Die dagbreek le teen die horison en lang goue strale kleur die werf, ek staan buite met 'n kommetjie koffie in die hand. Niks word hier gesluit nie en ek het vroeg opgestaan om in die kombuis 'n koffietjie te gaan maak. Meneer Bann is nog nie buite nie, so ek gebruik die rustige paar minute vir meditering. Ek begin huistoe verlang, ek wonder hoe dit met my Labrador gaan en of daar werklik na alles omgesien word soos meneer Bann gese het. Terwyl ek die son dophou wat sy kop uitsteek en na die hoendertjies kyk wat al lankal skrop en kos soek, natuurlik klein soos ons kapokhoendertjies, onthou ek iets wat meneer Bann gister gese het, hy het gese dat hy my pa goed ken, in die teenwoordige tyd asof hy nog lewe...
Ek gaan sit op die houtbankie wat voor my kamer staan en ewe skielik hoor ek 'n hond blaf, ek het nog nie vantevore agtergekom hier is honde nie. Dan word dit duideliker en ek staan op, ek herken die blaf...en stap vinnig oor die werf om te kyk waar is die hond. In die pad wat voor die erf verbyloop gaan staan ek en kyk rond, dan skielik asof uit 'n sprokie kom Labby na my toe aangeharloop, die kenmerkende vrolike vriendelikheid self, onbetwisbaar hy. Ek vryf hom en se troetelname wat net hy behoort te ken, hy reageer elke keer, maar ek is nie heeltemal oortuig nie want na alles wat ek deurgemaak het die afgelope paar dae, verwag ek enigiets.
Met die terugstap kom meneer Bann na my toe aan. "Is jy nou tevrede?." Ek kyk hom ongelowig aan: "Wat bedoel jy, is dit werklik my hond?." Ek buk af en kyk na die naamplaatjie aan sy nekband... EK BEHOORT AAN ANDRE PRETORIUS, PLOT 9B, VLAKFONTEIN ... werklik dit is waar! Oorstelp van vreugde en verbasing vryf en speel ek met hom, kan dit wees! Wel dit is darem iets van my eie.
Meneer Bann draai saaklik na my en se dat ek vandag weer na die koning gaan maar hy gaan saam omdat daar dringende sake is waaraan aandag gegee moet word. Ons moet vinnig iets eet en regmaak, daar gaan 'n hele paar belangrike mense teenwoordig wees.
Labby loop saam terug en asof hy die plek ken gaan maak hy hom voor die vuurherd tuis. Die glans van die vuur laat sy pels blink en gee dit 'n goue skynsel. Ons kry 'n heerlike groot ontbyt met geposjeerde eiers en sampioene. Mnr Bann verduidelik dat hulle self die sampioene kweek in die kelder en dat hy my nog sal wys. Labby stap saam kamer toe terwyl ek was en skoon aantrek le hy rustig op die mat voor my bed. Ek gesels met hom soos my gewoonte maar altyd was.
Labby mag nie saam na die koning toe gaan nie en bly tevrede agter. Hy het baie nuwe dinge om deur te snuffel. Die koets en paleis is gelukkig alles nog dieselfde. Ek kry partykeer nog die gevoel dat alles gaan verdwyn en ek my weer in my eie tuin gaan bevind. Weer dieselfde wagte en dieselfde lakei alles presies soos die vorige keer, met een verskil meneer Bann se teenwoordigheid. Ons wag op dieselfde bankie en kyk na dieselfde pragtige tuin en eksotiese plante.
Na 'n rukkie word ons geroep, ek wonder wat het dan van die ander mense geword wat hier sou wees. Ons loop deur 'n lang gang waar ons verskeie mense teekom, blykbaar bediendes van die koning, hulle buig elke keer galant. Ek voel senuagtig, die gang is vir my nou net te lank en stil. Dan loop ons vas teen 'n groot uitgekerfde houtdeur, dit is dubbele deure met koper beslag. Die lakei met sy stywe rug, maak galant die deur oop. Ons wag 'n paar sekondes en dit val my op hoe stil meneer Bann meteens is. Dan hoor ons mense lag en gesels, ons stap die vertrek versigtig binne. Sodra mens deur die deur is staan jy op 'n bree trap wat lei na nog wye bree trappe, onder in die vertrek, met ander woorde die middelste gedeelte van die vertrek is ingesink, is 'n groot ronde tafel en om die tafel sit hulle... Ek kyk stadig van een na die ander maar herken nie een as die koning nie. Meneer Bann loop voor en ek volg hom gedwee. Hy begin die ander groet en gesels ons gaan sit ook aan die tafel...Die koning is nog nie daar nie, natuurlik sal hy laaste inkom.
Daarna het alles vinnig begin verander, die koning het opgedaag en almal het soos een man opgestaan en gewag totdat hy gaan sit. Die persoon aan die koning se linkerkant staan op en verwelkom die koning en daarna ons almal. 'n Formele vergadering volg en ek het begin ontspan daar word oor baie dinge gepraat en besluit. Dit is net toe ek die glasie water nadertrek en 'n sluk neem dat dit gebeur...die koning maak keelskoon en vra dat ek aan die woord gestel word. Ek moet verslag doen van my waarneming wat ek gemaak het oor die boerderye sover. My keel trek toe en ek kry nie 'n geluid uit nie, ek maak keelskoon en voel net soos die dag op die plein. Sweet begin teen my slape afloop en ek weet, nou moet ek iets se want meneer Bann begin rondskuif. My oog vang die oop venster en die blou lug wat sigbaar is daardeur asof dit my help begin ek praat en gee 'n volledige verslag van my waarneming. Ek is verbaas dat hulle my so goed verstaan want ek praat tog anders as hulle maar nie een maak 'n opmerking nie.
Die koning begin met my praat asof hy met my gesels en maak selfs 'n grappie of twee. Hy gee die boer, by wie ons was opdrag om my breedvoerig en deeglik te onderrig so ook van die ander mense wat daar is. Ek kom toe agter dat elkeen 'n ander boerdery het, met ander woorde daar is kersieboere, neutboere, skaapboere, beeste en elke denkbare boerdery word deur iemand verteenwoordig. Hulle gaan my leer en onderrig die volgende paar weke. Ek skep moed en vra die koning 'n vraag: " U majesteit, mag ek vra hoekom ek nou juis gekies is vir die werk, ek het geen ondervinding en ek het 'n lewe aan die anderkant." Die koning antwoord my met 'n baie ernstige stemtoon, ek luister met intensiewe aandag na sy stem wat weerklink deur die vertrek: "Soos jy reeds weet het jou pa altyd die werk gedoen, daaroor het ons alreeds gepraat en jy is die geskikste kandidaat om dit by hom oor te neem. Ek weet dit is onverwags en 'n groot skok vir jou maar jy sal aanpas en het uitstekende leermeesters om jou daarmee te help." Dan vra ek die vraag wat ek te bang was om te vra, asof iemand anders praat se ek die woorde: "Lewe my pa nog?" Daar heers 'n stilte en dan swaai die deur reg aan die anderkant van die vertrek oop en 'n man stap binne. Hy is oud en loop moeilik daarom het hy 'n kierie. Hy gaan staan en kyk my reguit in my oe. Fletsblou oe, reguit skouers, 'n trotse man. Op sy regterskouer sit 'n valkie, ek verwonder my daaroor maar ignoreer dit. Eers toe hy met my praat weet ek onteenseglik dit is my pa.
Ek kyk na hom en wens ek kon hom vashou, al wat ek kon uitkry is:"Ons het baie gesoek, Pa...". "Ja Seun, ek weet maar die mense het vir my 'n wonderlike lewe gegee net soos hulle vir jou ook sal gee." Dan kom hy om die tafel gestap en skud my hand, ek voel hoe iets van hom uitgaan na my toe. Ons het mekaar vasgehou vir 'n paar minute en gepraat oor die 'anderkant'. Die koning het die vergadering verdaag en ons het heerlik gesels en gekuier daarna. Voor elkeen is 'n silwer skinkbord neergesit met die wonderlikste vrugte en neute daarop. 'n Geskenk van die koning.
Nadat ons lekker gekuier het begin die ander groet, ons stap uit na die koets. Buite is die lug diep blou en die wolke pak saam. My pa skud my hand en se dat hy altyd daar sal wees om hand by te, sit ek sal die krag kry om dit te doen. By die deur van die koets word ek weer verras, die valkie vlieg en kom sit op my skouer. Verbaas kyk ek om na waar my pa staan. Hy lag en se:" Hy is nou joune."
Dit was nou 'n verassing dat sy pa nog lewe in die koningkryk is. Sover ek kan aflei verloop tyd teen dieselfde tempo aan beide kante? Met ander woorde Andre word ook gemis soos sy pa. Ek begin nou wonder of Andre ooit gaan terug gaan huis toe.
AntwoordVee uit