Donderdag 12 Desember 2013

N GLINSTERING

Kan enigeen dit glo, dit is heerlik koel hier vanoggend! Ek se dankie Vader vir die heerlike koel luggie en dat dit lekker gereen het!

Wanneer ek uitkyk by die venster hier voor my, af in die straat...ek se af want hier loop alles skuinsaf na die dam toe sien ek hierdie wonder mooie gesig : Die dam se water glinster soos diamante wat gestrooi is, baie mooi! Aan die anderkant van die dam, die koppe wat oeroud troon bo alles...dit omring die dam en dorp en koester ons, sodat dit voel asof ons apart woon,,,hier is ook net een pad uit en in die dorp in, so dit voel regtig soos ons eie dorpie. Trots en rustig is dit ons eie.

Die lug is oorweldigend blou en skoon, so as mens na aan die natuur wil lewe kan jy dit hier doen onder God se blou hemelkoepel en die Karoo wat anderkant die oeroue koppe begin en strek tot ver verby omdraai verby...

Onthou mens leer God net werklik ken in die natuur... hier op my sypaadjie het die fynste veldblommetjies opgekom...ek weet ek moet skonnmaak maar hulle is vir my so spesiaal dat ek huiwer om dit te doen. So n stukkie plaas.

Ek mis die stap in die groot bloekombos op die plaas in Mpumalanga waar ek eers gebly het. Die ou stompe wat verhale in my wakker gemaak het, ek mis die veldlelies wat uitkruip na die baie reen...ek mis die stompe se verbrokkeling wat my herinner het aan die mens se oudword en verwering as die jare aanstap.

Ek het met oorgawe stompe tuin toe gesleep, die hout wat opbrokkel in my potplante gebruik en ag ek mis die sampioene wat plate gegroei het teen omgevalle boomstompe, sonder kennisgewing dat hul giftig is, die natuur se geheim...
Ek was altyd seker ek sien piep klein mensies baai in die son.... 
Die verbrokkeling van die hout is ook simbolies aan die verbrokkeling van n samelewing. Eers groei die samelewing en die ekonomie bloei uit sy nate uit, dan sterf die boom, die samelewing begin verrot, verbrokkel en verweer, dieselfde gebeur met ons... ons blom en bloei en groei en op n dag gebeur daar iets, kewers begin aan jou bas vreet...op die ou end staan jy kaal gestroop van jou waardigheid teen die naghemel.
Net God kan jou hiervan red, wees moedig, wees sterk en kniel voor die alwyse God,
voor die verroting onbeheers versprei.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking