Woensdag 14 Augustus 2013

BLOED EN KLIPPE

DIE HEMEL IS MY TROON
EN DIE AARDE DIE RUSPLEK
VIR MY VOETE, SE DIE HERE
WATTER SOORT HUIS SAL JULLE TOG VIR MY BOU
OF WATTER PLEK AS MY RUSPLEK?
HET EK NIE SELF AL HIERDIE DINGE GEMAAK NIE?

Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan.
Ons God is so groot dat ons dit moeilik vind om te verstaan. God weet dat dit vir ons onmoontlik is om sekere dinge uit te voer. Hy ken ons beperkinge.
Hy se in bogenoemde vers "watter soort huis sal julle tog vir My bou?"
Ons kan God nie in n gebou toebou of n gebied afbaken en hom daar laat woon nie, Hy is oral, Hy se self hy het alles geskape.
Wees vry om God oral en ter enige tyd te aanbid. Jy dra Hom saam binne in jou!
Jesus het opgestaan en sit aan die regterhand van God die Vader.
Jesus gee so baie om vir ons hier op aarde, Hy sien wanneer ons in moeilikheid verkeer.

TOE HET HULLE HARD GESKREEU EN HULLE ORE TOEGEDRUK. SOOS EEN MAN HET HULLE OP HOM AFGESTROM, HOM UIT DIE STAD GESLEEP EN GESTENIG.
Jesus het dit gesien, Sy volgeling Stefanus was nie alleen nie want toe Stefanus opkyk Hemel toe STAAN Jesus langs die Vader. Hy het opgestaan en nie bly sit nie...Hy het opgestaan omdat Hy gesien het Stefanus word gestenig.

TOE HET HY OP SY KNIEE NEERGESAK EN HARD UITGEROEP: "HERE MOET HULLE TOG NIE HIERDIE SONDE TOEREKEN NIE!"

julle moet n vreudevolle dag he en onthou Jesus kyk na julle, hy sien waardeur jy gaan. Onthou as jy in n lewensgevaarlike situasie beland...dink aan Stefanus.
ROEP HARD GOD SE NAAM!
Like · · Unfollow Post · · 10 minutes ago

Dinsdag 06 Augustus 2013

BOTTERBLOMVREUGDE

TOE AL DIE LEDE VAN DIE RAAD STIP NA STEFANUS, KYK SIEN HULLE DAT SY GESIG SOOS DIE VAN N ENGEL LYK. Hand. 6

Ek was gister op Luckhoff verby alles gestap wat ek so goed as kind en ook grootmens geken het. Ek was so baie jare weg, maar my voete vind gou weer die padjies. Ek het bo-op die bultjie gaan staan en na die kerk afgekyk waar ek gedoop is, getroud is en my twee oudste kinders is ook daar gedoop. Nostalgie het gedreig om my te oorweldig, ek het vir God gese:" Here ek is weer hier." So asof ek hier hoort het dit sommer vanself oor my lippe gekom. Ek het verder gestap verby die huisie waar ek tuisgegaan het vir my eerste twee skool jare. Dit lyk maar nog net so, so n paar keer seker bietjie geverf en opgeknap.
Heerlik by n vriendin gaan kuier wat ek hier op Vanderkloof geleer ken het. Sy het die huisie gekoop waar PIETER FOURIE die dramaturg en skrywer groot geword het. Ons het gekuier asof ons mekaar jare laas gesien het. Later het ons twee sommer so deur die dorp gestap na die winkeltjies toe...en daar langs die paadjie deur die veld sien ek nog n regte BOTTERBLOM. Hy staan daar tussen droe gras en bosse en steek sy helder sonskyn geel gesiggie op na bo. Hy se dankie vir die Here dat hy n kans gegun is om te blom en sy saadjies in die dorre aarde te laat val.
HET JY AL DAARAAN GEDINK, HOEKOM HET GOD DIE KLEINSTE BLOMMETJIE SO VOLMAAK GESKAPE, SO N HELDER KLEUR GEGEE, JA NATUURLIK IS DIT OM DIE BYE TE LOK MAAR EK DINK OOK OM HOM TE VERHEERLIK!

LAAT JOU GESIG SKYN VAN JESUS LIEFDE SODAT ANDER VERSTOM SAL STAAN EN VAN JOU SAL SE: " Het jy gesien hoe straal haar of sy gesig.!"

Dankie Here dat ek weer hier op my plek kan wees, Hier waar ek my eerste tree gegee het en hier waar ek U die eerste keer leer ken het. Amen