Dit reen in die oggend so erg dat ek nie die pad voor my kan sien nie. Versigtig ry ek die laaste honderd kilometer tot op die klein plattelandse dorpie suid van Bloemfontein. Net voor ek oor die laaste bult ry hou die reen skielik op en anderkant die redelik hoe bult is dit kurkdroog. Dit lyk asof dit voor 1933 laas daar gereen het. Ek trek my asem skerp in toe ek skape langs die pad sien saam bondel, daar is niks om te eet nie, waarvan lewe hulle.
In die nuwe dorp waar ek myself nou gaan vestig, soek ek n rukkie na die huis waar ek sal tuisgaan. Julle sien die ding werk so, ek het die advertensie in die naweekkoerant gesien dat die plaaslike kerk n dame soek om kantoorwerk te doen. Omdat ek jare lank al kantoorwerk doen vir n verpakkingsfirma in die Boland en baie moeg is vir die reen in die koue winter het ek besluit hierdie is die werk vir my.
Sonder veel navorsing, tipies soos ek is, neem ek die werk aan, pak my tasse en daar gaan ek. Hier staan ek nou voor die toe deur op die rooi stoep en klop aan die groen geverfde deur al vir die derde keer. Niemand maak oop nie. Ek wag n rukkie en klop weer. Dan stadig en versigtig word die kantgordyn langs die voordeur gelig en n baie ou tannetjie loer uit. Ek groet en waai vir haar, sy maak die voordeur oop en stadig trek sy die deur op n skrefie.
"Hallo, Tannie ek het n kamer hier bespreek want ek het die pos by die kerkkantoor aanvaar." Rustig wag ek.
"O ja, Dominee het my gese, nou kom dan maar in." Ek skuif verby haar die donker voorhuis binne. Die koeligheid herinner my aan my ouma se huis. Dik swaar gordyne en bal- en- klou meubels.
Ek gaan sit op die punt van n stoel en bekyk die ou portrette en kaggel in die een hoek.
"Wag ek gaan wys jou waar is jou kamer, jy is seker moeg."
Ek is dankbaar om weg te kom uit die sitkamer want die mense in die portrette lyk kwaai en wreed.
Ons stap die bree gang af, houtvloere wat kraak en nog portrette in ovaal rame gluur my aan.
Die kamer verras my, n buitedeur wat uitloop in die tuin, eie badkamer en groot dubbelbed maak op vir die res van die huis. Nadat die tannie uit is, gaan sit ek op die bed en voel hoe ek wegsak. Hier gaan ek lekker slaap dink ek.
Die Maandagoggend vroeg is ek op my pos, daar is baie werk want daar was lanklaas iemand om die werk te doen.
Sommer met die intrapslag ontmoet ek van die kerkraadslede en almal lyk stug en nors.n Vrou staan eenkant met n bordjie eetgoed in haar hand. Die dominee se kop blink in die oggendlig en op tipies hoogdrawende wyse skud hy hand en wens my welkom.
Dadelik word ek gewys hoe werk die afrolmasjien en hy vertel my dat ek asseblief nog hierdie week die kerkalmanak moet druk want dit is tyd dat die almanak uitgedeel moet word aan die lidmate.
Ek het mos al baie afrolwerk gedoen. Begin sommer dadelik my goed regkry en sit die voorbeeld van die almanak reg neer.
Omdat dit maar nie n groot gemeente is nie, kry ek darem voor toemaaktyd klaar en sit die hopies netjies neer. Maand by maand... net toe ek omdraai en selfvoldaan na my handewerk kyk vang iets my oog. Waars die lyne!
Ek kyk en ek kyk maar die lyne is weg, alles is klaar gedruk maar die lyne op elke bladsy wat die datums in blokkies
omlyn, is weg, ek snak na my asem! Wat gaan ek nou doen. Die dominee het uitdruklik gese dat ek doodseker moet maak want niks kan oorgedruk word nie, daar is nie geld om te mors nie. Ek oorweeg alles, sal ek nuwe papier gaan koop en dit skelmpies oordruk, sal ek die hele nag deurwerk en die lyne met die hand intrek, of sal ek dit net los en maak of ek dit nie agtergekom het nie.
Daardie nag slaap ek bitter min, vroeg die volgende oggend stap ek kantoor toe en loop die hoof ouderling raak. Op die ingewing van die oomblik besluit ek om dit vir hom te wys, hy lyk darem nie te kwaai nie. Ek nooi hom kantoor toe en wys
hom summier die ramp. Hy het daarna gekyk en gekyk en toe half uit die veld geslaan omgedraai en na my gekyk: " Wat is fout?" vra hy verbaas.
"Daar is nie lyne nie..." se ek ook verbaas dat hy dit nie opmerk nie.
"O gaats, nou wat gaan ons nou doen...?"
Ek gee hom al my opsies en maak asof dit nie so erg is nie.
Hy het die hele spulletjie so gekyk en toe se hy: " Kinta, moenie vir jou verder bekommer nie, ek sal eerskomende Sondag met die gemeente praat."
"Maar...Oom, ek sal nuwe papier gaan koop."
"Nee jy doen niks van die aard nie...los dit vir my." Hy is daar weg met n skelm laggie.
Voor ek nog vir my kan koffie maak, staan daar n vrou voor my. Sy lyk net soos al die ander mense, streng.
Ek groet vriendelik. Sy val met die deur in die huis.
"Ons wil graag vir jou n verwelkomingspartytjie reel maar sal jy asseblief n bordjie sout en n bordjie soet maak. Dit sal nou eerskomende Sondag na kerk gehou word."
Ek kyk haar agterna, eetgoed vir my eie verwelkoming!
Die Sondagoggend trippel ek rond van senuagtigheid. Ek trek glads sykouse aan en my beste rok. My hare doen ek self en grimering word swaarder aangesit want ek bewe so ek kry nie die lyntjies netjies getrek nie.
Voor die diens staan die hoofouderling op en se dat hy iets op die hart het, dit pla hom nou al n geruime tyd en hierdie voel hy is die regte oomblik om daaroor te praat.
Hy maak keelskoon en begin, wat hy daarna se het my amper van my stoel laat val.
"Broers en susters, soos julle almal weet is dit n besonderse droe jaar wat ons het, die kleinvee kry swaar, die water is min en so die geld ook. Net so kry die kerk ook swaar, ons kry nie alles meer gedoen soos altyd nie, die geld is skaars.
Dominee kry maar n karige salaris..."
Met die loer dominee so oor die kant van die preekstoel waar hy in die stoel sit.
"Ons doen ons bes, ons maak somme en somme maar niks klop meer nie. Ons het vroeer die jaar n beroep gedoen dat die gemeente tog meer gereeld hul bydraes moet gee maar dit het skynbaar op dowe ore geval. Nou het ons besluit om dinge wat ons vroeer gegee het aan die gemeente uit te laat om sodoende die begroting te laat klop. Die Kerkalmanakke is reeds gedruk maar soos julle sal sien is die lyne tussen die datums uitgelaat aangesien daar nie genoeg geld is vir nuwe ink nie. Die printersink is baie duur en om al die bladsye te kon druk moes ons maar die lyne uitlaat.Indien ons in die nuwe jaar meer geld sal inkry sal daar weer lyne op die almanakke verskyn."
Hiermee gaan sit hy en ek val byna van my stoel af, ek weet nie waar om my kop in te druk nie, ek meet die afstand na die deur om uit te glip.
Dominee maak keelskoon en kyk na die hoofouderling maar besluit om niks te se nie.
Ons drink tee en eet heerlik van die eetgoed. Ek help om op te ruim en daar steek die eetgoedvrou weer voor my vas en se:
"Ons het volgende Sondag ons kerssangdiens sal jy asseblief weer eetgoed kan bring?"
Ek stap huistoe en tel die dae wat ek noual op hierdie dorpie is en hoeveel bordjies eetgoed ek al moes maak.
Eintlik moet ek vir die hoofoudeling n koek bak en net daar besluit ek om dit te doen, hy verdien n koek om so n briljante storie op te maak.
Die almanakke is uitgegee met geen kommentaar wat terugontvang is nie. Daardie Sondag word daar baie meer kollekte ingegooi as voorheen.
Ek bak die koek en versier dit na die beste van my vermoe. Nadat ek dit gaan aflewer het weet ek dat ek nuwe vriende gemaak het, vriende waarop ek kan staatmaak.
Die volgende oggend met oopsluittyd staan sy weer daar en sowaar alweer n bordjie eetgoed word gevra om dominee te bedank vir sy harde werk die jaar. Ek beluit toe net daar dat ek haar gaan noem"eetgoedvrou" ek ken nie haar naam nie, sy is nooit aan my voorgestel nie, maar die een bordjie eetgoed na die ander moet ek maak! Dalk was ek te oorbluf dat ek nooit haar naam gehoor het nie.
Ek kry die briljante idee om rolle blaardeeg aan te koop by die plaaslike winkel en as die "eetgoedvrou" vra is ek so te se gereed vir haar.
Skrywer: Nauda van Rensburg
Vrydag 20 November 2015
Maandag 03 Augustus 2015
DIE WAARHEID ...
Ek skaam my vir die mensdom en ook vir myself, hier lees ek in Johannes 8 en 9 weer die verhaal van die blinde man wat Jesus Christus gesond gemaak het. n Bietjie klei waarop Hy gespoeg het en n bad in Siloam. Dit is al. Hy het geen voorskrif gekry en pille gedrink nie, hy moes hom net gaan was.
Ons betwyfel God se alvermoe. Ons dink dat al hierdie stories in die Bybel opgemaak is en dan glo ons nou kastig nie.
Die eintlike ding is dat ons iets van onsself dink, ons dink ons weet beter as God. Baie haak vas by Noag en kom nooit by Jesus uit nie.
Daar staan in die Woord dat die Fariseers ook die blindeman en sy familie ondervra het, sou ons dit nie ook maar gedoen het nie?
Ek glo in wat ek in die Woord lees. Die wat dit nie glo nie lees in elk geval nie regtig wat daar staan nie, nee hulle glo die Internet of enigiets anders maar tog net nie die Bybel nie.
As ons nie in sekere gedeeltes wil glo nie,waar trek ons die streep, so ons dink meer van onsself as die Woord van God.
God is n soewereine God so groot ons menslike verstand kan dit nie bedink nie, hoe kan die mens so stiksienig wees om dit nie raak te sien nie. Alles in die skepping was volmaak, die mens het alles kom opfoeter en is nogsteeds besig.
Jesus Christus is deel van God, daar se Hy dit weer in Johannes 8 vers 58. Hy was voor Abraham alreeds daar.
Ek het my kinders die kinderbybel voorgelees maar ek het baie later in my lewe werklik vir Christus geleer ken. As hulle hierdie lees na my dood moet hulle weet ek het ook maar nie geweet nie.
Nou weet ek wie die christus was, ek weet wie God is en hoekom ons Hom maar net moet loof en prys. Selfs dit het ek nie verstaan nie.
Terwyl Jesus wegstap sien Hy die man raak wat van geboorte af blind was. So half terloops, as jy fyn oplet sal jy agterkom Hy het van die man geweet. Gaan lees Joh 9:3.
Christus weet waar ons is, wie ons is en wat ons doen. Hy is in die Hemel en ons op die sonde besmette aarde. Alles moet eers volbring word voordat ons hier uit die gemors sal kan vertrek na Hom toe.
Die Fariseers het gedink Christus is n profeet en dat Hy maar net profeteer. Jesus geweet hulle gaan so optree. Hy weet alles.
Maak jou hart oop vir Jesus en glo maar eerder die regte ding, want ons het geen rede om iets van onsself te dink en nie in Hom te glo nie.

Donderdag 18 Desember 2014
n Vakansie soos min.
n Voorreg om saam te wees.
Vir my is dit nie baie lank gegun om my opgegroeide kinders naby my te he nie, n leemte soos n vakuum het vir my ontstaan. Ek kon nie my ouerword met hul deel nie, ek kon nie oorstap vir tee nie, ek kon nie inval vir n Sondagmidagete nie...net mooi niks want my kinders het die een na die ander op n vliegtuig geklim en hulle self gaan vestig in n land ver van hier.
My hart was stukkend, ek het gevoel ek gaan hierdie ding nooit ooit onder die knie kry nie. Ek was nie eenkeer op die lughawe toe hulle drie weg is nie. Nie omdat ek nie kon nie, omdat ek nie wou nie...ek wou nie aanskou hoe lig my kinders hul voete van die Afrika kontinent af vir altyd en altyd nie.
Ek het nie veel ondersteuning van iemand af gekry nie en moes deur dit alles self worstel. "Ons sal kom kuier, mamma." het in my ore bly weerklink.
"ons kan gereeld skype en alles daar is soveel beter soveel meer ingerig en veilig en georganiseerd, net die beste...
My hart was seer, ek was kwaad vir weke, vir maande, dalk nou nog. Ek het gaan kuier en hulle was so eenkeer hier...totdat my jongste kind my kom haal het en deur die Karoo Kaap-toe gery het met my.
Ek kon die Gannaklip sien, die Kapokbos en Bitterbos ruik, ek kon weer in Beaufort West se strate rondstap en saam met haar oorslaap in n heerlike pragtige gastehuis. By Drie Susters het ons omgedraai om n foto te neem van die drie koppe wat so hoog uittroon en anders lyk as die res agter hulle.
In Beaufort west het ons winkeltjies deur gedraf en die aand geeet by n restaurant wat die heerlikste kos maak. n Wegsteekplekkie in die hart van die Karoo. Ons ontmoet die eienares en ek sien n mens wat die wereld deurreis het, n kunstenaar en mense kenner.
Ons ry deur DeDoorns en soek iets koels om te drink maar heelaas niks gekry nie. Die Paarlvallei sprei voor ons oop en ons bevind ons in n ander wereld.
Die Hexriviervallei met sy laslappieskombers wat op n dag deur n onbekende persoon, n goddelike, oopgesprei is, uitgeskud en oor die vallei neergele is. Wonderlik, asemrowend mooi. Aan weerskante omvou met die majestieuse berge wat waghou deur die eeue, hier het Adriaan Van der Stel kom rondloop en hoe ruig was dit toe nie. My gedagtes dwaal ver terug na tye saam met my ouers toe ons nog oor die Du Toitskloofpas gery het en nie deur die tonnel nie, hoe my pa stilgehou het en ons oor die vallei kon uitkyk. Dit slaan nou nog my asem weg.
Ons het die Kaap ingevaar. Ons in Kaappunt in die Royal Atlantic gaan tuismaak. Mordern en netjies, maar nie so nostalgies soos Beaufort West nie. Hier kon ons gaan stap veilig en rustig ver ente langs die see, ons het gaan roomys eet, Bogatti...uit die boek. Vroeg in die oggende wanneer ek nog vas slaap het my kind gaan draf teen die see, selfs Leeukop uitgedraf een oggend en ek weet van niks. Ons het Tafelberg aangedurf darem met die kabelspoor en die berg bo verken. die fynbos en die rotse wat vir duisende jare daar is.
Na die naweek was dit tyd om te pak ons het op Simondium in n gastehuis gaan bly Fleur en Lust...wat n ondervinding. So mooi, so anders, soveel in n ander klas. Dit was ongelooflik. Soveel herinneringe het na my teruggekom van jare gelede.
Stellenbosch het ons verras, soveel verander deur die jare, die bome lyk groter ouer die geboue staan nog en ek herken die koshuis en botaniese tuin waar ons n heerlike middagete geeet het. Ek stap weer met die paadjie op na die koshuis, Monica, en dit voel asof ek nooit weg was nie. Al is daar verbreek en verbou aan die soliede ou gebou bly daar nog iets nostalgies, fors en fier.
Vir oulaas het ons na die Paarlvallei gaan kyk, foto's geneem , maar niks kan dit vasvang soos net jou eie oe en hart. Dit is iets wat in jou kom nesmaak, geen foto, geen skildery kan die skoonheid weergee.
Ons het die Waterfront platgeloop, winkeltjies met afrika ornamente is oral en vollop...seker die dat ons besluit het om Robbeneiland te besoek.Ek wou nog altyd voel hoe dit voel op n boot op die oopsee en nou het ek, ons kon die beste uitsig op Tafelberg kry. Die "Long walk to freedom" is afgehandel...
Dankie Sussa vir die wonderlike tydjie saam met jou, nou sal ek berus dat Afrika eintlik nie vir julle bedoel was nie...

Donderdag 20 November 2014
OUTA JAN
Hy staan voor my met sy verkreukelde gesig... ek kyk lank na hom en n glimlag sprei oor my gesig. Ek onthou iets van iewers en vra wat hy wil he.
"Nee Mevrou sien ek soek n joppie."
"Ek ken jou mos, of hoe?"
"Ja Mevrou dis ou Gert ek wees al hier gewees."
"Goed, Gert dit is reg wanneer wil jy werk.?"
"Sommer nou, ek start sommer nou."
Ek maak die hekkie oop en hy stap in maar vir my voel dit asof hy uit my onthou stap.
"Die tuin het baie werk, sien jy nog kans?" vra ek toe ek sien hoe oud hy is, maer en verwese.
"Ja, nee Mevrou ek sien kans."
En so het Gert by my kom werk, net een dag n week want volgens wet moet ons hulle noual baie betaal, maar hy werk maar effentjies en neem lank om n akker klaar te maak.
"Hier werk nou eintlik nog n man..." Se ek asof ek in n droom praat.
"Ek sien hom Mevrou, maar moenie worry nie ek sal hom se ek werk nou hier."
"Sal hy tevrede wees? Ek soek nie moeilikheid nie."
"Nee, Mevrou moenie worry nie ek sal hom se."
So het dit begin, ek los hom heeltemal uit en vergeet partykeer skoon van hom, want hy is stil en eenkant, gaan self aan.
Ek het as kind op n karooplaas groot geword, net 26 km Noord van hier en daar het ons van kleinsaf met hulle gespeel, dit was ons beste maatjies. elke dag het hulle oor die bultjie aangekom en die hele dag tot donker by ons gespeel.
Daar is nie n kind wat so lekker kan speel as die Boesmankindertjies (soos ons hulle destyds genoem het) nie. hulle leer ons gou klippies opskiet en vang en hulle doen dit verbystrend goed. Ons het so baie by hulle geleer oor die veld en die plante wat ons kan eet. Hulle het ons geleer uintjies grou en eet, Tulpe vleg, gom soek en eet,. Ons het by hulle geleer boomklim en met blikkies vasgemaak onder ons voete om te galop soos n perd.
In die aande was ons vuil, gesweet en pootuit maar ons weet more speel ons weer...die boesmankinders is tevrede, hulle stry nie en baklei nie met ons nie.
Wanneer ons gaan sit het, op n stoel, kom sit hulle soos diertjies by ons voete op die vloer.
Een dag het een van die seuns vir ons geleer om duiwe te braai oor die vuur en ons het dit geeet. My pa was woedend en ons kon dit nooit weer doen nie. Ons het toe maar begin skaapkop braai in die donkie waarin die water warm gemaak is.
Vry, sonder vrees het ons deur die vlaktes gehardloop, gaan skaats op die kleigrond van die vlei na n goeie reenbui.
Maar toe...kom dit... alles het verander, ons het opgehou met hulle speel, ons lewens het verander, hulle mag nie hier ingaan of daar staan en ook nie hier sit of daar nie. Hulle is verskree en verwilder en ons het opgehou speel.
"Ma, waar gaan Outa Jan hulle heen?" vra ek nadat die geskree stil geword het.
"Hulle gaan weg ek weet nie waarheen nie, hulle trek."
" Ma, waar sal hy slaap vannag?"
Ek het uitgehardloop en gaan kyk hoe laai hulle hul skamele goedjies op die donkiekar en hoe ruk hy die teuls styf dat die donkies moet begin loop. Ek het gehuil want ek was lief vir hulle, vir Outa Jan, die kinders en vir Aia Ragel wat altyd die afval kom skraap het.
Nou na jare stap Gert hier in, ek sien die lag in sy oe, die plooie en die deernis en ek weet vir jou sal ek hou al kom sit jy net hier rond en ek kan vir jou n bord kos uitskep want dit is my versoening, my vrede, my boete doening met die verlede.

Woensdag 22 Oktober 2014
VIR MY PA.
Pa, gister het ek so na jou verlang met oe wat vol trane was het ek op die stoep van n VLV vriendin, gestaan en uitkyk oor n vallei wat ek nooit geweet bestaan het nie...
Ons het in die huis op n plaas in die distrik Petrusville VLV gehad en n asemrowende uitsig het ons begroet...
Ek skryf hierdie sommer so uit die vuis vir Pa en my hartsvriendinne op die groep.
Vir elkeen wat n Pa gehad het en hom moes groet langs n oop graf.
Pa by jou het ek so baie geleer, van die veld, die boerdery, die bossies, van Ganna tot Kapok en al die grassade wat jy my gehelp versamel het vir n skooltaak. Kort en Langbeenboesman wat pienksaadjies maak en teen die skuins stale van die son n kleursimfonie gesprei het oor veld en klip.
Die omgee sal ek nooit vergeet...hoe jy my ver moes aanry skooltoe al was die geld in die bank lankal op.
Vir die dag toe ons jou skape op die trein gelaai het en toe die rekening kom moes Pa inbetaal...eintlik het Pa niks gekry vir die skaap wat met soveel sorg gelaai en versorg is nie.
Ek sal nooit vergeet hoe swaar Pa saam met die diere gekry het nie, die Dikkop, Bloutong en al die peste wat in Levitikus genoem word nie. Hoe ons die lammerooie eie handig laat slaap het in die afdak, met jou eie hande gebou, die garage waar die voertuie moes staan. ek onthou hoe die lammertjies op die sementvloer gegly het. hoeveel gevrek het van die skielike koue na die reen.
Pa ek sal nooit vergeet hoe Pa my probeer beskerm het teen die gevare van die lewe nie, al het dit gelyk of ek nie omgee nie...EK HET OMGEGEE.
Gister se kyk oor die vallei van die eers dorre landskap, waar groen lande nou omgeploeg staan, vol wuifende koring. Dit was eers bossieveld, goeie weiding vir die skaap. Ek wens so ek kon dit vir Pa wys.
Ek sal nooit vergeet na die goeie reens hoe die sprinkaan swerms alles kom opvreet het nie.
Daarom se ek vandag dankie vir n Pa soos myne wat ons laat lag het, laat huil het wat selfs op vyftig op die grens gaan veg het vir n land wat aan sy kinders sou behoort.
Dankie Pa.

Dinsdag 21 Oktober 2014
HY KOM
" Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie." -Jes 44:6
"Here ons Almagtige, Skepper van die Heelal,
dit is hoekom ons bly glo,
bly vashou aan U soos drenkelinge
met net daardie spatsel hoop
in ons dat U wel nog daar is,
dat U nog sal kom om ons te bevry
van n hoop wat ander lankal gelaat los het,
ons bly kleef aan die hoop om U te sien kom op die wolke
U ons sal kom haal om vir ewig in die Lig van U bomenslike krag te lewe.
Dankie dat die Hoop ons nie sal beskaam
dat ons weet U kom haal U skat."
(geskryf uit my hart.)

Woensdag 08 Oktober 2014
BEGIN BY DIE BEGIN
Partykeer wens mens dat jy dalk n bietjie dommer was sodat jy nie alles kon verstaan nie.
Die pad Luckhoff toe ry ek versigtig want dan kyk ek na dinge uit my kinderdae. Die aalwyne teen die berg, die ape langs die pad. Ek is tog so bang om een dood te ry alhoewel ek weet dat dit vir die boere dalk lekker mag wees om hulle dood te ry omdat die stropers van goeie kos in hulle skuil.
Daardie iets wat in elkeen skuil is reeds daar om deur iemand anders wat slim genoeg is, op te spoor en lief te kry. Sommige van ons as mense het dit ook ...die stropery, die vernielsug, die vermorsing... Ek moes leer om my op te hou daaroor bekommer want dit, net daardie vuurhoutjiegrootte opvoedingvlak wat nie bereik is of nie wil bereik word nie sal veroorsaak dat ek ook myne verloor...
Dit laat my nou weer wonder is dit nie wat mense soms tot waansin dryf nie? Dat hulle moor en roof juis omdat daar iets is wat hulle nie kan verklaar nie...tog het ons binne onsself die vermoee om daaroor te dink en met onsself te redeneer totdat jyself of iemand hoer as jyself jou die oplossing wys. ek het altyd gese wanneer ek sukkel om iets te verstaan gaan terug na die begin, om terug te gaan van waar jy begin het voordat jy by die knoop in die tou uitgekom het help jou dikwels om die oplossing te vind wat die hele probleem ontknoop.
Dit is hoekom ek nou by die ape begin het, sommige ouens sal nou klaar weet waarop stuur ek af maar dalk net dalk is die einde anders as wat jy gedink het...
Die Aapma hou die kleintjie teen haar bors vas wanneer sy oor die pad skarrel om tussen die bosse in te verdwyn, net voor sy die Soetdoringbome ingaan, gaan sy sit en kyk na my, vir n sekonde ontmoet ons oe en ek dink net wanneer jyself n baba teen jou bors vasgedruk het en geweet het dit is jou eie, sal jy verstaan wat in daardie sekonde deur ons oe uitgeruil is... die wete dat daar n punt in die boltou is waar jy moet begin soek.
Ek sien vir n vlietende sekonde die kleintjie so groot soos n man se hand wat aan haar bors hang sy beskerm hom met haar een hand. Waarna die ape soek nadat die karre verby is, is omdat mense hulle oorskiet daar uitgooi, vir die ape maar ook om hulle te lok. Ek gril as ek dink hoeveel al hul lewens opgeoffer het vir die krummels van die rykman se tafel.
Die mens het sy hand in die natuur se sak gesteek. Dit wat die aapgetalle laag gehou het, is uitgeroei of dalk is dit omdat hierdie droe aarde nou geploeg en geplant word so kol-kol en daarom kom hulle hier bly en word hul meer.
n Ent verder loop ek hom raak, nee nie sommer hier tussen die Soetdorings nie eers daar waar die berg begin en die pad n draai maak Vanderkloof toe. Hy sit houtgerus en wag. Die wagter van die veld, dalk die wagter oor die lewe self, hy bekyk alles haarfyn en hou elke ding dop, ken elke klip dalk elke gogga ook. Hy het wel nie n naam nie het ook nie n ID dokument of paspoort nie, maar hy het die oe, die skakel in sy brein tussen die begin en die einde.
Ek het hom ook net in die verbygaan gesien, vinnig en geweet hier doen jy niks vreemds nie hy sal dan hoer op padgee. Sy sterk vierkantige kakebeen wys jou sommer hy is n moeilike man, hy is die "sentinel" die verspieder, die ou wat die alarm die berge instuur. hy is die skakel tussen die begin en die nou. Hy sien moeilikheid kom nog voor dit oor die laaste bult is want dan is dit te laat... sodra ek sou stilhou; het hy twee dinge gedoen of geskree-blaf om die res van die trop te waarsku om hoer op in die berg te vlug, wat ek dink sy eerste keuse wel sou wees, of hy het dalk as hy mak genoeg was, kom kyk of ek nie iets uitgooi vir hom om te eet nie.
Omdat ek so graag dinge wil behou soos dit was of is, sal ek dit nie doen nie want net daar le die punt tussen toe en nou, tussen die begin en die einde...gaan terug na die begin voordat jy die knoop sal loskry.

Teken in op:
Plasings (Atom)