Dinsdag 24 Junie 2014

DIE TAAL WAT EK KEN


Die eerste Afrikaanse Bybel word in 1933 gedruk en uitgegee.
Natuurlik besit die dominee op die dorp die eerste een. Baie mense is verbaas en nuuskierig.
Die Sondag na kerk staan Oom Piet Kromdraai op, almal wag, want hulle weet hier kom n ding! Die vrouens skuif hul hoede reg, kinders staan op en gaan sit dan weer.
Oom Piet se stem bulder deur die stil kerk met sy houtbanke, kanselkleed en hoe dak.
" Dominee,.. hier le n swaar ding vanmore op my hart... Dominee het nou vanmore uit die nuwe Afrikaanse Bybel voorgelees, maar ek wil beswaar maak, ek wil beswaar aanteken in die anale van die kerk."
"Broer, se Dominee, wat is op jou hart, ons luister."
"Dominee...ek se ons hou by die Hoog Hollandse Bybel want wat goed genoeg was vir Petrus en Paulus...is goed genoeg vir my."
Die gemeente is doodstil.
Agter in die kerk vlieg n jonger boer op en met sy hoed in sy hand, se hy: "Oom Piet gee tog net vir Dominee n kans om te verduidelik, dalk moet ons net eers luister die Woord bly mos maar die Woord."
Dominee staan verslae op die kansel: " Broers, broers ons kan in die konsistorie verder redeneer... die Woord bly die Woord... dit is waar."
Dominee lag stil agter sy hand...verbeel jou Hoog Hollands...

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking