Saterdag 05 April 2014

WIE IS HY REGTIG?

Hy staan daar met die kind in sy arms wat agteroor buig en skreeu.
Die mense drom saam, se niks hulle kyk net.
Dan stap n jong meisie nader en se vir die man om agter haar aan te loop, sy ken iemand wat die kind sal gesond maak.
Die seun kry die een aanval na die ander, hy gooi homself op die grond neer en skree en skop.

Mense stap vinnig verby...hy volg die meisie.
Haar rok is lank tot by haar enkels, sy het sandale aan en lyk goed versorg. haar hare hang in n swaar vlegsel wat kap teen haar middel.
Die meisie stap tot by n klomp mense wat saamdrom en wys na n man wat lyk asof h preek.

Sy fluister: " Dis hy meneer."
Hy beur tussen die mense deur tot naby die prediker en uiteindelik kry hy kans om met hom te praat.
Die seun val op die grond neer en skuim staan om sy mond.
Die prediker stap nader...die kind gaan erg te kere...dit lyk asof hy mal is hoor hy die mense fluister. "vat hom weg ons was eerste.!" skree iemand.
Die prediker luister na die man en praat met hom.

Die Pa van die seun staan nederig met sy hande voor hom gevou en se vir die prediker: "Ek glo, help my waar ek nog ongelowig is!"
Dan roep die prediker hard en duidelik: "Ek gebied jou, gaan uit hom uit en moet nooit weer in hom invaar nie!"
Die kind le stil asof hy dood is...die prediker neem die kind se hand en rig hom op.

Eers toe sien die man wie die prediker werklik is. Hy skree en hardloop agter Jesus aan om dankie te se, hy val voor Sy voete neer.
Jesus sit sy hand op die man se skouer en van daardie oomblik af het hy geglo want HY HET GOD SE LIG HERKEN.

(my eie weergawe van Markus 9:17 - 27)
Like · · Share

Nauda van Rensburg
Write a comment...

Donderdag 27 Maart 2014

ABSOLUUT

Vanoggend vroeg, toe ek die woonkamer se gordyn ooptrek, sit daar n babaduifie (miskien is dit n tiener) op die vensterbank in die sonnetjie. Hy/sy koester die sonnetjie wat begin skuins val want die seisoen het gedraai.

Omdat ek die tortelduifies van kindsbeen af ken, weet ek dat hy/sy wag dat die ma-duif hom moet kom voer (ons se maar dit is n hy). So n duifie, sal ure sit en wag en as die ma-duif nie weer kom nie, gaan hy dood of word gevang.
Die oomblik wat ek die duifie gesien het, het ek God gevra of dit my storie is vir vandag...
Ek het onmiddelik geweet dit is ...my storietjie aan julle vandag.

Met die blouste blou lug, die son wat skuins kom le oor die vallei, die helder pienk bougainvilla, die spieelblink water van die dam in die agtergrond, die berg wat vas bly staan, maak dit goed genoeg vir n ontsagwekkende oomblik met God as die ontwerper.

Die vertroue wat die duifie in sy ouers stel om terug te kom en hom te voer is my LES VAN GOD vanoggend...ONS MOET SO OP GOD VERTROU, soos die duifie sy ma vertrou., SO ABSOLUUT.


Maandag 24 Maart 2014

ALLES OF NIKS

Ek het al baie gewonder hoe dit was om te leef toe my ouers jonk was?
Die stories wat hulle altyd vertel het, het so sorgloos geklink. Hulle was vir niemand bang nie, hulle het elkeen wat op die dorpie gebly het persoonlik geken. Daar was stofstrate en bloekoms, kareebome en jakopregopblomme in die voortuin. Daar waar die stoep op gehou het, het die straat begin.

Nou nog as ek in die dorpie kom waar my ouers hul hoerskool voltooi het, wil dit my nostalgies maak. Ek sien die peperbome se takke wat laag hang en wanneer die wind waai die grond skoon vee.
Ek sien nog die tekens van leivore wat was, die stoepe wat op die straat sit, die pragtige statige Victoriaanse boustyle...as ek stilbly en eenkant staan, hoor ek hulle roep.
Die wit kerk slaan nogsteeds my asem weg, maar die orrel is stil, niemand sit meer met hoede op in die houtbanke nie. Die kanselkleed is nog daar ...vreemd hoe seker dinge nie verander nie.

My oupa het n garage gehad waar hy motors reggemaak het en petrol verkoop het, olie ook. Die gebou is nog daar, verbou, verbreek en word nou vir n ander doel gebruik. Hulle huis is afgebreek...net langs die garage.
Ek stap om die hoek waar die Standardbank nou trots staan en verbeel my ek sien die kinders kaskarresies hou in die hoofstraat. Ek stap vinnig daarheen maar helaas die mense skree en vloek ...
Wat gaan aan?
Wonder ek en staan stil om agter te kom wat het gebeur.
Ek vra iemand en met n lee mond se hy in afrikaans: " n Broodjie asb...?"

Ek stap weg en weet daar het niks gebeur nie, daar word nie n kaskarresies gehou nie, dit is nie mense wat bly is nie, hier word baklei oor kos... vullis word rondgestrooi en dit le op hope op plekke waar dit nie hoort nie. Niemand maak meer skoon nie.

My pa is nie meer hier nie, alles het verander, daar word nie meer teesuiker in die winkel verkoop nie, ook nie meer tuisgemaakte Lemonade in klein glasbotteltjies nie...die Jood is dood.
Die stoep van die huis waar my pa en sy suster gebly het as kinders
wemel van ander kinders.
Ek draai weg en gaan terug ...die lee huise wat verniel staan, die gemors wat gestrooi le ... wat het verkeerd gegaan?
n Verslete dorp het oorgebly... seer, arm sonder n skoenmaker, skoolmeester, Jood se winkel of my oupa se garage.

Ek is n afstammeling van die mense wat hierdie dorpie help bou het, die huise en strate in stand gehou het, so ek bly hoop en glo dat hier weer skoongemaak sal word, weer blomme sal groei, weer gelag van kinders sal weergalm.

Like · · Share

Sondag 09 Maart 2014

GRAVERING

Dankie Here vir u volmaakte dag, dankie dat ek kan uitstap die lug aanskou U alomteenwoordigheid ook hier by my, hier waar ek woon en werk U stap die pad saam met my al is dit rof en vol rotse bly U my hand vashou. Nooit hoef U dit te doen nie, nooit hoef U nader te staan, of my naam te ken nie, nooit is daar gese, gevra, geroep omhoog na U toe ek gebore is nie. nogtans ken U my, ken U my naam, ken U my denke, my gaan le en opstaan. U wat spreek en daar's LIG, U wat praat en die sterre borrel oor U lippe U wat die berg gaan haal en die see oopkloof U is my God en het my naam geskrywe in U hand.

Vrydag 28 Februarie 2014

Planneman 2


Die deurklokkie lui vir die soveelste keer die oggend, ek stap vorentoe, voordeur toe en maak oop, Daar staan hy en ek weet wat kom...
Hy staan half op een been en hou sy een arm vas, eers dink ek ...hy is deur n motor omgery. Hier word vreeslik gejaag in die straat voor my huis verby, dit klink soms soos Kayalami, sug ek nou die dag toe ek die gefluit en geskuur van bande hoor.
Ek bekyk die man op en af en sien die verskeurde broek en skoene wat gaap soos n padda op droe grond. dan val my oog op die arm wat hy vashou.Die verslete baadjie hang wyd om sy maer lyf.
"Is jou arm seer? vra ek, klaar agterdogtig.
Hy staan dan op die voet, dan op daardie een. weens my voorouers se gene wat ek geerf het voel ek hier kom n ongeduld, dit stoot so in my keel op.
"Het Oumi nie vir my n broodjie nie?"
" n Broodjie?" Herhaal ek onnodig.
"Wat hou jy so vas aan jou arm.?"
"Nee Oumi sien hierie arm het seergekry toe ek nog n kind was en soos die weer so opkom maak hy weer so."
Ek bly stil en weet hier kom n ding...hy jok vir my.
"Jy lieg, jy steek iets weg."
" Hoe kan oumi nou so se, ek is mos n eerbare man, ek gat elke sondag kerk."
"Ag, help dit...?" sug ek en staan half terug want n walm styg op vanuit sy mond.
"Dit lyk my jy het klaar jou broodjie geeet, se ek ewe manhaftig.'
" Nee Nooi samblief, ek soek n stukkie brood, die werk was skaars vandag, ek het niks..."
My christelikheid oorweldig my en ek draai kombuis toe. Ek haal vier snye bruinbrood uit smeer dit en sit nog n appel ook by.
'Dankie, Mies...die Here seen Mies."
" ja, vir jou ook...ek kan nie altyd net gee en gee nie, julle moet werk vir julle geld."
Hy loop versigtig oor die paadjie, hekkie toe...ek staan hom en agterna kyk. By die hekkie versit hy iets en ek sien die bottel in die agtermiddag son flits...
"Andries! ... Skree ek " wat steek jy weg, ek het die bottel gesien. "
"Nee, Oumi sien, dit is die meresyne wat ek byrie apteek gekry het..."
" Jy lieg Andries..."
"Nog nouttie Mies!..."
Met die is Andries weg en ek staan vies alleen en dink aan die bybelvers wat se:
Dit wat jy aan jou naaste doen sal aan jou gedoen word.
Ek stap terug kombuis toe, en vou die laaste snytjie van die brood wat oor is versigtig toe en bere dit want dit is my aandete.
Mag God dit raaksien hoeveel brode ons gesmeer het,
hoeveel koffie ons gemaak het,
hoeveel kindertjies ons in donker strooise gevang het,
hoeveel keer het ons dorp toe gery om te gaan haal en weg te bring.

Hoeveel daar vir ons gelieg is, hoeveel daar op die graaf gele is in plaas van om te werk... hierdie land is gebou deur mense wat die son getrotseer het om toesig te hou dat daar iets gedoen kom.

Ek skakel die ketel aan en se hardop vir myself: "En met wie se belastingeld is die land gebou?"


Woensdag 18 Desember 2013

KAKTUSBLOMME EN BLOED

Goeie more Vriende! Hier by ons is dit n wonderlike hemelse blou en sonskyndag! Die wind waai so n bietjie maar ons kla niks daaroor nie...dit is lekker koel.
Ek het gisteraand tydens my stiltetyd op iets afgekom in die Woord wat ek graag met julle wil deel. Maar eers wil ek julle hierdie onthou-storie vertel.
Weer my kinders!

Kyk as n kindjie wil leer fietsry trek my bors skoon toe! My seun, waarvan ek gister ook gepraat het, wou met alle geweld leer fietsry want dit is mos wat seuns doen!
Omdat ons nie geld gehad het om n fietsie met klein ekstra wiele te koop nie moes hy op die harde manier leer. (soos ons nog geleer het)

Ons het op die stadium by Oupa en Ouma gekuier op hul Karooplaas. Lekker groot en wyd, sommer baie plek vir n man wat wil leer fietsry.
Kleulingkinders is ingespan om hom te help want die fiets was effens te groot.
Hulle het gestoot, gehouvas en saamgehardloop, die hele dag!
Teen die middag hoor ons n erge geskree en storm uit!
Soos dit op plase gaan is daar n kaktusbos en my kind het binne in die bos beland met fiets en al! Hy was vol dorings!
My ma, n regte boere tannie, se toe dat die maats elke doring gaan sit en uittrek want hulle moes hom oppas! So het dit baie minute geneem om die dorings uit te kry.
Weet julle sulke kaktusse het darem die mooiste blomme ek dink dit is die droee werelddele se origidee.. en dit kom net uit voor dit wil reen, die beste voorspelling vir reen!

JESUS HET AAN DIE KRUIS GESTERF VIR JOU EN MY, HY WAS VASGESPYKER AAN DIE RUWWE HOUT, DAAR WAS N DORINKROON OP SY HOOF, DRUPPELS BLOED HET OOR HOM AFGESYPEL.
HY HET GESTERF MAAR ONS HET DIE MOOISTE MOOISTE BLOM GEKRY OMDAT HY VIR ONS GEOFFER IS... DIE HEILIGE GEES.

DIE HEILIGE GEES IS BEELDSKOON , N WARE "GENTLEMAN" EN WOON BINNE ONS. HY WERK OP N SUBTIELE MANIER SONDER OM OPDRINGERIG TE WEES OORTUIG HY ONS VAN SONDE, HY LEI ONS, HELP ONS, DRA ONS EN HOU ONS VEILIG VIR JESUS ONS HEER.

Donderdag 12 Desember 2013

N GLINSTERING

Kan enigeen dit glo, dit is heerlik koel hier vanoggend! Ek se dankie Vader vir die heerlike koel luggie en dat dit lekker gereen het!

Wanneer ek uitkyk by die venster hier voor my, af in die straat...ek se af want hier loop alles skuinsaf na die dam toe sien ek hierdie wonder mooie gesig : Die dam se water glinster soos diamante wat gestrooi is, baie mooi! Aan die anderkant van die dam, die koppe wat oeroud troon bo alles...dit omring die dam en dorp en koester ons, sodat dit voel asof ons apart woon,,,hier is ook net een pad uit en in die dorp in, so dit voel regtig soos ons eie dorpie. Trots en rustig is dit ons eie.

Die lug is oorweldigend blou en skoon, so as mens na aan die natuur wil lewe kan jy dit hier doen onder God se blou hemelkoepel en die Karoo wat anderkant die oeroue koppe begin en strek tot ver verby omdraai verby...

Onthou mens leer God net werklik ken in die natuur... hier op my sypaadjie het die fynste veldblommetjies opgekom...ek weet ek moet skonnmaak maar hulle is vir my so spesiaal dat ek huiwer om dit te doen. So n stukkie plaas.

Ek mis die stap in die groot bloekombos op die plaas in Mpumalanga waar ek eers gebly het. Die ou stompe wat verhale in my wakker gemaak het, ek mis die veldlelies wat uitkruip na die baie reen...ek mis die stompe se verbrokkeling wat my herinner het aan die mens se oudword en verwering as die jare aanstap.

Ek het met oorgawe stompe tuin toe gesleep, die hout wat opbrokkel in my potplante gebruik en ag ek mis die sampioene wat plate gegroei het teen omgevalle boomstompe, sonder kennisgewing dat hul giftig is, die natuur se geheim...
Ek was altyd seker ek sien piep klein mensies baai in die son.... 
Die verbrokkeling van die hout is ook simbolies aan die verbrokkeling van n samelewing. Eers groei die samelewing en die ekonomie bloei uit sy nate uit, dan sterf die boom, die samelewing begin verrot, verbrokkel en verweer, dieselfde gebeur met ons... ons blom en bloei en groei en op n dag gebeur daar iets, kewers begin aan jou bas vreet...op die ou end staan jy kaal gestroop van jou waardigheid teen die naghemel.
Net God kan jou hiervan red, wees moedig, wees sterk en kniel voor die alwyse God,
voor die verroting onbeheers versprei.