons uit Sy hand ruk nie.
Wonderlike boodskap mammie
AntwoordVee uit