Vanoggend vroeg, toe ek die woonkamer se gordyn ooptrek, sit daar n babaduifie (miskien is dit n tiener) op die vensterbank in die sonnetjie. Hy/sy koester die sonnetjie wat begin skuins val want die seisoen het gedraai.
Omdat ek die tortelduifies van kindsbeen af ken, weet ek dat hy/sy wag dat die ma-duif hom moet kom voer (ons se maar dit is n hy). So n duifie, sal ure sit en wag en as die ma-duif nie weer kom nie, gaan hy dood of word gevang.
Die oomblik wat ek die duifie gesien het, het ek God gevra of dit my storie is vir vandag...
Ek het onmiddelik geweet dit is ...my storietjie aan julle vandag.
Met die blouste blou lug, die son wat skuins kom le oor die vallei, die helder pienk bougainvilla, die spieelblink water van die dam in die agtergrond, die berg wat vas bly staan, maak dit goed genoeg vir n ontsagwekkende oomblik met God as die ontwerper.
Die vertroue wat die duifie in sy ouers stel om terug te kom en hom te voer is my LES VAN GOD vanoggend...ONS MOET SO OP GOD VERTROU, soos die duifie sy ma vertrou., SO ABSOLUUT.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking