Vrydag 12 Oktober 2012

Plannemaker

Dankie Here vir die nuwe dag, dankie vir die sonskyn, die plante, dankie vir vriende en familie en dankie Heer dat u altyd by ons is, maak nie saak wat nie! Amen

Die dag het soos enige dag begin, vroeg was hul alweer hier om iets te vra... "net koffie om tog die hart warm te maak." Ek het nie 'n koffieshop nie!

Gister het ek daaraan gedink, wat wil die Here he ek moet doen? Ek wil nie ongeskik wees met hulle nie, ek wil nie raas en soos 'n visverkoper op die hawe op hul skree nie! Wat vra ek jou ...wil God he ek moet vir die mense se wat aanhou en aanhou bedel! Ek se dit vir Cecile en haar antwoord was onomwonde: " Die Here ken mos noual hierdie mense." ons lag en daar bly dit.

'n Ruk later hier kom my getroue eerbare Planneman aangestap, gesels lekker met my en wil toe ook net weer leen. Ek vertel hom toe van die Here en dat as ons kinders van Hom is staan Hy reg langs ons! Sy oe rek so 'n bietjie maar ek gaan aan ek steek daar vir hom 'n preek af wat ek self oor verbaas is. Nou het ek besluit dit is wat ek gaan doen vir elkeen van hulle so preek en op die manier sommer my werk as christen doen. Ek sluit my preek teenoor die Planneman af met ek sal vir jou bid dat jy 'n vaste werk kry, Hy het my stom aangekyk, ek kon die skrik in sy oe sien. Net daar moes ek hoor hy is eintlik 'n man van vele ambagte en hy het eintlik sy eie besigheid. ( Seker maar net die stakings en ekonomie wat hom dan so druk.)

My mond val nou behoorlik oop van verbasing oor die versie in Spreuke 31:6
GEE DRANK AAN DIE WAT BESIG IS OM ONDER TE GAAN, LAAT DIE WAT SWAAR LY, DRINK; AS MENS DRINK, VERGEET HY VAN SY ARMOEDE EN DINK HY NIE MEER AAN SY MOEILIKHEID NIE.



Like · · · 12 minutes ago