Wanneer ek in die spieel kyk dan verwonder ek my aan die ou tannie wat na my toe terug staar. Ek wil vir haar vra hoe gaan dit Tannie?
Ek wil vra, hoe het Tannie so oud geword sonder dat ek dit agter gekom het.
Dan, wanneer ek wegdraai van die spieel en sy kom saam gaan maak ek
maar vir ons tee want God het haar mos geskape en is lief vir haar net
soos sy is,,
Ek skink vir haar tee in my beste koppies, dek die
skinkbord netjies en gaan sit saam met haar in die son. Ek gesels rustig
en stil omdat ek weet sy hou daarvan.
Ek vra nie uit oor haar kinders nie want hulle is ver, en die verlange is te groot.
Ek sien hoe het haar oe agteruit gegaan, hoe moeilik staan sy op en bewe sy as sy die koppie vashou.
Ek wil vra Tannie vertel my van jou lewe, wat het dan vir Tannie so gou
oud gemaak maar ek bly stil en hou vir haar die karringmelkbeskuitjies
waarvoor sy so lief is.
Tydsaam roer sy haar tee, kyk na my en se: "Moenie vir jou so bekommer nie alles sal regkom..."
"Maar Tannie ...hoekom het dit so gou gebeur?"
"Wat my kind? Wat het gebeur?"
"Die ouderdom...die plooie ...pyne...die sukkel...?"
" God het dit so besluit, Hy het my so gemaak, sodat ek alles kan weet voordat dit te laat is..."
Sy staan op, sit haar koppie versigtig terug op die skinkbord neem haar
kierie en stap weg. Ek gaan saam...in die gang kyk ek in die kapstok se
spieel... sy kyk terug na my en glimlag sag.