Sondag 27 April 2014

HIERDIE WEEK IN DIE NUUS



Hierdie week se nuus gaan alles insluk, alles oordonder en alles toesmeer... ons gaan oor en oor hoor hoe goed hierdie een was die afgelope aantal jare en hoe sleg daardie een was dieselfde aantal jare.
Geen ander nuus gaan belangrik wees nie...
Van Oscar en Reeva gaan ons vergeet...
Steve se nuwe boek en al sy sondes gaan doodstil le en wag...
Dozi en Adam Tas sal moet wag..... iewers...
want hierdie is die belangrikste "event" van die jaar
DAAR IS NIEMAND EN NIKS MEER BELANGRIK AS DIE OU OP DIE VERHOOG WAT SO SKREE NIE.
Die ambulanse ry nog
die taxi's jaag nog voor mekaar in
die hospitale is vol...die tronke se deure slaan nog toe.
MAAR DIE MAN WAT SO SKREE OP DIE VERHOOG GAAN NET AAN
Daar le dooies in stegies, kinders krap in vullisblikke toilette staan verstop
mense dra water aan en loop ure en ure...waar gaan hulle heen?
Net een ding is hierdie week belangrik, net een ding word gedoen, net oor een ding word gepraat.
HY BELOWE AAN DIE ARMES, MEER SPOELTOILETTE, MEER SKOLE MEER HANDBOEKE EN REGVERDIGE EKSAMENS.
"Waar loop jy heen?"
"Ik gaat stem"
"Ag sal dit help...om te stem?'
"Ik wetie maar ek gan maar vir daai ou stem want hy praat darm sense"
"wat belowe hy?"
"Hy se as ons vir hom stem sal dit baie beter gaan met ons paaie, ons brue ons hospitale en kinders..."
"Wat se hy, kry ons wasmasjiene..."
"Wragtie ek wetie maar dit gan so goed gaan ek koop sommer self een."
"Hey Sussie vir wie gaat jy stem?'
"Ek weet noggie, ek dink ek stem maar vir die HERE, want HY belowe en dan hou Hy daarby."
So stap hul stembus toe...
VIR WIE GAAN JY STEM HIERDIE WEEK?
Ek gaan beslis ook vir die Here stem want in OPEN 7:9 staan daar dat ons op die ou end almal tog maar vir HOM gaan stem...


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking