Dinsdag 21 Februarie 2012

GAT IN MUUR

EMIGREER; dit is nie maklik nie, en verg baie moed, geld en deurstettingsvermoe...daar is baie wat gedoen, afgehandel en reggekry moet word, om nie eers te praat van die pak nie! Ek het twee keer dit nou al beleef...

In Esegiel 12 staan daar dat die Here met Esegiel gepraat het oor die Israeliete wat 'n weerbarstige volk is en dat hy, Esegiel sy goed moet vat en gaan... hy moet 'n gat in die muur breek en in die nag weggaan. Dit het my daaraan laat dink, ons kinders wat nou in die buiteland woon is ook half soos ballinge...hierdie het ons gedink is ons s'n, nou is ons vreemdelinge hier...

Albei die kinders van my, wat daar is(dogters) is hier twee keer beroof van hul beste besittings en my skoonseun moes die trauma van 'n gewapende roof deurmaak. Hulle het naelskraap elk 'n skaking ontkom. Dit was nie maklik om die besluit te neem om te gaan nie, hulle moes ook 'n gat in die muur, wat hul hier gehou het, breek en gaan. Die opdrag aan Esegiel was om net dit te vat wat hy wou vat, die res agterlaat en te gaan. Presies soos wat dit met almal wat emigreer gaan.

Ons kan dit ook geestelik sien...dat God ons wil wegvat van iets in ons lewens wat ons weerhou daarvan om volkome aan Hom te behoort. Omdat dit die tweede keer is dat God Esegiel vir my gee as boodskap het ek besluit om dieper daarna te kyk.

BESLUIT WIE JY WIL DIEN DIE HERE OF DIT WAT JOU TERUGHOU! MOENIE DEEL WEES VAN WEERBARSTIGHEID NIE, DIEN JOU GOD! Eseg. 12:2 Hulle het oe om te sien, maar hulle sien nie. Hulle het ore om te hoor , maar hulle hoor nie.

Sondag 19 Februarie 2012

NUWE JY!

MOENIE GOD ONDERSKAT NIE. Ek se dit altyd, daar is 'n groep of beweging wat glo alles is mooi en reg en alles is net liefies en dierbaar en dat Jesus alles sal 'smooth' maar ek voel ook altyd en die Bybel se dit vir ons; God wil he ons moet reg en opreg lewe, hoekom sou Hy dit herhaaldelik se as dit nie belangrik is nie?

ONS DADE KAN NIE RED NIE. Dit wat ons doen vir die kerk kan nie ons red nie, dit wat ons vir ander doen kan nie ons siel red nie. JA MAAR HY WAS 'N GOEIE OU, HET 'N OOP HAND GEHAD EN SO BAIE GEHELP. Mooi. dit is reg, help ander, sien om na die wees en die wedewee MAAR dit kan nie jou siel red nie! Jou dade en voorbeeld om goed te doen kan dalk jou kind red wat dink...my pa het so en so gemaak en dan kom hy op ou end by Jesus uit. MOET JOUSELF NIE FLOUS JY MOET BY JESUS UITKOM!

WORD STIL BY SY VOETE...wees 'n Maria, wees lief vir God en kom by Jesus uit! Vandag nog...besef vandag nog hoe LIEF JESUS JOU HET, HY HET VIR JOU GESTERF. Hoe doen ons dit...deur Bybellees en bid! So baie mense het al vir my gese: EK GLO NIE DAARAAN NIE! Ek kan vir jou se, die oomblik wat jy erken jy glo dit nie, is jy besig om op die regte pad te beweeg, dit wys dat jy daaroor dink. MAAR DIT IS NIE GENOEG NIE!

Die Heilige Gees werk in ons, maak ons bewus, help ons om die deur oop te maak vir Jesus...dink daaroor as jy nie in Jesus glo nie...verloor jy geweldig baie, jy verloor die beste vriend wat 'n mens kan he; jy verloor iemand wat bereid is om jou voete te was; jy verloor iemand, 'n vriend wat bereid was om vir jou te sterf; jy verloor die ewigheid, die wonder van die ewige bestaan saam met jou KONING JESUS JY VERLOOR JOU LEWE. My vriend kom buig nou jou hoof en se net hierdie woorde agter my aan: HERE, ALMAGTIG GOD, SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE VERGEWE MY EK WAS VERKEERD, NEEM MY ASB AAN EN MAAK MY U KIND. HERE JESUS CHRISRUS EK WIL SAAM MET U LEEF TOT IN EWIGHEID, AMEN. Dankie Jesus!

Saterdag 11 Februarie 2012

MURE VAN OPAAL

As Jesus jou ken het jy toegang tot waar Hy vir jou plek berei het.

Elkeen van ons het 'n prentjie van hoe die Hemel en God lyk. Elkeen se prentjie is waarskynlik anders en sal dus vir sommige 'n groot verrasing wees wanneer ons dit met mekaar deel. My prentjie wat ek van God het kry ek uit die woord maar ek het al vreemde dinge gehoor wanneer ek mense daaroor uitvra...baie interessante onderwerp.

In Jes. staan daar dat God se kleed die hele vertrek of saal vul en in Open. word daar gese hoe die Hemel lyk. Open 21: 18 die muur is met opaal gebou en die stad self met suiwer goud wat soos 'n skoon spieel lyk.." dan verder word die pragtige stad beskryf met half edelgesteentes oral gebruik van die fondament tot die poorte van twaalf perels. Ons God woon in hierdie wonderlike stad.

Wanneer ons na God toe gaan, ontmoet ons hierdie Koning en ons sou iets vir Hom wou saamvat. In Miga 6 :6 staan daar : "Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoe God gaan kniel?"
Moet ek met offers na Hom toe gaan, met jaaroud kalwers?
:8 "Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Dit is die offer wat God van ons vra. Leef vir Hom en ken Hom in alles, getuig van Hom en probeer so lewe dat ander kan sien, jy is Sy kind. Is dit nie wonderlik dat God nie van ons perels of goud en wierrook vra nie maar net om vir Hom te lewe, net om te se: Ja, Here ek glo, dat U aan die kruis gesterf het vir my verlossing uit hierdie sondige bestaan op aarde.