Maandag 03 Augustus 2015

DIE WAARHEID ...

Ek skaam my vir die mensdom en ook vir myself, hier lees ek in Johannes 8 en 9 weer die verhaal van die blinde man wat Jesus Christus gesond gemaak het. n Bietjie klei waarop Hy gespoeg het en n bad in Siloam. Dit is al. Hy het geen voorskrif gekry en pille gedrink nie, hy moes hom net gaan was.

Ons betwyfel God se alvermoe. Ons dink dat al hierdie stories in die Bybel opgemaak is en dan glo ons nou kastig nie.
Die eintlike ding is dat ons iets van onsself dink, ons dink ons weet beter as God. Baie haak vas by Noag en kom nooit by Jesus uit nie.
Daar staan in die Woord dat die Fariseers ook die blindeman en sy familie ondervra het, sou ons dit nie ook maar gedoen het nie?
Ek glo in wat ek in die Woord lees. Die wat dit nie glo nie lees in elk geval nie regtig wat daar staan nie, nee hulle glo die Internet of enigiets anders maar tog net nie die Bybel nie.
As ons nie in sekere gedeeltes wil glo nie,waar trek ons die streep, so ons dink meer van onsself as die Woord van God.

God is n soewereine God so groot ons menslike verstand kan dit nie bedink nie, hoe kan die mens so stiksienig wees om dit nie raak te sien nie. Alles in die skepping was volmaak, die mens het alles kom opfoeter en is nogsteeds besig.


Jesus Christus is deel van God, daar se Hy dit weer in Johannes 8 vers 58. Hy was voor Abraham alreeds daar.
Ek het my kinders die kinderbybel voorgelees maar ek het baie later in my lewe werklik vir Christus geleer ken. As hulle hierdie lees na my dood moet hulle weet ek het ook maar nie geweet nie.
Nou weet ek wie die christus was, ek weet wie God is en hoekom ons Hom maar net moet loof en prys. Selfs dit het ek nie verstaan nie.
Terwyl Jesus wegstap sien Hy die man raak wat van geboorte af blind was. So half terloops, as jy fyn oplet sal jy agterkom Hy het van die man geweet. Gaan lees Joh 9:3.

Christus weet waar ons is, wie ons is en wat ons doen. Hy is in die Hemel en ons op die sonde besmette aarde. Alles moet eers volbring word voordat ons hier uit die gemors sal kan vertrek na Hom toe.
Die Fariseers het gedink Christus is n profeet en dat Hy maar net profeteer. Jesus geweet hulle gaan so optree. Hy weet alles.
Maak jou hart oop vir Jesus en glo maar eerder die regte ding, want ons het geen rede om iets van onsself te dink en nie in Hom te glo nie.