Sondag 27 April 2014

HIERDIE WEEK IN DIE NUUS



Hierdie week se nuus gaan alles insluk, alles oordonder en alles toesmeer... ons gaan oor en oor hoor hoe goed hierdie een was die afgelope aantal jare en hoe sleg daardie een was dieselfde aantal jare.
Geen ander nuus gaan belangrik wees nie...
Van Oscar en Reeva gaan ons vergeet...
Steve se nuwe boek en al sy sondes gaan doodstil le en wag...
Dozi en Adam Tas sal moet wag..... iewers...
want hierdie is die belangrikste "event" van die jaar
DAAR IS NIEMAND EN NIKS MEER BELANGRIK AS DIE OU OP DIE VERHOOG WAT SO SKREE NIE.
Die ambulanse ry nog
die taxi's jaag nog voor mekaar in
die hospitale is vol...die tronke se deure slaan nog toe.
MAAR DIE MAN WAT SO SKREE OP DIE VERHOOG GAAN NET AAN
Daar le dooies in stegies, kinders krap in vullisblikke toilette staan verstop
mense dra water aan en loop ure en ure...waar gaan hulle heen?
Net een ding is hierdie week belangrik, net een ding word gedoen, net oor een ding word gepraat.
HY BELOWE AAN DIE ARMES, MEER SPOELTOILETTE, MEER SKOLE MEER HANDBOEKE EN REGVERDIGE EKSAMENS.
"Waar loop jy heen?"
"Ik gaat stem"
"Ag sal dit help...om te stem?'
"Ik wetie maar ek gan maar vir daai ou stem want hy praat darm sense"
"wat belowe hy?"
"Hy se as ons vir hom stem sal dit baie beter gaan met ons paaie, ons brue ons hospitale en kinders..."
"Wat se hy, kry ons wasmasjiene..."
"Wragtie ek wetie maar dit gan so goed gaan ek koop sommer self een."
"Hey Sussie vir wie gaat jy stem?'
"Ek weet noggie, ek dink ek stem maar vir die HERE, want HY belowe en dan hou Hy daarby."
So stap hul stembus toe...
VIR WIE GAAN JY STEM HIERDIE WEEK?
Ek gaan beslis ook vir die Here stem want in OPEN 7:9 staan daar dat ons op die ou end almal tog maar vir HOM gaan stem...


Saterdag 05 April 2014

WIE IS HY REGTIG?

Hy staan daar met die kind in sy arms wat agteroor buig en skreeu.
Die mense drom saam, se niks hulle kyk net.
Dan stap n jong meisie nader en se vir die man om agter haar aan te loop, sy ken iemand wat die kind sal gesond maak.
Die seun kry die een aanval na die ander, hy gooi homself op die grond neer en skree en skop.

Mense stap vinnig verby...hy volg die meisie.
Haar rok is lank tot by haar enkels, sy het sandale aan en lyk goed versorg. haar hare hang in n swaar vlegsel wat kap teen haar middel.
Die meisie stap tot by n klomp mense wat saamdrom en wys na n man wat lyk asof h preek.

Sy fluister: " Dis hy meneer."
Hy beur tussen die mense deur tot naby die prediker en uiteindelik kry hy kans om met hom te praat.
Die seun val op die grond neer en skuim staan om sy mond.
Die prediker stap nader...die kind gaan erg te kere...dit lyk asof hy mal is hoor hy die mense fluister. "vat hom weg ons was eerste.!" skree iemand.
Die prediker luister na die man en praat met hom.

Die Pa van die seun staan nederig met sy hande voor hom gevou en se vir die prediker: "Ek glo, help my waar ek nog ongelowig is!"
Dan roep die prediker hard en duidelik: "Ek gebied jou, gaan uit hom uit en moet nooit weer in hom invaar nie!"
Die kind le stil asof hy dood is...die prediker neem die kind se hand en rig hom op.

Eers toe sien die man wie die prediker werklik is. Hy skree en hardloop agter Jesus aan om dankie te se, hy val voor Sy voete neer.
Jesus sit sy hand op die man se skouer en van daardie oomblik af het hy geglo want HY HET GOD SE LIG HERKEN.

(my eie weergawe van Markus 9:17 - 27)
Like · · Share

Nauda van Rensburg
Write a comment...