Maandag 18 Januarie 2010

ONDERBOS OP VERSOEK 4

Glas en hout wissel mekaar perfek af. Nog nooit het ek so 'n pragtige plek gesien nie, wel ek was nou nog nie juis iewers behalwe my plasie nie. Ek het nog nooit 'n koning besoek nie. Ek lag vir myself en met die vriendelike gesig draai ek om en kyk vas in die van nog 'n kort mannetjie.

Op impuls steek ek my hand uit... Die mannetjie beduie iets en tree terug. Onmiddelik weet ek hy is nie die koning nie want in die boogopening van 'n deur aan die oorkant van die saal staan, ook kort maar 'n imposante man. Sonder dat iemand hom aankondig of voorstel weet ek dit is hy. Hy dra nie 'n lang mantel of toga nie, nee gemaklike klere. Het hy my verwag? Wonder ek terwyl ek nader stap. Dan val dit my by ek moet buig. Ek gaan staan doodstil en buig so effens... nog nooit in my lewe het ek voor 'n mens gebuig nie. Hy lig sy hand en groet my met vreemde woorde. Daarna stap hy na die groot stoel aan die bo-punt van die saal. Ek neem alles haarfyn waar. Die stoel lyk na goud, half ou goud beslag, fyn afgewerk, regop. Dit gee jou die idee van 'n eetkamerstoel, sagte leersitplek en gedraaide pote. Manjefieke vakmanskap is vasgevang in elke stukkie handewerk, met half edelgesteentes op die armleunings...is dit eg?

"Kom asseblief nader." Haai ek verstaan elke woord! Wat gebeur het weet ek nie...daar is egter nie tyd om daaroor te top nie en alles word vinnig gebere in die liaseringsafdeling van my brein. Versigtig stap ek nader. Tipies van die omgewing waar ek groot geword het vertrou ek niemand sonder dat ek hom ken nie.
"Asseblief, kom sit." Hy beduie na 'n stoel skuins oorkant hom. Gladnie so versier soos syne nie, maar tog nogsteeds met baie fyn detail. Versigtig klim ek die twee trappe op en gaan sit met groot respek oorkant die koning.

"Wel,volgens die afspraak in my dagboek is jy die afgevaardigde van die boere en jy wil my spreek." Ek weet ek gaan stamel en stotter dus begin ek versigtig...wat moet ek se...ek het geen benul waaroor dit eintlik gaan nie! Tog skuif ek reg op my stoel, maak keel skoon en my mond gaan oop.

Die res van die gesprek het soos borrels uit my mond ontsnap, ek het nog probeer om te verduidelik waar ek vandaan kom en dat ek 'n plasie het met 'n pragtige tuin en landerye, nou nie veel nie maar tog. Ek kweek tamaties wat die mense oor mal is en by my kom koop en van my hond...

Die koning beduie iets met sy hand, 'n lakei (so lyk dit )stap flink nader. Hulle praat saggies en ek word senuagtig. Dan draai die koning na my en se dat hy presies weet waar ek vandaan kom en hoe hard ek kan werk. Dit is egter nie die rede dat ek hier is nie, ek is nou wel deur die boere en oorspronklik deur meneer Bann voorgestel as verteenwoordiger maar daar is 'n ander meer belangrike rede. My mond wil oopval maar gelukkig behou ek teenwoordigheid van gees, my verstand wat ek maar altyd beskou as middelklas, begin teen 'n verbysterende spoed besonderhede waarneem ek sou selfs die koning se gesig en die ring aan sy vinger haarfyn kon beskryf. Dit voel of ek lig word en wil opstaan maar bly sit soos dit my betaam.

Die koning praat sag maar tog hoor ek selfs sy asemhaling. Ek probeer om alles om my te ignoreer sodat ek op dit wat aan my gese word kan konsentreer. Die lakei kom terug met 'n ronde silwer skinkbord en twee kelke. Hy bedien eers die koning. Die man verdwyn byna onmiddelik en ek probeer hom fyn dophou, alhoewel die agtergrond donker is en skaduwee gooi oor alles kan ek hom sien wegstap met die skinkbord, hy gaan staan teen die muur buite hoorafstand. Tevrede skuif ek nader en wag dat die koning die eerste sluk vat. Ek neem 'n baie klein slukkie... 'n baie lekker vreemde smaak... bessie nee dalk kiwi of dalk aarbei, ek weet nie maar neem'n groter sluk en rol dit op my tong. Die smaak bars in klein borreltjies op my tong en verdwyn dan...hmm, moeilik om te identifiseer.

Die koning begin weer sag praat maar met gesag, ek konsentreer op wat hy se en dit voel asof ek alles sal kan herhaal. Die koning beduie na iets terwyl hy praat en ek volg sy hand. Daar naby ons staan twee groot mandjies vrugte, ek kan regtig nie se of dit maar daar was nie, ek het dit gladnie opgemerk nie. Hy se dat die een mandjie se vrugte van die hoogste gehalte is en die ander swak kwaliteit en vra my om daarna te gaan kyk. Ek wonder skielik of die ou kan toor en staan versigtig op, stap nader. Ja dit is so. Die vrugte in die een mandjie is voorwaar vars en die beste kwaliteit wat ek nog ooit gesien het, die ander mandjie swak, gesteek, gevreet en sommiges is vrot.

"Net soos die vrugte in die mandjie, so is daar boere in my land, die een helfte lewer uitstekende werk en uitstekende kwaliteit voedsel en dan kry jy die wat net op die koning se rug ry en niks produktiefs oplewer vir die mark nie. Meneer Bann sal jou na die mark neem en dan sal jy die verskil duidelik kan waarneem."


Ek kry dit reg om 'n paar woorde te se en vra wat my werk is. "Jou werk sal deur meneer Bann in besonderhede aan jou oorgedra word, al wat ek vra is doen assseblief jou bes om die twee groepe te skei en aan my uit te wys sodat ek van die swakkes kan ontslae raak want hier is nie plek vir swakkelinge nie." O my aarde dink ek, sal ek dit kan doen. "Ja jy sal, jy sal bemagtig word. Jou pa het dieselfde werk gedoen en hy was my regterhand." Hy kan gedagtes lees!
"Ja ek kan." Se hy stil en dan buig hy in my rigting, draai om en stap weg. Ek staan verstom en luister na sy doelgerigte voetstappe op die blink gepoleerde vloer. Indrukwekkend!

Na 'n sekonde van verbystering draai ek om, ek wou weer na die vrugte gaan kyk maar die mandjies is weg. Seker die lakei wat... Iemand praat en ek draai om. Meneer die Barbier staan agter my en wink dat ek moet kom. Bly om 'n bekende gesig te sien groet ek hom met 'n stewige handskud.

"Jy moet saam met my kom..." Wel ek het so gehoop wil ek se... Ons stap uit deur al die deure en die hek. Nou wat van die koets vra ek... en bly omkyk na waar die koets met die ponies gestaan het. "Nee, jy het hulle nie meer nodig nie..."
Teleurgesteld stap ek saam met die barbier. "Meneer se my asseblief, droom ek of is ek werklik hier. Het die koning regtig my pa geken?"
"Jy is werklik hier en nou my verantwoordelikheid, jy gedra jouself ook so ..."
Ons stap verby die wagte met die straat op in die teenoorgestelde rigting as vanwaar die koets gekom het. In 'n stegie draai ons regs en daar voor my is die barbierwinkel. Verras stap ek in... Meneer Bann se stil" Ja, ons ken jou pa..."

1 opmerking:

  1. Di is oulik, ek begin nou 'n idee kry waarheen dit storie gaan, maar weet nog nie mooi wat volgende gaan gebeur nie.

    Die eerste persoon styl werk goed, tog kry soms die gevoel dat die persoon opsetlik nie alles vertel nie, want ek voel party ente uitgesluit. Soos wat hy vir die skare gese het en vir die koning. Is dit dalk omdat hy nie kan onthou nie? Is dit dalk omdat dit in volgende aflewerings onthul sal word?

    Sal moet wag en sien ;)

    AntwoordVee uit