Saterdag 21 Januarie 2012

GENOEG IS GENOEG

GENOEG: Vroeg staan sy op, maak reg en gaan saam met die ander vroue uit met haar kom(skottel) om te soek na dit wat daar sal wees vir hulle om te eet. Sy steek vas toe sy die wolk opmerk wat laag oor die kamp hang en digter word om die kamp. Sy tel haar rok op tot by haar enkels en stap vinniger na waar die ander vroue staan en gesels. Elkeen met 'n houer soos hul beveel is om te doen.

Dan lig die wolk en trek stadig weg van die kamp af. Sy snak na haar asem, van die ander vrouens roep mekaar en hulle lag van ongeloof! Hulle begin dadelik van die wit vlokkies optel volgens wat hul nodig het. Sy tel net 'n bietjie op want dit is maar net sy en haar man. Die vrou langs haar het vyf kindertjies en moet baie optel. Sy hou van die witvlokkies in haar hand en laat dit deur haar vingers val in die kom wat sy in die bak van haar arm vashou. Dit is ongelooflik!

Nadat almal genoeg opgetel het en hulle dit afmeet, was dit vir elkeen genoeg, soveel as wat hul nodig het vir die dag. Elke oggend staan hul vroeg op en maak van die vlokkies bymekaar, net genoeg vir elkeen se behoefte en net genoeg vir daardie dag. 'n Maat afgemeet...

Sommige van die vrouens het nie geglo en geluister en van die vlokkies laat oorstaan tot die volgende oggend nie ...dit het sleg geword en oneetbaar.

God het vir die ons manna gestuur...dit is wat Moses gese het, ons moet net genoeg optel en dit nie laat oorstaan nie...dink sy toe sy hoor wat het met die ander gebeur. Dit is tog duidelik dat God wil he ons moet Hom gehoorsaam.

Dan kom die son op en sy staan verstom en kyk hoe smelt die vlokkies weg tot niks...

God voorsien nou nog in ons daaglikse behoeftes, volgens die maat wat ons benodig.
Wees dankbaar vir dit wat God vir jou gee en probeer dit gebruik na die beste van jou vermoe. Wanneer God sien met watter gesindheid jy leef ontvang jy dalk dubbeld soveel. Onthou tog net dat ons oe gerig is op wat ons na hierdie lewe gaan ontvang, hierdie goed wat ons hier bymekaarmaak, smelt weg tot niks.

Dinsdag 17 Januarie 2012

'N GESKENK

"n Geskenk is darem 'n wonderlike ding! Ek kan gewoonlik nie wag om 'n geskenk oop te maak nie! Asof ek nogsteeds klein is ruk ek die papier af om te sien wat dit is. ek is altyd bly oor enige geskenk wat ek ontvang en kry baie swaar as ek op 'n dag daarvan moet afskeid neem, omdat dit my herinner aan die persoon wat dit vir my gegee het.

Soms gee mens 'n geskenk omdat jy vriende wil maak, of dankie wil se of sommer net se; ek hou van jou. Daar is geskenke wat met groot sorg uitgesoek en met groot oorleg gekies word omdat die persoon baie spesiaal vir jou is. Dink maar aan 'n verloofring, met hoeveel sorg dit gekoop, gebere en gegee word!

Ons het almal op 'n dag 'n geskenk ontvang; en weet jy die slim mense se dat as jy nie met dankbaarheid 'n geskenk kan ontvang nie, kan jy ook nie Jesus se geskenk ontvang nie. WAT IS JESUS SE GESKENK AAN ONS? HYSELF IS ONS GESKENK.

Het jy al ooit daaraan gedink dat indien Jesus Christus nie gekom het en vir ons kom sterf het nie, was ons nogsteeds vasgevang in die offerandes bring vir vergewing van sonde! JESUS WAS ONS GESKENK VAN GOD DIE VADER SODAT ONS SONDE VERGEWE KAN WORD INDIEN ONS DIT BELY. GAAN JY HIERDIE GESKENK OOPMAAK EN WAARDEER?

Daarom moet ons baie mooi oor hierdie vers gaan dink: " Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God 'n offer van lof bring, die lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dit is die offers wat vir God aanneemlik is." Hebr 13:15-16

Sondag 15 Januarie 2012

ABSOLUUT

For everything, absolutely everything, above and below, visible and invisible... everything got started in him and finds its purpose in Him. Col 1:16

Hierdie vers tref my altyd en laat my 'n wyle van balans af, ons weet God het alles gemaak, ons weet alles het deur Hom ontstaan maar so met die gang van die lewe vergeet ons bietjie daarvan, ons vergeet dat niks vir Hom verborge is nie, ons vergeet dat Hy 'n mens kan skape uit so te se niks! Daar is "visible and invisible..." waarvan ons waarskynlik onbewus is, ons leef hier op aarde asof die aarde ons nodig het, en nie ons hom nie! As daar nie 'n God was nie en ook nie 'n aarde nie, was ons nie geskape nie en sou niks bestaan het nie...ons is hier omdat God hier is, ons doel op aarde is alleenlik om God te behaag.
WAT HET JESUS KOM DOEN? Jesus was die lig wat sou kom in die wereld, Hy sou die duisternis wegvat, die sonde doodmaak en ons vrywaar van die ewige dood. ons onthou mos die sonde van Adam en Eva en die paradys...soms maak ons grappies hieroor maar vir God was dit nie 'n grap nie! Hy moes sy seun offer om dit reg te stel. JESUS HET DUS die belofte van God aan Abraham, kom voltooi. God het gesien Abraham is opreg en het met hom 'n ooreenkoms gesluit dat hy, Abraham die voorvader van 'n groot menigte sou word Gen 12:3 In jou sal al die volke van die aarde geseen word. -DIT IS WAT JESUS KOM DOEN HET, HY IS UIT HIERDIE GESLAG VAN ABRAHAM GEBORE... HY IS DIE LIG WAT SOU KOM, HY HET ONS VRYGEMAAK VAN DIE SONDE; HY IS ONS EWIGE VERLOSSER EN ONS JUIG OOR HOM.

GOOI MY!

Wanneer jy moedeloos is, moeg vir die lewe, te moeg om jou arms op te tel, net wil wegkom van alles en almal dan is jy op dieselfde plek as waarvan ek 'n paar dae gelede gepraat het. Onthou as ek dit hier vir jou se wys ek nie 'n vinger nie, ek oordeel jou nie, want ek het al baie keer so gevoel. kom ons noem dit die spoelklip- gevoel.

Ek kan vir jou se tel jou kop op en gaan aan...eerste klip, of ag nee wat, dit is nie so erg nie, kom nou jy moet aangaan... tweede klip en die derde klip waarmee ek jou kan gooi is, die Here hou nie hiervan nie, staan op en gaan aan, of ruk jou reg. Daardie klip van ruk- jou- reg is so groot hy plof sommer al hier teen die kant van die dam in.

Al daardie klippe is al na my geslinger en weet jy ek dink hulle het my getref en nooit die water nie. Gelukkig het ons baie verwysings in die skrif na daardie gevoel. Job 3.1 Kon 19. Selfs Paulus het moed verloor en Jesus self het gebid dat die beker by Hom moes verbygaan. Daarom kan ek met vrymoedigheid vir jou se, jy is nie alleen nie. Wanneer iemand jou weer met een van die gladgevryfde spoelklippe gooi, maak jou oe toe en vra: Jesus moenie my alleen hier laat staan nie.

Vir my is al die spoelklip gegooi van: dit is omdat jy dit toelaat dat dit so met jou gaan. Weet jy ek het hom agterna gaan optel, goed bekyk en opgemerk hoe blinkgevryf hy is. Dit is maklik om iemand met 'n spoelklip te gooi wat jy jare al in jou binnesak dra.

Elia was verby depressief en wou dalk vir almal wegkruip daar in die woestyn, maar God het geweet waar hy is en 'n engel na hom gestuur met kos. Gaan lees maar self die stuk en dan staan jy 'n oomblik stil by 1 Kon 19 : 11-12.
Elia het gevlug want mense wou hom doodmaak maar God het nog 'n opdrag vir hom gehad. God gaan jou nie uitlos nie want jy is vir Hom belangrik, Hy het nog vir jou 'n opdrag.

Koes vir die klippe, mense gooi graag die wat half gebukkend loop van seer. Jesus het op die grond geskryf en vir die omstanders gese: "Die een wat sonder sonde is moet die eerste klip gooi." Daarom wat mense te se het is eintlik van geen waarde nie, hulle self sal dit moet verduidelik aan Hom wat op die grond geskrywe het.
·

Maandag 09 Januarie 2012

DIAMANTBELOFTE.

Hy sit op die grond en vee met sy plat hand oor die sand...fyn sand wat met die spruit afgespoel is en deur die water hier uitgespoeg is. Die water het laas jaar dit hier kom gooi, hierdie jaar bly die reen weg en hy maak sy oe skrefies teen die son. In die verte sien hy 'n man aankom... snaaks want hier kom nooit mense nie!

"Ek het 'n boodskap vir jou.." se die vreemde man. Lukas staan op, hy sukkel al so 'n bietjie want die jare begin tel
"Wat is jou boodskap?." Hy is ongeduldig en vee met sy voet die skrywe op die grond dood.
Die ander man trap so 'n bietjie rond en staan dan stil, voete bymekaar.
"Dit is 'n woord van die Here af."
"Hoe weet jy?"
"Hoe weet ek wat?"
"Hoe weet jy dit is die Here wat dit gese het, en nie jou eie kop wat dit uitgespoeg het nie?"
"Ek weet, want ek is 'n kind van die Here en Hy praat met my..."
"Die een wat dit vir my kan laat hoor, gee ek 'n diamant..."
"Voor die Here moet mens nie sommer 'n gelofte afle en dit nie doen nie..."
"Nou kom, laat ek hoor hoe praat Hy en ek gee jou waaragtig 'n diamant." Lukas kyk op in die lug, bly 'n ruk lank stil.
"As, jy vandag met die Here praat en dit reen vanaand en as Hy met my praat sodat ek weet dit is Hy, gee ek jou 'n diamant."
"Het jy een?."
"Een wat?"
"'n Diamant."
"Nee, maar ek sal een kry..." Lukas bly stil en wag. Die boodskapper gaan eenkant en bid. Na 'n lang ruk kom hy terug en se: "Die Here, se dit sal kom reen."
"Julle ou klomp idiote! Julle kyk al vir jare maar niks gebeur nie..."

Die boodskapper draai om en begin loop in dieselfde rigting waarvandaan hy gekom het, teen die son in. Na 'n paar tree gaan hy staan en draai om: "Wil jy nie weet wat het God vir jou laat weet nie?" Hy staan nog met sy hoed teen sy bors, net soos hy gebid het, daar onder die boom.
"Ag, ek weet nie, se dan... wat staan jy so soos iemand wat 'n donkie soek om te ry en nie weet of hy wil of nie?"
"Gaan jy die diamant gee?"
"Ek sal, as ek weet dit het waar geword."
"Die Here het vir my gese jy moet saam met my die Woord verkondig onder die mense en dat jy nou saam met my moet gaan om te gaan leer."
"Nee, ek glo nie eers daar is 'n Here nie. Hoekom ek?"
"Ek weet nie, al wat ek gehoor het is jou naam en dat jy saam met my moet kom."
"Hoe weet jy dit is ek, ek ken jou nie eers nie!"
"Ek weet want die Heilige Gees het my hiernatoe gebring."
"Loop! se ek jou! Loop hier weg!"
"Onthou jy het voor die Here vir my 'n diamant belowe."
" As ek Hom hoor praat en as dit alles waar is en as dit vanaand reen..."

Daardie aand reen dit dat Lukas emmers onder al die gate in sy kamer se dak moet uitsit, later is die emmers vol. Hy gaan haal die badskottel en maak die emmers leeg... Dit word 'n nag van emmers uitgooi, badskottel uitbooi en weer en weer.

Dit reen tot dagbreek...hy moes aan die slaap geraak het en skrik wakker toe die kapokhaantjie begin kraai... dit drup nog in die emmers, vol tot by die rim.
Hy staan op en probeer om die parafien primus aan te steek, hy sukkel en sukkel, die ding wil nie brand nie. Natgereen!

Daarna reen dit vir dae aaneen, sag en deurdringend, soos die draadloos se. Lukas sit rond, hy het niks om te doen as dit reen nie, want sy werk is buite in die veld. Gister toe die wolke lyk of hul wil lig het hy uitgegaan en die skaap nader gebring, hier onder die bome in. Die lammers van 'n mofskaap is maar pieperig.

Hy probeer vuur maak in die stoof maar die hout is nat en dit smeul, sy oe brand van die rook wat terugborrel. Deur die rook sien hy iemand in die oop deur van sy huisie staan.

"Wie soek jy?"

Omdat Lukas so lank alleen woon en met min mense te doen kry praat hy net, hy dink nie oor sy woorde nie, dit val uit sy kop uit en oor sy lippe voor hy kan keer.

Die man praat nie. Hy loop in en kom sit op die stoel. Lukas se stemtoon verhoog toe hy praat: "Wat soek jy, se ek mos?"
"Ek soek vir jou, Lukas...ek het my boodskapper gestuur maar jy het nie saam met hom gekom nie."
"Wie is jy? Ek sal gaan waar ek wil en wanneer ek wil...niemand se my waar ek moet gaan nie!"
"Ken jy vir Jan Bandjies?"
"Nee..."
"Gaan soek vir Jan Bandjies en se vir hom hy moet saam met jou hiernatoe kom."
"Dit reen, ek loop nie in die reen en loop soek 'n man wat ek nie ken nie."
"Jy ken hom, hy was voor die reen, hier ..."
"As hy hier was, kan hy weer hier kom, ek loop nerens nie."

Lukas los die hout en die stoof, toe hy omkyk na die besoeker is hy weg. Lukas word yskoud toe hy sien die deur is toe en die man is weg.
"Ag laat hy loop ek bly net hier."
Dit reen 'n hele week aanmekaar, hy moet later sandsakke pak voor sy deur, die water stroom onder deur.
"Lukas..."
Lukas kyk op, wie praat met hom?
"Lukas..."

Die stem word harder en dringender, hy loop na die venstertjie langs die stoof... dit reen. Daar is niemand buite nie, hy stap na die deur en roep: "Praat maar, die deur is toegepak met sandsakke!"
"Lukas, dis Ek wat met jou praat, gaan soek na Jan Bandjies... ek het hom nodig."
Ergerlik antwoord Lukas: "Ek ken jou nie, en ek ken Jan Bandjies nie, ek loop nie."

Die stem vul die hele kamer asof die man binne is: "Ek ken jou...jy ken my nie want jy wil My nie ken nie."

Daarna is dit stil...Lukas draai om na sy bed asof iemand hom se om na die bed te kyk, op sy kussing le 'n brief...
In die brief staan net hierdie woorde...

Onthou jou belofte.

Onderaan die brief is geen naam nie, geen datum, net stilte... in die een hoek staan daar geskryf. Rigters 11:30-40.