Sondag 17 Januarie 2010

ONDERBOS OP VERSOEK 2

Dan draai hy om en kyk na my asof hy my ken. Ek merk byna onmiddelik die strengheid in sy oe op en die brilletjie wat in sy halfmaanvorm afgesak het. Hy kyk reguit in my oe en beveel my om op die barbierstoel te gaan sit. Nogsteeds sprakeloos begin ek benoud raak. Wat nou? Wat gaan hy met my doen. Ek vryf oor my snor en wil vra maar hy slyp alreeds die skeermes teen die leer en draai ongeduldig na my. "Ons het nie baie tyd nie die mense begin al nader staan, hulle wag vir jou. Ek wil jou net respektabel maak, want soos jy nou lyk sal niemand jou aanvaar nie."

Ek klim verbouereerd op die stoel en klou aan die armleunings vas. Wat gaan aan? Waar kom die vermetelde mannetjie vandaan. Dan, terwyl ek op die stoel sit kyk ek af na my skoene wat nog vol modder is van die tuin. Ek skuif reg en besluit; kyk so is ek nie grootgemaak nie, ek wil weet.

Dan kom daar 'n kreun geluidjie uit my stembande en ek maak keelskoon.
"Verskoon my meneer, wie is jy nou eintlik as ek mag vra?" Hy slyp nog die skeermes en begin sonder waarskuwing skeerseep aan my gesig smeer. Nou weet ek wat kom. "Jy mag seker vra maar dat jy my nie herken nie is vir my baie vreemd..."
Op daardie oomblik rammel en raas dit so buite in die straat dat ek die res van die sin, as daar een was, verloor. 'n Koets met twee swart ponies rammel verby, ek wil opspring om te gaan kyk. "Sit stil, ek is besig." Ek bewe skoon van angstigheid, 'n koets... ek droom...

Ek word geskeer, my snor gefatsoeneer, my hare le in bondels op die vloer - my lang hare wat op my skouers gehang het is iets van die verlede. Dit sonder om my in ag te neem! My mond gaan oop en ek wil vra watse koets hier verby is, maar die mannetjie beveel my om af te klim van die barbierstoel en stoot my in die rigting van 'n deuropeningwaar voor 'n gordyn hang. Aan die anderkant van die gordyn staan 'n tafeltjie met outydse waskom en beker. Die water is koel, ek was my gesig en hande op bevel.

Hy hak 'n pak klere van 'n pyp af wat half weggesteek is in die hoek van die vertrekkie. Wel 'n kispak soos die ou mense gese het. Pikswart en uiters goed gesny. Dit pas my soos 'n handskoen ek trek gelate die paar blink gepoleerde skoene aan wat hy voor my op die vloer neersit. perfekte pas.
Alles gebeur so vinnig en akkuraat dat dit vir my voel dit het al gebeur. Elke handeling haarfyn beplan. Hy hou 'n spieel voor my en kam my hare glad agteroor! Nee wil ek se los my hare soos dit is... maar ek se niks.
Dan onbewus daarvan dat ek al agter hom aanloop vra ek weer dieselfde vraag:
"Wie is jy?" Die mannetjie brom iets maar wraggies ek kon nie uitmaak nie. "Kom! se hy hulle wag al!"

Gelate loop ek saam sonder om te weet wie hy is, wie ek nou eintlik is en waar ons, ons bevind. Die straat is uitgele met klein hobbelsteentjies en uiters presies afgerond. Ek kyk rond waar die koets kan wees en stap agter die barbier aan. Ons stap 'n paar blokke ver en hy blaas later van moegheid want hy het maar 'n redelike magie wat hom terughou. Ek stap vinnig en flink want hierdie is niks, ek is gewoond om kilometers ver fiets te ry...

Dan net toe ons om die volgende hoek kom steek ek vas, 'n duisend gesigte begroet my. "Wat nou? Wat gaan aan?..." vra ek verbaas. Die mense is vreemd, hulle lyk anders as gewone mense, hulle is baie kort, die mans is oor die algemeen geset en kaalkop met netjiese baarde. Ek vryf oor my ken, nou hoekom moes myne af? Daar is nie tyd vir dit nou nie, meneer barbier stoot my op die verhogie wat daar is. Ek kyk om en keer, steier op en staan. Die mense begin juig en roep. Hulle wil blykbaar he ek moet praat! Meneer barbier staan onder die verhogie en wag. Ek kyk verbouereerd om verbaas angstig en half verergd. "Wat is dit die? Wat verwag julle van my?!"

'n Doodse stilte volg , ek sien die koets en perde en hoor hul proesgeluide... verder staan al die manne voor my sprakeloos met gevoude arms en wag...

VERVOLG

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking