Maandag 20 Januarie 2020

Waaroor skryf ek?

Soos ek hier sit weet ek
wraggies  nie waaroor
ek
gaan
skryf nie dalk kom n
oomblik van waarheud
by my op
dalk n roos
dalk n potskerf
of perdehoef
gee asseblief weer my
idees terug
dit voel of my verstand
verdoof is
en niks maar niks
daaruit wil spring
waaroor ek kan skryf nie.
miskien iets soos diplomasie
gyselaars of dalk
doudruppels uit die dag
se tuin
want eintlik beweeg ons almal in n tuin
sommiges in n woestyn
ander tussen lang gras en plaasgoed
 maar ek beweeg in n tuin vroegogend
met die dou op die rose.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking