Dankie Here vir u volmaakte dag,
dankie dat ek kan uitstap die lug aanskou
U alomteenwoordigheid
ook hier by my, hier waar ek woon
en werk
U stap die pad saam met my
al is dit rof en vol rotse bly
U my hand vashou.
Nooit hoef U dit te doen nie,
nooit hoef U nader te staan,
of my naam te ken nie,
nooit is daar gese, gevra, geroep
omhoog na U toe ek gebore is nie.
nogtans ken U my, ken U my naam,
ken U my denke, my gaan le
en opstaan.
U wat spreek en daar's LIG, U wat praat
en die sterre borrel oor U lippe
U wat die berg gaan haal
en die see oopkloof
U is my God en het
my naam
geskrywe in U
hand.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking