Woensdag 08 Mei 2013
Donderdag 18 April 2013
VANDERKLOOF
Teen dagbreek draai ons af met die pad wat oor die Vanderkloofdam loop.
Dit is die eerste keer dat ons hierdie pad ry en asof versigtig ry ons
tussen die plase deur op die onbekende pad wat dan skielik tussen die
berge in loop, Dit voel nog meer geheimsinnig asof die berge iets
kosbaars wegsteek. 'N bobbejaangesin skarrel uit die pad en ons begin
in stilte na die natuur kyk. Die eerste strale van die son val skuins
teen die koppe uit en vorm skaduwees wat bly hang totdat die son daaroor
kruip. Ek kyk op na die berg en sien die rotse wat ontbloot staan met
die bou van die pad, dit maak mens bewus van die invloed wat die mens op
die natuur het. Ruwe rotse ontbloot teen die nag se laaste koelte bring
ons by die damwal aan en hoorbaar word asems ingetrek. Dit is asof ons
eerbied het vir die opkomende son teen die blinkswart watermassa. Die
damwal staan fors en sterk, die rivier is gestuit. Ons hou stil op die
brug en stap half versigtig tot teen die kant van die brug oor die wal.
Majestieuse betonstrukture hou die rivier op die plek waar die
ingenieurs dit wou he. Stewig vasgeanker tussen twee koppe. Die sluise
is toe en alles rustig, die water se sagter golwe klots teen die kante
van die wal. Aan die teenoorgestelde kant staan die brug trots oor ie
rivier wat nodig was voor die bou van die wal.
Ons besluit om verder te ry en die dorp te gaan besigtig. Eers krokel die pad deur die wildresevaat en net toe die son sy strale oor die berg laat gaan gewaar ons die koedoe wat skaam wegkruip tussen die wag-n- bietjie en soetdorings. Groot rotse omsoom die pad wat met 'n steilte uitklim teen die rant van die berg. Bo -op die berg se kant waar die pad weer reguit word ontmoet die son ons en lei ons die dorp binne. Wat 'n pragtige gesig- ons eerste ontmoeting met Vanderkloof is werklik soos 'n verrasing in die Karoo! Met 'n laaste halwe draai land ons binne in die dorp. Ons kan ons oe nie van die natuurskoon afhou wat in die koelte van die oggend wagtend le nie. Die polisiestasie is sommer byderhand en daar kry ons toe inligting oor die dorp en al die bedrywighede. Ons besluit terwyl die dorp nog in sy effense ligte oggendslapie verkeer gaan ons gou deurry en kyk hoe dit lyk. Die woonbuurte is pragtig met tuintjies en skoon strate teen die agtergrond van 'n spieelgladde watermassa. ons ry oral mense tee wat stap of draf vir oefening en dan ook die vroee werkers wat vrolik loop en klets. Dit val jou dadelik op die gemoedelikheid van die mense en die Afrikaans val vreemd sag op jou oor.
Ons het oor die brug, in die dorp gery, na die res van die dorp wat op die punt van die inham le. Hier ry ons onder die bome deur en ontdek hoeveel huise daar weggesteek is onder hoe bome. Die borde van Renosterberg Munisipaliteit en die Oord met pragtige bome wat skadu bied staan trots voor ons.Met die omdraai let ons die massiewe kruis op teen die berg wat in die aand glo verlig word en as baken dien vir vliegtuie. Oor die dam le daar nou 'n ligte miskombersie asof die nag nog bietjie huiwer. In die klein baaitjie met jetti le 'n boot en wag op sy eienaar. Oral naby die water is bote besig om nader te beweeg om die spieelgladde dam aan te durf. Ons besluit dat om nou hier weg te gaan is net nie die beste idee nie en gaan soek 'n gastehuis. Daar is 'n hele paar om van te kies en ons is hoogs in ons skik toe ons, ons skoene kon uitskop en 'n heerlike ontbyt kon bestel in die Lodge wat 'n wonderlike uitsig het oor die dam en die dorp. Met die belofte van 'n bootreis deur 'n vriendelike booteienaar het ons daardie aand vroeg gaan slaap...ook nie voordat ons na die kruis gaan kyk het wat troon oor die dorp nie. 'n Rustige nagrus is al wat ons nou nodig het. 'n Trop taretale se geroep laat ons besef die natuur is om ons.

Dinsdag 16 April 2013
GODSBELOFTE
Selfs
in die ou Testament het die Here belowe dat Hy die mens iets gaan gee,
dat Hy iets gaan doen wat ons sal help, wat ons vry sal maak van die
wet. Ek het weer vanoggend n ontdekking gehad in die Ou Testament en dit
is hoekom ek graag in die Ou Testament lees omdat daar soveel skatte
begrawe le om te ontdek.
In Eseg 36 :27 staan daar...EK SAL MY
GEES IN JULLE GEE EN EK SAL MAAK DAT JULLE VOLGENS MY VOORSKRIFTE LEEF
EN MY BEPALINGS GEHOORSAAM EN NAKOM.
Eers het ek dit maar net
gelees en gedink God sal sorg dat ons Sy bepalings nakom, maar vanoggend
het ek ontdek dat wanneer God die Heilige Gees in ons harte uitstort
kan ons nie anders optree as om Sy bepalings na te kom nie! Wanneer ons
die Heilige Gees ontvang het wil ons nie meer sondig nie, wil ons nie
meer soos die wereld lewe nie. Dit is hoe God dit reggekry het, Hy het
Jesus Christus geoffer en die Heilige Gees in ons laat kom woon, om ons
te help. Sonder die Heilige Gees se inwoning is
dit vir ons onmoontlik om op die regte pad te bly. En... onthou dit is
'n HEILIGE GEES, Hy is nie aan die wereld gelykvormig nie!
LEES OOK JER 32:40; ROM 5:20; ROM 8:1-4;
EN OOR GOD SE BELOFTES: NUM 14:35
GLO DIT MET JOU HELE HART
Donderdag 31 Januarie 2013
FINALE PLAN VAN DIE PLANNEMAKER
Verlede Vrydag stap hy hier in. Wat nogal vir my altyd 'n verrasing is hoedat mens hier in die Sonskynland sommer ander se grondgebied mag betree en kom maak wat jy wil. Gaan se dit nou vir die geeerde Kommisaris van Ede en hy sal gou antwoord met nee: " dit is ontoelaatbaar Mevrou!" Wel in die elke daagse verloop van die lewe werk dit so! Solank as wat ek bietjie donker gebrand is deur die son en boonop nog alkohol ook gebruik het mag ek instap waar ek wil, se wat ek wil en doen ook net soos ek daartoe voel.
Die Planneman stap toe hier in en kom hou hom die baas van die plaas! Hy se vir my dat hy net die kante van die gras gaan sny met die "weed-eater" en dan moet ek hom gaan aflaai by die taxi-rank. My mond val oop soos ek nog wil verduidelik maar hy werk eers weer Maandag by my...daaraan steur hy hom min. Stap in die garage in om die masjien te kry.
Ek wat nog by die kombuisdeur gestaan het hoor die geskarrel daarbinne die garage en stap daarheen... hy is besig om in my vrieskas te grou! Ek beveel hom om daar uit te kom! Sluit die deur en bel die polisie. Soos ons polisie maar is kom hulle nogal gou, verduidelik aan my dat as ek hom in diens geneem het kan hulle niks daaraan doen nie! Ek, op my beurt verduidelik dat ek hom nie in diens geneem het vir hierdie dag nie, hy het net ingestap. Na 'n rukkie het hulle hom hier weg...baie teesinnig en onwillig...hulle doen dit met deernis. Praat toe met hom Sotho en dink ek kan dit nie verstaan nie.
Dit was Vrydag. Saterdagaand val ek weer vir die hoeveelste keer en daar word geskarrel om die bloeding te stop en steke te laat in sit. Ek kom'n dag of wat nie in die garage nie. Dit is bloedig warm en met my seer been bly ek meestal in die huis. Maandag laat spuit ek die Perskeboom teen vrugtevlieg en ons kry die klank...kan dit rotte wees wat gevrek het...ek het mos gif uitgesit. Ek het sommer geweet geen rot kan so vrot nie!
Gisteraand het ek net besef dit moet vleis wees wat Planneman uit my vrieskas gesteel het en weggesteek het om later te vat. Vanoggend 6h30 gaan soek ek dit, ek kry dit. Sit dit in 'n digte sak, stap die polisiekantoor binne. vertel my storie
met die wete daar sal niks van kom nie. Tog wil ek dit vir hulle se.
Twee konstabels hang aan die toonbank, le so half bo oor dit, seker omdat die meubels al redelik oud is moet dit houvas word. Agter die toonbank staan 'n vrou wat my help...sy staan regop want sy is so groot gemaak. Ek stap na 'n paar minute daar uit met die pakkie vrot vleis ( vier pakke skaaptjops) sit dit terug in my motor se bagasiebak en ry na die taxi staanplek, daar skryf ek op 'n kaartjie in hoofletters sy naam en onderstreep dit 'n paar keer.
Vanderkloof het baie klippe...was nie moeilik om een te kry nie. Ek het dit bo-op die pakkie neergesit, 'n rooi plastieksak. Iemand gaan dit kry en soos hulle gewoonte is om alles oor te vertel sal Andries die boodskap kry.
Die slot van die Planneman.
Dinsdag 22 Januarie 2013
BONSAI- GROOTTE
"n
Bonsai laat my altyd dink hieraan en nou wil ek dit met julle deel.
Wanneer jy gemanipuleer word deur iemand anders, moet jy uitkom na die
son, jou kop oplig en die glans van die LIG ontdek. sprei jou arms wyd
oop en vra dat Jesus Christus jou sal oplig uit jou siruasie sodat jy
jou ware wasdom aan die wereld kan wys.
Solank jy in die siruasie
bly kan jy nie werklik tot jou volle potensiaal groei nie, jy kan God
nie dien soos Hy wil he jy moet Hom dien nie, want sien net soos die
Bonsai word jou wortels geknip, jou takke ingeperk en soos jy ouer word
groei jy skeef en krom. Nie net van buite maar die meeste van binne.
Die Bonsai op die foto blom baie mooi en ek is mal daaroor maar dit laat my altyd hieraan dink,
Hoe groot sou hy geword het en hoeveel mense sou in sy koelte kon skuil.
Lekker dag.
Solank jy in die siruasie bly kan jy nie werklik tot jou volle potensiaal groei nie, jy kan God nie dien soos Hy wil he jy moet Hom dien nie, want sien net soos die Bonsai word jou wortels geknip, jou takke ingeperk en soos jy ouer word groei jy skeef en krom. Nie net van buite maar die meeste van binne.
Die Bonsai op die foto blom baie mooi en ek is mal daaroor maar dit laat my altyd hieraan dink,
Hoe groot sou hy geword het en hoeveel mense sou in sy koelte kon skuil.
Lekker dag.
Vrydag 12 Oktober 2012
Plannemaker
Dankie
Here vir die nuwe dag, dankie vir die sonskyn, die plante, dankie vir
vriende en familie en dankie Heer dat u altyd by ons is, maak nie saak
wat nie! Amen
Die dag het soos enige dag begin, vroeg was hul
alweer hier om iets te vra... "net koffie om tog die hart warm te maak."
Ek het nie 'n koffieshop nie!
Gister het ek daaraan gedink,
wat wil die Here he ek moet doen? Ek wil nie ongeskik wees met hulle
nie, ek wil nie raas en soos 'n visverkoper op die hawe op hul skree
nie! Wat vra ek jou ...wil God he ek moet vir die mense se wat aanhou en
aanhou bedel! Ek se dit vir Cecile en haar antwoord was onomwonde: "
Die Here ken mos noual hierdie mense." ons lag en daar bly dit.
'n Ruk later hier kom my getroue eerbare Planneman aangestap, gesels
lekker met my en wil toe ook net weer leen. Ek vertel hom toe van die
Here en dat as ons kinders van Hom is staan Hy reg langs ons! Sy oe rek
so 'n bietjie maar ek gaan aan ek steek daar vir hom 'n preek af wat ek
self oor verbaas is. Nou het ek besluit dit is wat ek gaan doen vir
elkeen van hulle so preek en op die manier sommer my werk as christen
doen. Ek sluit my preek teenoor die Planneman af met ek sal vir jou bid
dat jy 'n vaste werk kry, Hy het my stom aangekyk, ek kon die skrik in
sy oe sien. Net daar moes ek hoor hy is eintlik 'n man van vele ambagte
en hy het eintlik sy eie besigheid. ( Seker maar net die stakings en
ekonomie wat hom dan so druk.)
My mond val nou behoorlik oop van verbasing oor die versie in Spreuke 31:6
GEE DRANK AAN DIE WAT BESIG IS OM ONDER TE GAAN, LAAT DIE WAT SWAAR LY,
DRINK; AS MENS DRINK, VERGEET HY VAN SY ARMOEDE EN DINK HY NIE MEER AAN
SY MOEILIKHEID NIE.
Like · · · 12 minutes ago
Die dag het soos enige dag begin, vroeg was hul alweer hier om iets te vra... "net koffie om tog die hart warm te maak." Ek het nie 'n koffieshop nie!
Gister het ek daaraan gedink, wat wil die Here he ek moet doen? Ek wil nie ongeskik wees met hulle nie, ek wil nie raas en soos 'n visverkoper op die hawe op hul skree nie! Wat vra ek jou ...wil God he ek moet vir die mense se wat aanhou en aanhou bedel! Ek se dit vir Cecile en haar antwoord was onomwonde: " Die Here ken mos noual hierdie mense." ons lag en daar bly dit.
'n Ruk later hier kom my getroue eerbare Planneman aangestap, gesels lekker met my en wil toe ook net weer leen. Ek vertel hom toe van die Here en dat as ons kinders van Hom is staan Hy reg langs ons! Sy oe rek so 'n bietjie maar ek gaan aan ek steek daar vir hom 'n preek af wat ek self oor verbaas is. Nou het ek besluit dit is wat ek gaan doen vir elkeen van hulle so preek en op die manier sommer my werk as christen doen. Ek sluit my preek teenoor die Planneman af met ek sal vir jou bid dat jy 'n vaste werk kry, Hy het my stom aangekyk, ek kon die skrik in sy oe sien. Net daar moes ek hoor hy is eintlik 'n man van vele ambagte en hy het eintlik sy eie besigheid. ( Seker maar net die stakings en ekonomie wat hom dan so druk.)
My mond val nou behoorlik oop van verbasing oor die versie in Spreuke 31:6
GEE DRANK AAN DIE WAT BESIG IS OM ONDER TE GAAN, LAAT DIE WAT SWAAR LY, DRINK; AS MENS DRINK, VERGEET HY VAN SY ARMOEDE EN DINK HY NIE MEER AAN SY MOEILIKHEID NIE.
Vrydag 13 Julie 2012
Teken in op:
Plasings (Atom)