Saterdag 28 November 2015

UIT DIE KERKKANTOOR 2

"Kind, jy maak n fout!"
"Hoekom Oom, ek is een wat n ding wil uitpraat, ek los niks sommer net soos n wolkie in die lug nie."
"ai tog Kind, los dit nou, hierdie kan n lelike storie afgee..."
"Oom hou asb op om vir my kind te se, ek is kwaad en niks gaan my stop nie! Vanaand is dit kerkraadsvergadering en ek is daar. Ek wil die ding uitpraat."
"Ek se weer, jy maak n fout..."
Daardie aand sit ek eerste by die tafel waar die kerkraadsvergadering gehou word. Ek wag tot almal sit en die dominee geopen het met gebed. Dan se dominee, hy sien ek is ook hier en kan ek asseblief verduidelik waarom ek die vergadering bywoon.
Ek staan op en kyk die mans om die tafel die een na die ander deur en dan kyk ek dominee reguit in die oe.
"Dominee ek is hier omdat daar iets is wat ek wil uitpraat. Iets wat my diep grief."
"Gaan voort suster, sodat ons kan aangaan met ons vergadering."
Ek begin en soos ek aangaan met my storie word ek al hoe meer warm onder die kraag.
"Dominee ek het hier kom bly omdat ek uit ie stad wou kom en omdat ek gedink het dit sal vir my lekker wees om hier op die plattelandse dorp te werk. Ek weet nou egter nie meer nie want wat my onderkry is die geskinder van die mense op die dorp."
"Soos almal weet gaan dit maar so op hierdie klein dorpies. Mens moet maar nie die mense n rede gee om te skinder nie." Skerm dominee vir sy lidmate.
"Ek het niemand rede gegee om sulke stories oor my te versprei nie."
"Lig ons bietjie meer in asseblief."
"Net omdat ek met die tuinman gesels word daar nou stories versprei dat ek n verhouding met hom het."
"Hoekom gesels jy dan met hom?"
'Ek gesels met hom omdat hy vriendelik is en hy vertel my baie oulike stories. ons is maar net vriende."
Dit laat party kerkraadslede erg rondskuif en keel skoonmaak.
"Soos wat se stories..."
"Soos oor die watermuis en nog baie ander stories."
"Die watermuis?"
"Ja, dominee."
"Vertel ons ook van die sogenaamde watermuis."
"Nee, ek gaan nie. Julle kan self by hom daaroor gaan uitvind. Hy praat goed genoeg Afrikaans sodat julle hom kan verstaan."
"Wat is jou doel hiermee, dat ons self by hom moet gaan uitvind?" vra een van die mans ongeduldig.
"Want dit het tyd geword dat ons in hierdie land met mekaar begin praat en mekaar se stories deel." Ek staan op en met groot geraas stoot ek my stoel agteruit en stap uit.
Ek hoor die stilte wat oor hul neerdaal en dan begin dit gons.
Die volgende oggend vroeg is een van die ouderlinge by my. hy lyk baie vriendelik en gaan sit ook sommer op die stoel oorkant die lessenaar.
"Ek wil graag die storie van die watermuis hoor." Se hy kort en kragtig.
"Ek het mos gese gaan vra hom self."
"Jy is baie parmantig vir iemand wat verlee is oor n werk."
"Ek is moeg vir die geskinder. Wat sou jy gedoen het as die storie so geklink het... weet julle Piet Kramer het n verhouding met sy huisbediende...?
Hy vat sy hoed en sit hom op sy kop met die uitstap by die deur.
Daardie middag toe ek terugstap huis toe, sien ek hulle weer oor die draad staan en praat.
Ek groet hulle vriendelik terwyl ek vir Pikhele waai waar hy in die kerktuin werk. ek hoor hoe hulle stilbly tot ek verby is en toe praat hulle weer.
Die speletjie begin vir my lekker word, dink ek.
By die huis skud ek die stof van my skoene af en met die instap in die koeligheid van die huis roep die tannie my.
Ons sit aan weerskante van die kombuistafel en drink tee uit haar blommetjie koppies. Sy lag so toe ek haar vertel van die hele petalje, dat sy amper verstik.
"Vertel my dan die storie van die watermuis."
Ek vertel haar en ons le soos ons lag. Ek weet dat sy vir Pikhele ook gaan vra want hy werk Woensdae in haar tuin ook.
"Ja, hierdie dorp se mense het nog baie om te leer..."



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking