Woensdag 18 Desember 2013

KAKTUSBLOMME EN BLOED

Goeie more Vriende! Hier by ons is dit n wonderlike hemelse blou en sonskyndag! Die wind waai so n bietjie maar ons kla niks daaroor nie...dit is lekker koel.
Ek het gisteraand tydens my stiltetyd op iets afgekom in die Woord wat ek graag met julle wil deel. Maar eers wil ek julle hierdie onthou-storie vertel.
Weer my kinders!

Kyk as n kindjie wil leer fietsry trek my bors skoon toe! My seun, waarvan ek gister ook gepraat het, wou met alle geweld leer fietsry want dit is mos wat seuns doen!
Omdat ons nie geld gehad het om n fietsie met klein ekstra wiele te koop nie moes hy op die harde manier leer. (soos ons nog geleer het)

Ons het op die stadium by Oupa en Ouma gekuier op hul Karooplaas. Lekker groot en wyd, sommer baie plek vir n man wat wil leer fietsry.
Kleulingkinders is ingespan om hom te help want die fiets was effens te groot.
Hulle het gestoot, gehouvas en saamgehardloop, die hele dag!
Teen die middag hoor ons n erge geskree en storm uit!
Soos dit op plase gaan is daar n kaktusbos en my kind het binne in die bos beland met fiets en al! Hy was vol dorings!
My ma, n regte boere tannie, se toe dat die maats elke doring gaan sit en uittrek want hulle moes hom oppas! So het dit baie minute geneem om die dorings uit te kry.
Weet julle sulke kaktusse het darem die mooiste blomme ek dink dit is die droee werelddele se origidee.. en dit kom net uit voor dit wil reen, die beste voorspelling vir reen!

JESUS HET AAN DIE KRUIS GESTERF VIR JOU EN MY, HY WAS VASGESPYKER AAN DIE RUWWE HOUT, DAAR WAS N DORINKROON OP SY HOOF, DRUPPELS BLOED HET OOR HOM AFGESYPEL.
HY HET GESTERF MAAR ONS HET DIE MOOISTE MOOISTE BLOM GEKRY OMDAT HY VIR ONS GEOFFER IS... DIE HEILIGE GEES.

DIE HEILIGE GEES IS BEELDSKOON , N WARE "GENTLEMAN" EN WOON BINNE ONS. HY WERK OP N SUBTIELE MANIER SONDER OM OPDRINGERIG TE WEES OORTUIG HY ONS VAN SONDE, HY LEI ONS, HELP ONS, DRA ONS EN HOU ONS VEILIG VIR JESUS ONS HEER.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking