Woensdag 20 Januarie 2010

ONDERBOS OP VERSOEK 5

Die barbierwinkel is half skemer en meneer Bann skuif die venster op en maak die hortjies oop. Die straat is besiger, mense loop verby en praat sonder ophou. 'n Seun op 'n fiets skree iets asof hy roep en wink met sy arm na n meisietjie op die winkeltjie se stoep, aan die oorkant van die straat. Terwyl ek die seun dophou begin meneer Bann met my praat. Hiervoor het ek gewag.

"Ek weet jy is in die duister oor alles maar jy moet jou nie bekommer hieroor nie... alles sal nog vir jou duidelik word deur die verloop van die tyd."
"Goed...se ek... hoe het ek hier beland ek was in my tuin, die volgende oomblik is ek hier, ek ken nie die plek nie, duidelik 'n eeu te vore se mense en geboue. Jy gryp my, skeer en trek my aan. Ek is verbyster, hoe kry ek dit reg om die taal, wat totaal vreemd is te verstaan...die boere en die koning. Dit voel of my kop wil bars verduidelik aan my alles want ek is 'n persoon wat my lewe beplan ek plons nie sommer in en swem nie. Dit is duidelik hoe dit hier werk!"
Meneer Bann skink koffie uit 'n konvoortjie, die kole in die tessie gloei nog. Ek is verlig want die hongerpyne dring noueers my verstand binne. Net toe ek die kommetjie met koffie by hom vat se hy: "Jou pa is oorlede toe jy nog baie klein was, jy het die vermoe by hom oorgeerf, eerder moet ek se die gawe. Want daar is min mense wat daardie gawe besit. Jou pa het altyd die werk gedoen wat jy nou gaan oorneem... ons moes wag tot na jou agtiende veraardag, volgens ons wette kon ons jou nie vroeer gebruik nie."
"Hoe weet julle ek het 'n sogenaamde vermoe wat julle benodig?" Ek voel ongeduldig en die vrae kom die een na die ander by my op. "Waar is die plek? Hoe het ek hier gekom? Jy het nooit my naam gevra nie, nie eers die koning het nie! Wat van die boere hoe het hulle geweet ek sou hulle toespreek? Wat het van die koets geword?"
Meneer Bann lag dat sy magie skud. "Jy sal al hierdie dinge oor 'n dag of wat self kan beantwoord, ek weet jou naam is Andre, maar ons noem jou heeltemal iets anders omdat die name wat ons hier vir mense gee by hul persoonlikheid pas en baie versigtig gekies word. Almal het ook 'n bynaam wat een of ander tyd aan hom gegee is deur iets wat met hom gebeur het of miskien 'fout wat hy begaan het."
"Wat is die koning se naam?" Dit is 'n troefkaart, dink ek.
"Dit sal ek later vir jou se want mens benader hom met groot respek."
"Het hy towerkragte...?" Ek dink aan die mandjies vrugte.
"Die meeste van ons het in 'n mate towerkragte opgesluit binne ons, dit hang van onsself af of ons dit wil gebruik...ten goede of ten kwade..."
"Is hier 'n donker kant... ek bedoel is hier slegte ouens, skelms,?"
"Hier is wel met lelike gedagtes wat dalk sou dinge doen maar ons regeeder, die koning is ongenaakbaar en laat sulke dinge nie toe nie. Ons het 'n baie goed opgevoede samelewing."
"Dankie, die eerste vraag wat jy beantwoord het.... Gaan ek nou terug huistoe?"
"Nee..."
"Ek het 'n lewe daardie kant, 'n plaas met diere en 'n hond...ek kan nie..."
"Hulle is versorg...jy sal wel teruggaan, maar nou moet jy eers skool toe gaan."
"Ag nee regtig, ek is klaar met skool. Ek het matriek en stel nie belang om te gaan studeer nie."
"Hierdie het niks met jou wereld te doen nie, jy het nie 'n keuse nie...kom volg my ons gaan soek iets om te eet."
Dankie tog dink ek, so sal ek nie kan aangaan nie... my kop moet nou eers skoon kom.

Ons loop uit die winkel op met trappe na 'n bovertrek en dan deur 'n deur af met 'n gang, dan klim ons weer af met trappe, uiteindelik die kombuis! Die tafel is skoon geskrop, voor die venster hang vrolike gordyntjies. Dan sien ek haar raak, sy het die hele tyd voor die vuurherd gestaan met haar rug na my gedraai. Ek groet haar, 'n vriendelike kort gesette vroutjie buig haar knie en knik vir my. Sonder 'n woord ignoreer sy my hand en gaan aan met haar taak.

Meneer Bann kom die kombuis binne en begin vrolik en vriendelik met die vroutjie gesels. Ek verstaan nie veel nie maar lei af dat sy vir my moet kos maak. Ek is verlig en vou my hande voor my op die tafel.
"Iets wat jou pa ook gedoen het..." se meneer Bann wat met sy rug na my gekeer staan.
"Wat het hy gedoen?"
"Sy hande so voor hom op die tafel gevou." Hoe het hy geweet ek sit so, dalk skrams gesien besluit ek. Hoe lank gaan die kos neem, ek word nou haastig en wens ek het ten minste my hond by my gehad.

Dan sit die vroutjie, haar naam is, Evera, het ek gehoor in meneer Bann se gesprek 'n bord kos voor my neer. Dit is 'n tipe bredie dink ek, ek is verbaas oor die lepel wat sy by die bord gee. "Jy kan maar eet ons het alreeds geeet.'
Ek laat my nie twee keer nooi nie en val weg. Die smaak is effens vreemd maar tog lekker. Baie groente met 'n lekker sousie en 'n plat broodjie. Ek neem aan ek moet stukkies afbreek en in die sous doop. Ek doen dit sonder om te wag en geniet die kos met oorgawe, ek eet my bord skoon en sit die lepel versigtig op die bord neer terwyl ek dankie se aan die vroutjie. Sy glimlag, nogsteeds sonder om 'n woord te se en neem die bord.

Meneer Bann roep my en ons stap uit deur die deur en dan links in n pratige tuin. Ons gaan staan en meneer Bann beduie na 'n glasdeur met klein dowwe venstertjies in houtrame, aan die oorkant van die tuin.
"Jou kamer, gaan rus 'n bietjie, ek sal jou kom roep."
Verslae stap ek deur die tuin wat welig groei, die plante lyk anders, ek herken van die blomme soos vrolike Gesiggies en Dalias, daar is 'n Wisteria wat oor die boog van die deuropeing rank, vol in blom, die soet geur van die bloeisels vul die lug en ek voel rustiger.

Ek is totaal verras deur die kamer. 'n Hemelbed met dun gordyne, swaar gordyne voor die venster en glasdeur. Ek besluit om dit toe te trek en gaan le op die bed. Ek moes soos onmiddelik aan die slaap geraak het... hoe lank ek geslaap het weet ek nie, maar toe ek wakker word staan meneer Bann daar... gordyne oopgetrek.

Ek spring op. "Hoe laat is dit?" Die antwoord wat ek gekry het, het my so verras dat ek op die kant van die bed gaan sit het. "Die volgende oggend sesuur."
"Ag asseblief ek raak nou moeg vir die speletjie...veduidelik dit nou aan my!"
Ek voel maar altyd half omgekrap so vroeg in die oggend.
"Goed...ek het gedink jy sou dit self agterkom... maar helaas, jy het terug beweeg in tyd met die oorkom na ons land en dit is hoekom jy so honger en moeg gevoel het...dit sal nou beter gaan."
Ek dink my mond het oopgeval. "Hoe lank terug?"
"Baie jare...ons is baie jare agter jou wereld, so wees net rustig alles al uitwerk."

VERVOLG

1 opmerking: