Saterdag 11 Februarie 2012

MURE VAN OPAAL

As Jesus jou ken het jy toegang tot waar Hy vir jou plek berei het.

Elkeen van ons het 'n prentjie van hoe die Hemel en God lyk. Elkeen se prentjie is waarskynlik anders en sal dus vir sommige 'n groot verrasing wees wanneer ons dit met mekaar deel. My prentjie wat ek van God het kry ek uit die woord maar ek het al vreemde dinge gehoor wanneer ek mense daaroor uitvra...baie interessante onderwerp.

In Jes. staan daar dat God se kleed die hele vertrek of saal vul en in Open. word daar gese hoe die Hemel lyk. Open 21: 18 die muur is met opaal gebou en die stad self met suiwer goud wat soos 'n skoon spieel lyk.." dan verder word die pragtige stad beskryf met half edelgesteentes oral gebruik van die fondament tot die poorte van twaalf perels. Ons God woon in hierdie wonderlike stad.

Wanneer ons na God toe gaan, ontmoet ons hierdie Koning en ons sou iets vir Hom wou saamvat. In Miga 6 :6 staan daar : "Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoe God gaan kniel?"
Moet ek met offers na Hom toe gaan, met jaaroud kalwers?
:8 "Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Dit is die offer wat God van ons vra. Leef vir Hom en ken Hom in alles, getuig van Hom en probeer so lewe dat ander kan sien, jy is Sy kind. Is dit nie wonderlik dat God nie van ons perels of goud en wierrook vra nie maar net om vir Hom te lewe, net om te se: Ja, Here ek glo, dat U aan die kruis gesterf het vir my verlossing uit hierdie sondige bestaan op aarde.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking