Goeie more Vriende! Hier by ons is dit n wonderlike hemelse blou en
sonskyndag! Die wind waai so n bietjie maar ons kla niks daaroor
nie...dit is lekker koel.
Ek het gisteraand tydens my stiltetyd op
iets afgekom in die Woord wat ek graag met julle wil deel. Maar eers wil
ek julle hierdie onthou-storie vertel.
Weer my kinders!
Kyk as n kindjie wil leer fietsry trek my bors skoon toe! My seun,
waarvan ek gister ook gepraat het, wou met alle geweld leer fietsry want
dit is mos wat seuns doen!
Omdat
ons nie geld gehad het om n fietsie met klein ekstra wiele te koop nie
moes hy op die harde manier leer. (soos ons nog geleer het)
Ons
het op die stadium by Oupa en Ouma gekuier op hul Karooplaas. Lekker
groot en wyd, sommer baie plek vir n man wat wil leer fietsry.
Kleulingkinders is ingespan om hom te help want die fiets was effens te groot.
Hulle het gestoot, gehouvas en saamgehardloop, die hele dag!
Teen die middag hoor ons n erge geskree en storm uit!
Soos dit op plase gaan is daar n kaktusbos en my kind het binne in die bos beland met fiets en al! Hy was vol dorings!
My ma, n regte boere tannie, se toe dat die maats elke doring gaan sit
en uittrek want hulle moes hom oppas! So het dit baie minute geneem om
die dorings uit te kry.
Weet julle sulke kaktusse het darem die
mooiste blomme ek dink dit is die droee werelddele se origidee.. en dit
kom net uit voor dit wil reen, die beste voorspelling vir reen!
JESUS HET AAN DIE KRUIS GESTERF VIR JOU EN MY, HY WAS VASGESPYKER AAN
DIE RUWWE HOUT, DAAR WAS N DORINKROON OP SY HOOF, DRUPPELS BLOED HET OOR
HOM AFGESYPEL.
HY HET GESTERF MAAR ONS HET DIE MOOISTE MOOISTE BLOM GEKRY OMDAT HY VIR ONS GEOFFER IS... DIE HEILIGE GEES.
DIE HEILIGE GEES IS BEELDSKOON , N WARE "GENTLEMAN" EN WOON BINNE ONS.
HY WERK OP N SUBTIELE MANIER SONDER OM OPDRINGERIG TE WEES OORTUIG HY
ONS VAN SONDE, HY LEI ONS, HELP ONS, DRA ONS EN HOU ONS VEILIG VIR JESUS
ONS HEER.
Woensdag 18 Desember 2013
Donderdag 12 Desember 2013
N GLINSTERING
Kan
enigeen dit glo, dit is heerlik koel hier vanoggend! Ek se dankie Vader
vir die heerlike koel luggie en dat dit lekker gereen het!
Wanneer ek uitkyk by die venster hier voor my, af in die straat...ek se
af want hier loop alles skuinsaf na die dam toe sien ek hierdie wonder
mooie gesig : Die dam se water glinster soos diamante wat gestrooi is,
baie mooi! Aan die anderkant van die dam, die koppe wat oeroud troon bo
alles...dit omring die dam en dorp en koester ons, sodat
dit voel asof ons apart woon,,,hier is ook net een pad uit en in die
dorp in, so dit voel regtig soos ons eie dorpie. Trots en rustig is dit
ons eie.
Die lug is oorweldigend blou en skoon, so as mens na
aan die natuur wil lewe kan jy dit hier doen onder God se blou
hemelkoepel en die Karoo wat anderkant die oeroue koppe begin en strek
tot ver verby omdraai verby...
Onthou mens leer God net
werklik ken in die natuur... hier op my sypaadjie het die fynste
veldblommetjies opgekom...ek weet ek moet skonnmaak maar hulle is vir my
so spesiaal dat ek huiwer om dit te doen. So n stukkie plaas.
Ek mis die stap in die groot bloekombos op die plaas in Mpumalanga waar
ek eers gebly het. Die ou stompe wat verhale in my wakker gemaak het,
ek mis die veldlelies wat uitkruip na die baie reen...ek mis die stompe
se verbrokkeling wat my herinner het aan die mens se oudword en
verwering as die jare aanstap.
Ek het met oorgawe stompe tuin
toe gesleep, die hout wat opbrokkel in my potplante gebruik en ag ek mis
die sampioene wat plate gegroei het teen omgevalle boomstompe, sonder
kennisgewing dat hul giftig is, die natuur se geheim...
Ek was altyd seker ek sien piep klein mensies baai in die son....
Die verbrokkeling van die hout is ook simbolies aan die verbrokkeling van n samelewing. Eers groei die samelewing en die ekonomie bloei uit sy nate uit, dan sterf die boom, die samelewing begin verrot, verbrokkel en verweer, dieselfde gebeur met ons... ons blom en bloei en groei en op n dag gebeur daar iets, kewers begin aan jou bas vreet...op die ou end staan jy kaal gestroop van jou waardigheid teen die naghemel.
Net God kan jou hiervan red, wees moedig, wees sterk en kniel voor die alwyse God, voor die verroting onbeheers versprei.
Teken in op:
Plasings (Atom)