Dinsdag 16 April 2013

GODSBELOFTE

Selfs in die ou Testament het die Here belowe dat Hy die mens iets gaan gee, dat Hy iets gaan doen wat ons sal help, wat ons vry sal maak van die wet. Ek het weer vanoggend n ontdekking gehad in die Ou Testament en dit is hoekom ek graag in die Ou Testament lees omdat daar soveel skatte begrawe le om te ontdek.

In Eseg 36 :27 staan daar...EK SAL MY GEES IN JULLE GEE EN EK SAL MAAK DAT JULLE VOLGENS MY VOORSKRIFTE LEEF EN MY BEPALINGS GEHOORSAAM EN NAKOM.

Eers het ek dit maar net gelees en gedink God sal sorg dat ons Sy bepalings nakom, maar vanoggend het ek ontdek dat wanneer God die Heilige Gees in ons harte uitstort kan ons nie anders optree as om Sy bepalings na te kom nie! Wanneer ons die Heilige Gees ontvang het wil ons nie meer sondig nie, wil ons nie meer soos die wereld lewe nie. Dit is hoe God dit reggekry het, Hy het Jesus Christus geoffer en die Heilige Gees in ons laat kom woon, om ons te help. Sonder die Heilige Gees se inwoning is dit vir ons onmoontlik om op die regte pad te bly. En... onthou dit is 'n HEILIGE GEES, Hy is nie aan die wereld gelykvormig nie!

LEES OOK JER 32:40; ROM 5:20; ROM 8:1-4;
EN OOR GOD SE BELOFTES: NUM 14:35
GLO DIT MET JOU HELE HART

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking