Vrydag 25 Mei 2012
Sondag 06 Mei 2012
SLIPWAYS EN HIGHWAYS
Die Here het 'n man gemaak om wonderlike dinge te kan doen. Hulle kan
brue bou, paaie maak, slipways en highways, hulle bou parke, kanale,
verskuif soveel grond in soveel uur dat ek nie kan dink hoe kry hul dit
reg nie. As die Here nooit 'n man so gemaak het nie, het ons nie
monumente, paaie, spoorlyne en majestieuse geboue gehad nie! Ek bewonder
mans en weet hulle is my een voor.
Ek is egter seker dat die Here geweet het toe Hy my geskape het, ek sal
nie naby kom nie. Ek kan skaars 'n skoef indraai(gewoonlik skeef) ek
kan nie prente ophang teen mure nie (daarom staan hul in kaste
weggesteek). Ek kan nie slotte oopsluit as hul net effens weier nie, ek
kan feitlik niks wat meganies is behartig nie! So hoe ek alleen sal
regkom weet ek nie!
Wat ek wel kan doen is om goed weg te
bere, so het ek noual goed gebere om my gedaan daarna te soek op ou
end! Ek het gister hier ingevaar en goed uitgesorteer en in kartonne
gepak om dit weg te maak, te verkoop of weg te gee. Dit kan ek darem
doen:) het ek gedink!
Ewe vrolik wys ek vir my man en die kind
wat hier bly my mooi boek wat my dogter gemaak het, vol foto's van die
familie. Ewe opgewonde kuier ons, ek storm die gang af om by rekenaar
uit te kom om nog foto's te soek. Soos 'n geweerskoot val ek oor een van
die kartonne! Baie, baie hard. My bene op 3 plekke oop, ek bloei asof
ek daarmee wil se:"Sien julle nou!" My gesig is blou, ek het klomp steke
gekry!
Met die aankom by my huisdokter se hy grappende wys::" Vir wat het jy
nie in Australie gebly nie...!" dit was naure en hy was moeg. Op sy eie
dierbare manier werk hy die gate toe!
Nou vra ek myself
waarvoor is ek goed!? Hierdie vraag was vroeer vir my 'n meulsteen om my
nek maar ek het daarmee vrede gemaak, ek het drie pragtige kinders met
mooi maniere groot gekry(was ook 'n gesukkel;) en ek kan voor 'n
rekenaar sit en met julle gesels. So het die Liewe Vader geweet om vir
my te laat aanhou lewe totdat ek die voorreg het om 'n rekenaar te kry.
Ons vrouens is gemaak om mense te voed, te klee en te versorg. Ons kan
klein dingetjies maklik doen(behalwe 'n fles oopskroef)
So ek wou net se:"My bene is albei toegedraai in verbande maar my hart juig oor my God!"
NUWE KLERE
HIERDIE
WOORD HET EK GISTERAAND GEKRY: Dit was 'n sms wat uit die bloute aan my
gestuur is en ek het dit dadelik gaan opsoek en gelees.
Judas
1: 20 -25 " Julle geliefdes (en dit is vir ons bedoel), moet egter
voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd
deur die krag van die Heilige Gees. :21 Bly in die liefde van God.
Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus
Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee."
In Judas 1:22
lees ek van die vuil besmette klere en hoe God dit verafsku...ek blaai
toe na Sag 3 en lees hierdie ongelooflike boodskap! Ek kry in die AMP.
BIBLE die verw van SAG 3.
In Sag 3:3 staan daar!: "Trek uit
die liederlike vuil klere van hom!" Dan staan daar(Reguit sonder
verdoesel) "Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon
klere aantrek."
My hart juig tot God toe ek hierdie woorde
lees! Is dit nie net ongelooflik nie, onthou om jouself in die Woord in
te lees...met ander woorde bring dit op jou eie lewe van toepassing...
Met die laaste oordeel gaan God in die regterstoel sit en Hy gaan
besluit wie nogsteeds gered gaan word en wie nie. Hyself sal opdrag gee
dat ons vuil besmette klere verruil word vir skoon nuwe klere. En...ek
kan jou verseker as ons bereid is om ons sonde te belei en glo in die
Almagtige God sal Hy vir ons nuwe klere gee!
Open.6:11 Aan elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee, en daar is vir hulle gese om nog 'n rukkie te wag..."
Teken in op:
Plasings (Atom)