Donderdag 31 Januarie 2013

FINALE PLAN VAN DIE PLANNEMAKER



Verlede Vrydag stap hy hier in. Wat nogal vir my altyd 'n verrasing is hoedat mens hier in die Sonskynland sommer ander se grondgebied mag betree en kom maak wat jy wil. Gaan se dit nou vir die geeerde Kommisaris van Ede en hy sal gou antwoord met nee: " dit is ontoelaatbaar Mevrou!" Wel in die elke daagse verloop van die lewe werk dit so! Solank as wat ek bietjie donker gebrand is deur die son en boonop nog alkohol ook gebruik het mag ek instap waar ek wil, se wat ek wil en doen ook net soos ek daartoe voel.

Die Planneman stap toe hier in en kom hou hom die baas van die plaas! Hy se vir my dat hy net die kante van die gras gaan sny met die "weed-eater" en dan moet ek hom gaan aflaai by die taxi-rank. My mond val oop soos ek nog wil verduidelik maar hy werk eers weer Maandag by my...daaraan steur hy hom min. Stap in die garage in om die masjien te kry.

Ek wat nog by die kombuisdeur gestaan het hoor die geskarrel daarbinne die garage en stap daarheen... hy is besig om in my vrieskas te grou! Ek beveel hom om daar uit te kom! Sluit die deur en bel die polisie. Soos ons polisie maar is kom hulle nogal gou, verduidelik aan my dat as ek hom in diens geneem het kan hulle niks daaraan doen nie! Ek, op my beurt verduidelik dat ek hom nie in diens geneem het vir hierdie dag nie, hy het net ingestap. Na 'n rukkie het hulle hom hier weg...baie teesinnig en onwillig...hulle doen dit met deernis. Praat toe met hom Sotho en dink ek kan dit nie verstaan nie.

Dit was Vrydag. Saterdagaand val ek weer vir die hoeveelste keer en daar word geskarrel om die bloeding te stop en steke te laat in sit. Ek kom'n dag of wat nie in die garage nie. Dit is bloedig warm en met my seer been bly ek meestal in die huis. Maandag laat spuit ek die Perskeboom teen vrugtevlieg en ons kry die klank...kan dit rotte wees wat gevrek het...ek het mos gif uitgesit. Ek het sommer geweet geen rot kan so vrot nie!

Gisteraand het ek net besef dit moet vleis wees wat Planneman uit my vrieskas gesteel het en weggesteek het om later te vat. Vanoggend 6h30 gaan soek ek dit, ek kry dit. Sit dit in 'n digte sak, stap die polisiekantoor binne. vertel my storie
met die wete daar sal niks van kom nie. Tog wil ek dit vir hulle se.

Twee konstabels hang aan die toonbank, le so half bo oor dit, seker omdat die meubels al redelik oud is moet dit houvas word. Agter die toonbank staan 'n vrou wat my help...sy staan regop want sy is so groot gemaak. Ek stap na 'n paar minute daar uit met die pakkie vrot vleis ( vier pakke skaaptjops) sit dit terug in my motor se bagasiebak en ry na die taxi staanplek, daar skryf ek op 'n kaartjie in hoofletters sy naam en onderstreep dit 'n paar keer.

Vanderkloof het baie klippe...was nie moeilik om een te kry nie. Ek het dit bo-op die pakkie neergesit, 'n rooi plastieksak. Iemand gaan dit kry en soos hulle gewoonte is om alles oor te vertel sal Andries die boodskap kry.

Die slot van die Planneman.

Dinsdag 22 Januarie 2013

BONSAI- GROOTTE

‎"n Bonsai laat my altyd dink hieraan en nou wil ek dit met julle deel. Wanneer jy gemanipuleer word deur iemand anders, moet jy uitkom na die son, jou kop oplig en die glans van die LIG ontdek. sprei jou arms wyd oop en vra dat Jesus Christus jou sal oplig uit jou siruasie sodat jy jou ware wasdom aan die wereld kan wys.
Solank jy in die siruasie bly kan jy nie werklik tot jou volle potensiaal groei nie, jy kan God nie dien soos Hy wil he jy moet Hom dien nie, want sien net soos die Bonsai word jou wortels geknip, jou takke ingeperk en soos jy ouer word groei jy skeef en krom. Nie net van buite maar die meeste van binne.
Die Bonsai op die foto blom baie mooi en ek is mal daaroor maar dit laat my altyd hieraan dink,
Hoe groot sou hy geword het en hoeveel mense sou in sy koelte kon skuil.
Lekker dag.