Sondag 06 Mei 2012

SLIPWAYS EN HIGHWAYS


Die Here het 'n man gemaak om wonderlike dinge te kan doen. Hulle kan brue bou, paaie maak, slipways en highways, hulle bou parke, kanale, verskuif soveel grond in soveel uur dat ek nie kan dink hoe kry hul dit reg nie. As die Here nooit 'n man so gemaak het nie, het ons nie monumente, paaie, spoorlyne en majestieuse geboue gehad nie! Ek bewonder mans en weet hulle is my een voor.

Ek is egter seker dat die Here geweet het toe Hy my geskape het, ek sal nie naby kom nie. Ek kan skaars 'n skoef indraai(gewoonlik skeef) ek kan nie prente ophang teen mure nie (daarom staan hul in kaste weggesteek). Ek kan nie slotte oopsluit as hul net effens weier nie, ek kan feitlik niks wat meganies is behartig nie! So hoe ek alleen sal regkom weet ek nie!

Wat ek wel kan doen is om goed weg te bere, so het ek noual goed gebere om my gedaan daarna te soek op ou end! Ek het gister hier ingevaar en goed uitgesorteer en in kartonne gepak om dit weg te maak, te verkoop of weg te gee. Dit kan ek darem doen:) het ek gedink!

Ewe vrolik wys ek vir my man en die kind wat hier bly my mooi boek wat my dogter gemaak het,  vol foto's van die familie.  Ewe opgewonde kuier ons, ek storm die gang af om by rekenaar uit te kom om nog foto's te soek. Soos 'n geweerskoot val ek oor een van die kartonne! Baie, baie hard. My bene op 3 plekke oop, ek bloei asof ek daarmee wil se:"Sien julle nou!" My gesig is blou, ek het klomp steke gekry!

Met die aankom by my huisdokter se hy grappende wys::" Vir wat het jy nie in Australie gebly nie...!" dit was naure en hy was moeg. Op sy eie dierbare manier werk hy die gate toe!

Nou vra ek myself waarvoor is ek goed!?  Hierdie vraag was vroeer vir my 'n meulsteen om my nek maar ek het daarmee vrede gemaak, ek het drie pragtige kinders met mooi maniere groot gekry(was ook 'n gesukkel;) en ek kan voor 'n rekenaar sit en met julle gesels. So het die Liewe Vader geweet om vir my te laat aanhou lewe totdat ek die voorreg het om 'n rekenaar te kry.

Ons vrouens is gemaak om mense te voed, te klee en te versorg. Ons kan klein dingetjies maklik doen(behalwe 'n fles oopskroef)
 So ek wou net se:"My bene is albei toegedraai in verbande maar my hart juig oor my God!"

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking