Saterdag 21 Januarie 2012

GENOEG IS GENOEG

GENOEG: Vroeg staan sy op, maak reg en gaan saam met die ander vroue uit met haar kom(skottel) om te soek na dit wat daar sal wees vir hulle om te eet. Sy steek vas toe sy die wolk opmerk wat laag oor die kamp hang en digter word om die kamp. Sy tel haar rok op tot by haar enkels en stap vinniger na waar die ander vroue staan en gesels. Elkeen met 'n houer soos hul beveel is om te doen.

Dan lig die wolk en trek stadig weg van die kamp af. Sy snak na haar asem, van die ander vrouens roep mekaar en hulle lag van ongeloof! Hulle begin dadelik van die wit vlokkies optel volgens wat hul nodig het. Sy tel net 'n bietjie op want dit is maar net sy en haar man. Die vrou langs haar het vyf kindertjies en moet baie optel. Sy hou van die witvlokkies in haar hand en laat dit deur haar vingers val in die kom wat sy in die bak van haar arm vashou. Dit is ongelooflik!

Nadat almal genoeg opgetel het en hulle dit afmeet, was dit vir elkeen genoeg, soveel as wat hul nodig het vir die dag. Elke oggend staan hul vroeg op en maak van die vlokkies bymekaar, net genoeg vir elkeen se behoefte en net genoeg vir daardie dag. 'n Maat afgemeet...

Sommige van die vrouens het nie geglo en geluister en van die vlokkies laat oorstaan tot die volgende oggend nie ...dit het sleg geword en oneetbaar.

God het vir die ons manna gestuur...dit is wat Moses gese het, ons moet net genoeg optel en dit nie laat oorstaan nie...dink sy toe sy hoor wat het met die ander gebeur. Dit is tog duidelik dat God wil he ons moet Hom gehoorsaam.

Dan kom die son op en sy staan verstom en kyk hoe smelt die vlokkies weg tot niks...

God voorsien nou nog in ons daaglikse behoeftes, volgens die maat wat ons benodig.
Wees dankbaar vir dit wat God vir jou gee en probeer dit gebruik na die beste van jou vermoe. Wanneer God sien met watter gesindheid jy leef ontvang jy dalk dubbeld soveel. Onthou tog net dat ons oe gerig is op wat ons na hierdie lewe gaan ontvang, hierdie goed wat ons hier bymekaarmaak, smelt weg tot niks.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking