Vrydag 25 Mei 2012

My Oogappel

Ek het gisteraand my Bybel net oopgeslaan en begin lees, en ek moet erken ek het hierdie al vantevore gelees, daar is eintlik onderstreep ook maar nadat my Bybel vanoggend weer op dieselfde plek oopval sonder dat ek 'n boekmerk daarin het, het ek besluit dit is die boodskap wat die Here wil he ek moet met julle deel. Want, ek het in my tuin gaan loop en bid en ek kan vir julle met eerlikheid se, hierdie is wat die Here wil he ek moet skryf nadat ek gister so gal afgegaan het.

"Ek sal 'n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees.' En dan verder aan 'Wie aan julle vat, vat aan my oogappel."
En nog: " Juig Sion, wees bly! Ek kom, Ek gaan binne-in jou woon, se die Here."
Hierdie staan in Sagaria 2 en ek moet erkern dat ek nie dikwels is Sagaria lees nie., maar glo dat dit direk van God kom!

Ons wat kinders van God genoem word ...is Sy oogappel. om 'n kind van God te word moet jy voor Jesus se kruis gaan kniel, of le sodat Hy jou kan aanneem, jou sondelas kan verwyder en sodat jy kontak met Hom kan maak. met 'n sondelas in jou kan jy nie God bereik nie! Bid aanhoudend en met volle oorgawe om die Heilige Gees te ontvang. Sodra jy die Heilige Gees ontvang sal Jesus in jou woon en die vuur binne jou sal so sterk brand dat jy nie kan stilbly nie. Jy sal jou van die wereld se dinge wil losmaak en saam met Jesus wandel. Sag 2 :11-13 se vir jou wat sal gebeur en hoe om dit te ontvang. Glo dan dat jy dit ontvang het!

Wat so kosbaar is aan die stuk in Sagaria is dat dit baie jare geskryf is voor die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2. Gaan lees dit nadat jy Sagaria 2 gelees het en terwyl God dan met jou praat roep na Hom. Wees oop om die Heilige Gees te ontvang. 
Hoe wonderlik sal dit nie wees om te weet Jesus het 'n muur van vuur rondom ons gebou nie, 'n muur waardeur niks sal kan kom ons weg te raap uit Sy hand nie. So sou ek ook graag 'n muur rondom my kinders wou he, sodat hulle veilig moet wees en ook rondom my familie en vriende...besef julle dat as elkeen van ons die Heilige Gees ontvang brand daardie vuur binne ons.
Ja, ek weet dat Hy bedoel het dit is die Nuwe Jerusalem en die uiteindelike woonplek van Sy kudde maar Hy sorg dat daar so 'n beskerming rondom ons is, wanneer ons aan Hom behoort. Niks kan ons uit Sy hand ruk nie.

Sondag 06 Mei 2012

SLIPWAYS EN HIGHWAYS


Die Here het 'n man gemaak om wonderlike dinge te kan doen. Hulle kan brue bou, paaie maak, slipways en highways, hulle bou parke, kanale, verskuif soveel grond in soveel uur dat ek nie kan dink hoe kry hul dit reg nie. As die Here nooit 'n man so gemaak het nie, het ons nie monumente, paaie, spoorlyne en majestieuse geboue gehad nie! Ek bewonder mans en weet hulle is my een voor.

Ek is egter seker dat die Here geweet het toe Hy my geskape het, ek sal nie naby kom nie. Ek kan skaars 'n skoef indraai(gewoonlik skeef) ek kan nie prente ophang teen mure nie (daarom staan hul in kaste weggesteek). Ek kan nie slotte oopsluit as hul net effens weier nie, ek kan feitlik niks wat meganies is behartig nie! So hoe ek alleen sal regkom weet ek nie!

Wat ek wel kan doen is om goed weg te bere, so het ek noual goed gebere om my gedaan daarna te soek op ou end! Ek het gister hier ingevaar en goed uitgesorteer en in kartonne gepak om dit weg te maak, te verkoop of weg te gee. Dit kan ek darem doen:) het ek gedink!

Ewe vrolik wys ek vir my man en die kind wat hier bly my mooi boek wat my dogter gemaak het,  vol foto's van die familie.  Ewe opgewonde kuier ons, ek storm die gang af om by rekenaar uit te kom om nog foto's te soek. Soos 'n geweerskoot val ek oor een van die kartonne! Baie, baie hard. My bene op 3 plekke oop, ek bloei asof ek daarmee wil se:"Sien julle nou!" My gesig is blou, ek het klomp steke gekry!

Met die aankom by my huisdokter se hy grappende wys::" Vir wat het jy nie in Australie gebly nie...!" dit was naure en hy was moeg. Op sy eie dierbare manier werk hy die gate toe!

Nou vra ek myself waarvoor is ek goed!?  Hierdie vraag was vroeer vir my 'n meulsteen om my nek maar ek het daarmee vrede gemaak, ek het drie pragtige kinders met mooi maniere groot gekry(was ook 'n gesukkel;) en ek kan voor 'n rekenaar sit en met julle gesels. So het die Liewe Vader geweet om vir my te laat aanhou lewe totdat ek die voorreg het om 'n rekenaar te kry.

Ons vrouens is gemaak om mense te voed, te klee en te versorg. Ons kan klein dingetjies maklik doen(behalwe 'n fles oopskroef)
 So ek wou net se:"My bene is albei toegedraai in verbande maar my hart juig oor my God!"

NUWE KLERE

HIERDIE WOORD HET EK GISTERAAND GEKRY: Dit was 'n sms wat uit die bloute aan my gestuur is en ek het dit dadelik gaan opsoek en gelees.

Judas 1: 20 -25 " Julle geliefdes (en dit is vir ons bedoel), moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. :21 Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee."

In Judas 1:22 lees ek van die vuil besmette klere en hoe God dit verafsku...ek blaai toe na Sag 3 en lees hierdie ongelooflike boodskap! Ek kry in die AMP. BIBLE die verw van SAG 3.

In Sag 3:3 staan daar!: "Trek uit die liederlike vuil klere van hom!" Dan staan daar(Reguit sonder verdoesel) "Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek."

My hart juig tot God toe ek hierdie woorde lees! Is dit nie net ongelooflik nie, onthou om jouself in die Woord in te lees...met ander woorde bring dit op jou eie lewe van toepassing...

Met die laaste oordeel gaan God in die regterstoel sit en Hy gaan besluit wie nogsteeds gered gaan word en wie nie. Hyself sal opdrag gee dat ons vuil besmette klere verruil word vir skoon nuwe klere. En...ek kan jou verseker as ons bereid is om ons sonde te belei en glo in die Almagtige God sal Hy vir ons nuwe klere gee!

Open.6:11 Aan elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee, en daar is vir hulle gese om nog 'n rukkie te wag..."