Saterdag 10 Desember 2016

OM TE KOESTER...

n Skat word bewaar...

In my ma se hangkas was n hout kassie waarin sy goedjies gebere het.
Ek was baie nuuskierig en het altyd skelmpies daarna gaan kyk, natuurlik wanneer sy buite die huis besig was.
Daarin was niks regtig van groot waarde nie maar vir my was dit soos skatte.
 


My ouers was maar soos die meeste mense daardie tyd nie baie welaf nie. Hulle moes leer om uit niks, iets te maak.
Deesdae is dit anders, mense dink anders, hulle dink alles moet deur iemand anders aan hulle gegee word. Die lewe of mense skuld hulle dit!
In elk geval die kissie was vir my so kosbaar want daarin was n piepklein bedjie van versiersuiker en n poppie. Die kombersie bo oor die bedjie was ook van versiersuiker maar het soos kant gelyk. Wanneer ek dan vir my ma sou vra: "wie s'n is dit?" Het sy sonder skroom gese: " Attie s,n. Dit was op sy doopkoek." (Attie is my broer, ouer as ek)

Ek kon nie ophou daarna kyk nie. Waar's myne hoekom het ek nie ook so n poppie gehad nie?
Nou wonder ons as christene en dalk die wat nie glo nie.

Waar's my deel dan, waar is die wonder waarvan in die Bybel gepraat word?
Waarom is God so geheimsinnig? Waarom mag ons nie Hom sommer sien en deel in die lekker en die mooi wat ons glo ons deel sal wees eendag.

In Johannes 1:18
" Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, die het Hom bekend gemaak."
Niemand het God ooit gesien nie, maar ons houvas in hoop en verwagting, ons bly glo.
Wanneer jy Christus in jou hart ingelaat het, weet jy dit is waar. Die Heilige Gees openbaar God aan ons.
Daar staan uitdruklik dat Christus, God die Vader se enigste Seun het Hom aan ons bekend gemaak.
Jesus Christus het ons kom wys waarna om na uit te sien, Hy het ons kom wys hoe dit sal wees by Hom. Net n deeltjie van die heerlikheid wat op ons wag en die verskil is elkeen wat Hom aanneem as verlosser gaan deel daarin.

Niks wat spesiaal en kosbaar is le sommer rond nie, as God soos n ou man was waarmee ons kon gaan gesels en ons kon Hom sien sou die skat dan nog so kosbaar wees?

Iets spesiaals word gebere...

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking