Sondag 06 Mei 2012

NUWE KLERE

HIERDIE WOORD HET EK GISTERAAND GEKRY: Dit was 'n sms wat uit die bloute aan my gestuur is en ek het dit dadelik gaan opsoek en gelees.

Judas 1: 20 -25 " Julle geliefdes (en dit is vir ons bedoel), moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. :21 Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee."

In Judas 1:22 lees ek van die vuil besmette klere en hoe God dit verafsku...ek blaai toe na Sag 3 en lees hierdie ongelooflike boodskap! Ek kry in die AMP. BIBLE die verw van SAG 3.

In Sag 3:3 staan daar!: "Trek uit die liederlike vuil klere van hom!" Dan staan daar(Reguit sonder verdoesel) "Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek."

My hart juig tot God toe ek hierdie woorde lees! Is dit nie net ongelooflik nie, onthou om jouself in die Woord in te lees...met ander woorde bring dit op jou eie lewe van toepassing...

Met die laaste oordeel gaan God in die regterstoel sit en Hy gaan besluit wie nogsteeds gered gaan word en wie nie. Hyself sal opdrag gee dat ons vuil besmette klere verruil word vir skoon nuwe klere. En...ek kan jou verseker as ons bereid is om ons sonde te belei en glo in die Almagtige God sal Hy vir ons nuwe klere gee!

Open.6:11 Aan elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee, en daar is vir hulle gese om nog 'n rukkie te wag..."

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking