Dinsdag 17 Januarie 2012

'N GESKENK

"n Geskenk is darem 'n wonderlike ding! Ek kan gewoonlik nie wag om 'n geskenk oop te maak nie! Asof ek nogsteeds klein is ruk ek die papier af om te sien wat dit is. ek is altyd bly oor enige geskenk wat ek ontvang en kry baie swaar as ek op 'n dag daarvan moet afskeid neem, omdat dit my herinner aan die persoon wat dit vir my gegee het.

Soms gee mens 'n geskenk omdat jy vriende wil maak, of dankie wil se of sommer net se; ek hou van jou. Daar is geskenke wat met groot sorg uitgesoek en met groot oorleg gekies word omdat die persoon baie spesiaal vir jou is. Dink maar aan 'n verloofring, met hoeveel sorg dit gekoop, gebere en gegee word!

Ons het almal op 'n dag 'n geskenk ontvang; en weet jy die slim mense se dat as jy nie met dankbaarheid 'n geskenk kan ontvang nie, kan jy ook nie Jesus se geskenk ontvang nie. WAT IS JESUS SE GESKENK AAN ONS? HYSELF IS ONS GESKENK.

Het jy al ooit daaraan gedink dat indien Jesus Christus nie gekom het en vir ons kom sterf het nie, was ons nogsteeds vasgevang in die offerandes bring vir vergewing van sonde! JESUS WAS ONS GESKENK VAN GOD DIE VADER SODAT ONS SONDE VERGEWE KAN WORD INDIEN ONS DIT BELY. GAAN JY HIERDIE GESKENK OOPMAAK EN WAARDEER?

Daarom moet ons baie mooi oor hierdie vers gaan dink: " Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God 'n offer van lof bring, die lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dit is die offers wat vir God aanneemlik is." Hebr 13:15-16

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking