Vrydag 02 Mei 2014

KAKIEBOS EN KLITSGRAS.

Nog n dag, nog n Vrydag, nog n week verby waarin ek alleen was,
alleen met my eie gedagtes.

"Hier het nuwe mense langs my ingetrek." Wil ek vir iemand se.
"Hulle gaan braai vanaand." Wil ek byvoeg.
"Niemand kan so goed braai soos n afrikaner man nie". Se ek omdat ek weet dit is waar.
Die honde, drie van hulle, kyk my aan met vraende gesiggies.

Vanoggend stap ek so deur die sitkamertjie in my huis, ook maar klein en beknop...dink ek. Ek sien iets onder die teetafeltjie le en ek kyk en kyk.
Omdat my oe nie meer so goed is nie stap ek nog nader, buk af en verkyk my aan wat ek sien.
Dit is hoendervleis bo-op my mat!
Nouwaar sou hulle (die honde) dit kry. Ek het gisteraand die laaste lamsbredie warm gemaak en geeet.

Wat my soontoe geneem het weet ek nou nie meer nie, ek bevind my by die muur agter die huis tussen my en die nuwe bure. Ek kom min daar, wat moet ek daar doen, dit is die plek waar ons n komposhoop begin het.
Ek wou n gat in die grond he, sodat dit netjies lyk maar my niggie gee toe die goeie raad van: "Nee, mens maak n hoop dan kan dit van tyd tot tyd omgedaai word. Ek half teensinnig stem in.

En... dit is net daar waar die moeilikheid begin het, die bure stort nou al hul oorskiet kos oor die muur.
 Ek het gevra: "Wou julle dit vir die hondjies  gee?'.
"Ja." was knikkend die antwoord.
Ek verduidelik dat die twee hondjies al onderskeidelik 15 en 14 jaar oud is, hulle mag gladnie hoenderbene eet nie.
 Die ou klein hondjie vreet natuurlik voor die ander uit en slaap toe die hele oggend te lekker.

Ek is kwaad en ondersoek die hele spul. In my gedagtes weet ek, hulle het gedink... a lekker stortingsterrein by ons agterdeur.
Die gemors moet skoon en ek gaan haal n skoppie en tel op, gooi weg en ontdek pynappelskille in die verste hoek van my erf, brood, wortels, skille en stukke aartappel. Hondekos?
Dit is wat ek teen so n komposhoop het, elke lewende wese dink dan dit maak nie saak nie.
My brein is nou aan die werk hoe ek dit kan verander want so wil ek nie my agterplaas he nie,  maar ek het kompos nodig want die grond in die tuin is morsdood, niks wil groei nie, nie eers vetplante nie.
Kakiebos en klitsgras, ja die groei enige plek.