Dinsdag 06 Augustus 2013

BOTTERBLOMVREUGDE

TOE AL DIE LEDE VAN DIE RAAD STIP NA STEFANUS, KYK SIEN HULLE DAT SY GESIG SOOS DIE VAN N ENGEL LYK. Hand. 6

Ek was gister op Luckhoff verby alles gestap wat ek so goed as kind en ook grootmens geken het. Ek was so baie jare weg, maar my voete vind gou weer die padjies. Ek het bo-op die bultjie gaan staan en na die kerk afgekyk waar ek gedoop is, getroud is en my twee oudste kinders is ook daar gedoop. Nostalgie het gedreig om my te oorweldig, ek het vir God gese:" Here ek is weer hier." So asof ek hier hoort het dit sommer vanself oor my lippe gekom. Ek het verder gestap verby die huisie waar ek tuisgegaan het vir my eerste twee skool jare. Dit lyk maar nog net so, so n paar keer seker bietjie geverf en opgeknap.
Heerlik by n vriendin gaan kuier wat ek hier op Vanderkloof geleer ken het. Sy het die huisie gekoop waar PIETER FOURIE die dramaturg en skrywer groot geword het. Ons het gekuier asof ons mekaar jare laas gesien het. Later het ons twee sommer so deur die dorp gestap na die winkeltjies toe...en daar langs die paadjie deur die veld sien ek nog n regte BOTTERBLOM. Hy staan daar tussen droe gras en bosse en steek sy helder sonskyn geel gesiggie op na bo. Hy se dankie vir die Here dat hy n kans gegun is om te blom en sy saadjies in die dorre aarde te laat val.
HET JY AL DAARAAN GEDINK, HOEKOM HET GOD DIE KLEINSTE BLOMMETJIE SO VOLMAAK GESKAPE, SO N HELDER KLEUR GEGEE, JA NATUURLIK IS DIT OM DIE BYE TE LOK MAAR EK DINK OOK OM HOM TE VERHEERLIK!

LAAT JOU GESIG SKYN VAN JESUS LIEFDE SODAT ANDER VERSTOM SAL STAAN EN VAN JOU SAL SE: " Het jy gesien hoe straal haar of sy gesig.!"

Dankie Here dat ek weer hier op my plek kan wees, Hier waar ek my eerste tree gegee het en hier waar ek U die eerste keer leer ken het. Amen

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking